2 Konings 22:1-20

22  Josiʹa+ was agt jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het een-en-dertig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Jediʹda, die dogter van Adaʹja, uit Boskat.+  En hy het gedoen wat reg was in Jehovah se oë+ en het in al die weë van sy voorvader Dawid gewandel,+ en hy het nie regs of links afgewyk nie.+  En in die agtiende jaar van koning Josiʹa het die koning Safan,+ die seun van Asalʹja, die seun van Mesulʹlam, die sekretaris, na die huis van Jehovah gestuur en gesê:  “Gaan op na die hoëpriester+ Hilkiʹa+ en laat hom die volledige som geld+ insamel wat in die huis van Jehovah+ ingebring word, wat die deurwagters+ by die volk ingesamel het;  en laat hulle dit in die hand sit van dié wat die werk doen,+ die aangesteldes, in die huis van Jehovah, sodat hulle dit kan gee aan dié wat die werk doen, wat in die huis van Jehovah is om die krake van die huis te herstel,+  aan die vakmanne en die bouers en die messelaars, en om balke en gekapte klippe te koop om die huis te herstel.+  Maar daar moet geen rekenskap van die geld geëis word van dié in wie se hand dit gesit word nie,+ want hulle is getrou+ in die werk.”  Later het die hoëpriester Hilkiʹa+ vir Safan,+ die sekretaris,+ gesê: “Ek het die wetboek+ in die huis van Jehovah gevind.” En Hilkiʹa het die boek aan Safan gegee, en hy het dit begin lees.  Toe het Safan, die sekretaris, by die koning gekom en die koning geantwoord en gesê: “U knegte het die geld uitgegooi wat in die huis te vinde was, en hulle bly dit in die hand plaas van dié wat die werk doen, die aangesteldes, in die huis van Jehovah.”+ 10  En Safan, die sekretaris, het die koning meegedeel en gesê: “Die priester Hilkiʹa het my ’n boek+ gegee.” En Safan het dit aan die koning begin voorlees. 11  En toe die koning die woorde van die wetboek hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur.+ 12  Toe het die koning die priester Hilkiʹa en Ahiʹkam,+ die seun van Safan, en Agbor, die seun van Migaʹja, en Safan, die sekretaris, en Asaʹja,+ die koning se kneg, beveel en gesê: 13  “Gaan raadpleeg+ Jehovah vir my en vir die volk en vir die hele Juda oor die woorde van hierdie boek wat gevind is; want groot is Jehovah se woede+ wat teen ons ontvlam het omdat ons voorvaders+ nie na die woorde van hierdie boek geluister het deur te handel volgens alles wat met betrekking tot ons geskryf is nie.”+ 14  Daarop het die priester Hilkiʹa en Ahiʹkam en Agbor en Safan en Asaʹja na die profetes+ Hulda, die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder,+ gegaan—sy het in Jerusalem in die tweede stadsdeel gewoon—en hulle het met haar gepraat.+ 15  En sy het vir hulle gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê:+ ‘Sê vir die man wat julle na my toe gestuur het: 16  “Só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek bring rampspoed+ oor hierdie plek en oor sy inwoners,+ ja, al die woorde+ van die boek wat die koning van Juda gelees het;+ 17  omdat hulle my verlaat het en vir ander gode+ offerrook laat opgaan het om my met al die werk van hulle hande aanstoot te gee,+ en my woede het teen hierdie plek ontvlam en sal nie geblus word nie.’”’+ 18  En wat die koning van Juda betref wat julle stuur om Jehovah te raadpleeg, só moet julle vir hom sê: ‘Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: “Wat die woorde betref wat jy gehoor het,+ 19  omdat jou hart+ week was sodat jy jou weens Jehovah verneder het+ toe jy hoor wat ek teen hierdie plek en sy inwoners gesê het, dat dit ’n voorwerp van verbasing en ’n vervloeking+ sal word, en jy toe jou klere geskeur+ en voor my begin huil het, het ek, ja ek, gehoor”, is die woord van Jehovah.+ 20  “Daarom, kyk, ek versamel+ jou tot jou voorvaders, en jy sal beslis in vrede in jou eie begraafplaas versamel word,+ en jou oë sal nie al die rampspoed aanskou wat ek oor hierdie plek bring nie.”’” En hulle het die antwoord vir die koning gebring.

Voetnote