2 Konings 3:1-27

3  Wat Joram,+ die seun van Agab, betref, hy het in die agtiende jaar van Joʹsafat, die koning van Juda, koning oor Israel geword in Samariʹa, en hy het twaalf jaar regeer.  En hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë+—hoewel nie soos sy vader+ of soos sy moeder nie—maar hy het die heilige pilaar+ van Baäl verwyder wat sy vader gemaak het.+  Hy het egter die sondes aangekleef van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, waarmee hy Israel laat sondig het.+ Hy het nie daarvan afgewyk nie.  Wat Mesa,+ die koning van Moab, betref, hy het ’n skaapboer geword, en hy het die koning van Israel honderdduisend lammers en honderdduisend ongeskeerde ramme betaal.  En net nadat Agab gesterf het,+ het die koning van Moab teen die koning van Israel in opstand begin kom.+  Gevolglik het koning Joram dié dag uit Samariʹa uitgetrek en die hele Israel opgeroep.+  Hy het verder gegaan en toe na Joʹsafat, die koning van Juda, gestuur en gesê: “Die koning van Moab het teen my in opstand gekom. Sal u saam met my na Moab gaan om oorlog te voer?” Hierop het hy gesê: “Ek sal gaan.+ Ek is net soos u; my volk is net soos u volk;+ my perde is net soos u perde.”  En hy het verder gesê: “Met presies watter pad sal ons optrek?” Toe het hy gesê: “Met die pad van die wildernis van Edom.”+  En die koning van Israel en die koning van Juda en die koning van Edom+ het getrek, en hulle het sewe dae lank op hulle pad omgetrek, en daar was geen water vir die kamp en vir die mak diere wat in hulle voetspore gevolg het nie. 10  Eindelik het die koning van Israel gesê: “Hoe jammer dat Jehovah hierdie drie konings geroep het om hulle in die hand van Moab te gee!”+ 11  Daarop het Joʹsafat gesê:+ “Is hier nie ’n profeet van Jehovah nie?+ Laat ons Jehovah dan deur hom raadpleeg.”+ Toe het een van die knegte van die koning van Israel geantwoord en gesê: “Hier is Eliʹsa,+ die seun van Safat, wat water op die hande van Eliʹa uitgegooi het.”+ 12  Toe het Joʹsafat gesê: “Die woord van Jehovah is by hom.” Daarop het die koning van Israel en Joʹsafat en die koning van Edom na hom toe afgegaan. 13  En Eliʹsa het vir die koning van Israel gesê: “Wat het ek met u te doen?+ Gaan na die profete+ van u vader en na die profete van u moeder.” Maar die koning van Israel het vir hom gesê: “Nee, want Jehovah het hierdie drie konings geroep om hulle in die hand van Moab te gee.”+ 14  Hierop het Eliʹsa gesê: “So waar as Jehovah van die leërs lewe+ voor wie ek staan, as dit nie was dat ek vir die aangesig van Joʹsafat, die koning van Juda, agting het nie,+ sou ek nie na u gekyk of u gesien het nie.+ 15  En gaan haal julle nou vir my ’n snaarinstrumentspeler.”+ En net toe die snaarinstrumentspeler speel, het die hand+ van Jehovah op hom gekom. 16  En hy het gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Laat hierdie stroomvallei vol vore gemaak word;+ 17  want só het Jehovah gesê: “Julle sal geen wind sien nie, en julle sal geen stortreën sien nie; tog sal hierdie stroomvallei vol water word,+ en julle sal beslis daaruit drink,+ julle en julle vee en julle mak diere.”’ 18  En dit sal inderdaad iets onbeduidends wees in die oë van Jehovah,+ en hy sal Moab beslis in julle hand gee.+ 19  En julle sal elke versterkte stad+ en elke uitgesoekte stad verslaan, en elke goeie+ boom moet julle afkap,+ en al die waterfonteine moet julle toestop, en elke goeie stuk land moet julle met klippe bederf.” 20  En in die oggend,+ teen die tyd dat die graanoffer gebring word,+ kyk! toe het daar water uit die rigting van Edom gekom, en die land het vol water geword. 21  Wat al die Moabiete betref, hulle het gehoor dat die konings opgetrek het om teen hulle te veg. Gevolglik het hulle manne bymekaargeroep uit almal wat ’n gordel aangord+ en wat ouer was, en hulle het by die grens gaan staan. 22  Toe hulle die oggend vroeg opstaan, het die son op die water geskyn, sodat die Moabiete van die teenoorgestelde kant af die water rooi soos bloed gesien het. 23  En hulle het begin sê: “Dit is bloed! Die konings is ongetwyfeld met die swaard doodgemaak, en hulle het mekaar verslaan. En nou, na die buit,+ o Moab!” 24  Toe hulle in die kamp van Israel kom, het die Israeliete+ onmiddellik opgestaan en die Moabiete begin verslaan sodat hulle voor hulle gevlug het.+ Hulle het derhalwe in Moab gekom en die Moabiete verslaan sover hulle gegaan het. 25  En hulle het die stede afgebreek,+ en op elke goeie stuk land het elkeen sy klip gegooi en dit vol gemaak; en hulle het elke waterfontein toegestop,+ en hulle het elke goeie boom afgekap,+ totdat hulle net die klippe van Kir-Hareʹset+ daarin laat oorbly het; en die slingeraars het dit begin omsingel en dit verslaan. 26  Toe die koning van Moab sien dat die geveg vir hom te sterk is, het hy dadelik sewehonderd man wat die swaard kon trek, saam met hom geneem om na die koning van Edom+ deur te breek; maar hulle kon nie. 27  Uiteindelik het hy sy eersgebore seun geneem wat in sy plek sou regeer en hom as ’n brandoffer op die muur geoffer.+ En daar het groot verontwaardiging teen Israel ontstaan, sodat hulle van hom weggetrek en na hulle land teruggekeer het.

Voetnote