2 Konings 21:1-26

21  Manasʹse+ was twaalf jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Hefsiʹba.  En hy het gedoen wat sleg was in Jehovah se oë,+ volgens die verfoeilike dinge van die nasies+ wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdryf het.  En hy het weer die hoogtes gebou wat sy vader Hiskiʹa vernietig het,+ en altare vir Baäl opgerig en ’n heilige paal gemaak net soos Agab,+ die koning van Israel, gedoen het; en hy het hom voor die hele leër van die hemel+ begin neerbuig+ en hulle gedien.+  En hy het altare in die huis van Jehovah gebou,+ waarvan Jehovah gesê het: “In Jerusalem sal ek my naam vestig.”+  En hy het altare vir die hele leër van die hemel+ gebou in twee voorhowe van die huis van Jehovah.+  En hy het sy eie seun deur die vuur laat gaan,+ en hy het die toorkuns beoefen+ en voortekens gesoek en geestemediums+ en beroepsvoorspellers+ van gebeure aangestel. Hy het op groot skaal gedoen wat sleg was in Jehovah se oë, om hom aanstoot te gee.  Verder het hy die gesnede beeld+ van die heilige paal wat hy gemaak het, in die huis+ gesit waarvan Jehovah vir Dawid en vir sy seun Salomo gesê het: “In hierdie huis en in Jerusalem, wat ek uit al die stamme van Israel gekies het, sal ek my naam tot onbepaalde tyd vestig.+  En ek sal die voet van Israel nie weer laat wegdwaal uit die land wat ek aan hulle voorvaders gegee het nie,+ mits hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat ek hulle beveel het,+ ja, met betrekking tot die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.”  En hulle het nie geluister nie,+ maar Manasʹse het hulle bly verlei om meer kwaad+ te doen as die nasies+ wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdelg het. 10  En Jehovah het deur middel van sy knegte, die profete,+ bly spreek en gesê: 11  “Omdat Manasʹse,+ die koning van Juda, hierdie verfoeilike+ dinge gedoen het, het hy goddeloser gehandel as alles wat die Amoriete+ gedoen het wat voor hom was, en met sy drekgode het hy selfs Juda laat sondig.+ 12  Daarom het Jehovah, die God van Israel, só gesê: ‘Kyk, ek bring rampspoed oor Jerusalem+ en Juda, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.+ 13  En ek sal beslis oor Jerusalem die meetsnoer span+ wat vir Samariʹa+ gebruik is en ook die waterpas wat vir die huis van Agab+ gebruik is; en ek sal Jerusalem eenvoudig skoon vee+ net soos ’n mens die bak sonder handvatsel skoon vee, wanneer hy dit skoon vee en dit onderstebo keer.+ 14  En ek sal inderdaad die oorblyfsel+ van my erfdeel+ verstoot en hulle in die hand van hulle vyande gee, en hulle sal eenvoudig roofgoed en buit vir al hulle vyande word,+ 15  omdat hulle gedoen het wat sleg was in my oë en my voortdurend aanstoot gegee het van die dag af dat hulle voorvaders uit Egipteland uitgetrek het tot vandag toe.’”+ 16  En ook het Manasʹse vreeslik baie onskuldige bloed vergiet,+ totdat hy Jerusalem van die een end tot die ander daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het deur te doen wat sleg was in die oë van Jehovah.+ 17  Wat die res van die aangeleenthede van Manasʹse betref en alles wat hy gedoen het en sy sonde waarmee hy gesondig het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie? 18  Uiteindelik het Manasʹse met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa,+ begrawe; en sy seun Amon het in sy plek begin regeer. 19  Amon+ was twee-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het twee jaar+ in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Mesulleʹmet, die dogter van Harus, uit Jotba. 20  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë, net soos sy vader Manasʹse gedoen het.+ 21  En hy het bly wandel in al die weë waarin sy vader gewandel het,+ en hy het voortgegaan om die drekgode+ te dien wat sy vader gedien het en om hom voor hulle neer te buig. 22  So het hy Jehovah, die God van sy voorvaders, verlaat,+ en hy het nie in die weg van Jehovah gewandel nie.+ 23  Uiteindelik het knegte van Amon teen hom saamgesweer en die koning in sy eie huis doodgemaak.+ 24  Maar die volk van die land het al die samesweerders+ teen koning Amon doodgemaak. Toe het die volk van die land sy seun Josiʹa+ in sy plek koning gemaak. 25  Wat die res van die aangeleenthede van Amon betref, wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie? 26  En hulle het hom in sy graf in die tuin van Ussa+ begrawe; en sy seun Josiʹa+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote