2 Konings 4:1-44

4  En ’n sekere vrou uit die vrouens van die profeteseuns+ het na Eliʹsa geroep en gesê: “U kneg, my man, is dood; en u weet goed dat u kneg Jehovah voortdurend gevrees het,+ en die skuldeiser+ het gekom om my twee kinders vir hom as slawe te neem.”  Hierop het Eliʹsa vir haar gesê: “Wat sal ek vir jou doen?+ Sê vir my; wat het jy in die huis?” En sy het gesê: “U diensmeisie het hoegenaamd niks in die huis nie, behalwe ’n getuite kruik met olie.”+  Toe het hy gesê: “Gaan vra buite vir jou houers, van al jou bure, leë houers. Moenie net ’n paar kry nie.  En jy moet gaan en die deur agter jou en jou seuns toemaak, en jy moet in al hierdie houers giet, en die volles moet jy opsysit.”  Daarop het sy van hom af weggegaan. Toe sy die deur agter haar en haar seuns toemaak, het hulle die houers vir haar gebring, en sy het ingegiet.+  En toe die houers vol was, het sy vir haar seun gesê: “Bring tog vir my nog ’n houer.”+ Maar hy het vir haar gesê: “Daar is nie nog ’n houer nie.” Daarop het die olie opgehou.+  En sy het ingekom en dit vir die man van die ware God vertel, en hy het toe gesê: “Gaan verkoop die olie en betaal jou skuld,+ en jy en jou seuns moet lewe van wat oorbly.”+  En op ’n dag het Eliʹsa verbygegaan na Sunem,+ waar daar ’n vooraanstaande vrou was, en sy het by hom begin aandring+ om brood te eet. En elke keer as hy verbygegaan het, het hy daar ingegaan om brood te eet.  Eindelik het sy vir haar man+ gesê: “Kyk tog, ek weet goed dat dit ’n heilige man van God+ is wat voortdurend by ons langs kom. 10  Laat ons asseblief ’n klein dakvertrek+ op die muur maak en vir hom ’n slaapbank en ’n tafel en ’n stoel en ’n lampstaander+ daar sit; en wanneer hy dan by ons kom, kan hy daar ingaan.”+ 11  En op ’n dag het hy soos gewoonlik daar gekom en in die dakvertrek ingegaan en daar gaan lê. 12  Toe het hy vir sy dienaar Gehaʹsi+ gesê: “Roep hierdie Sunammitiese+ vrou.” Daarop het hy haar geroep sodat sy voor hom kon staan. 13  Toe het hy vir hom gesê: “Sê asseblief vir haar: ‘Kyk, jy het jou moeite aangedoen met al hierdie moeite ter wille van ons.+ Wat kan daar vir jou gedoen word?+ Kan daar vir jou met die koning+ of die leërhoof+ oor iets gepraat word?’” Hierop het sy gesê: “Ek woon onder my eie volk.”+ 14  En hy het gesê: “Wat kan daar dan vir haar gedoen word?” Gehaʹsi het toe gesê: “Sy het glad nie ’n seun nie,+ en haar man is oud.” 15  Onmiddellik het hy gesê: “Roep haar.” Daarop het hy haar geroep, en sy het by die ingang bly staan. 16  Toe het hy gesê: “Op dié vasgestelde tyd volgende jaar sal jy ’n seun omhels.”+ Maar sy het gesê: “Nee, my heer, o man van die ware God! Moenie leuens vertel in verband met u diensmeisie nie.” 17  Die vrou het egter swanger geword en op dié vasgestelde tyd die volgende jaar aan ’n seun geboorte gegee,+ net soos Eliʹsa vir haar gesê het.+ 18  En die kind het groter geword, en op ’n dag het hy soos gewoonlik na sy vader uitgegaan, wat by dié was wat oes.+ 19  En hy het vir sy vader bly sê: “My kop, o my kop!”+ Uiteindelik het hy vir die dienaar gesê: “Dra hom na sy moeder toe.”+ 20  Daarop het hy hom gedra en hom na sy moeder toe gebring. En hy het tot die middaguur op haar knieë bly sit, en uiteindelik het hy gesterf.+ 21  Toe het sy opgegaan en hom op die slaapbank+ van die man van die ware God+ neergelê en die deur toegemaak en uitgegaan. 22  Sy het toe haar man geroep en gesê: “Stuur tog asseblief vir my een van die dienaars en een van die eselinne, en laat my gou tot by die man van die ware God gaan en terugkeer.”+ 23  Maar hy het gesê: “Waarom gaan jy vandag na hom toe? Dit is nie ’n nuwemaan+ of ’n sabbat nie.” Sy het egter gesê: “Wees gerus.” 24  Toe het sy die eselin+ opgesaal en vir haar dienaar gesê: “Jaag haar aan en gaan voort. Moet haar nie ter wille van my inhou in die ry nie, tensy ek vir jou so sê.” 25  En sy het gegaan en by die man van die ware God by die berg Karmel gekom. En toe die man van die ware God haar in die verte sien, het hy onmiddellik vir sy dienaar Gehaʹsi gesê:+ “Kyk! Daar is die Sunammitiese vrou. 26  Hardloop haar nou asseblief tegemoet en sê vir haar: ‘Gaan dit goed met u? Gaan dit goed met u man? Gaan dit goed met die kind?’” Hierop het sy gesê: “Dit gaan goed.” 27  Toe sy by die man van die ware God by die berg kom, het sy dadelik sy voete vasgegryp.+ Hierop het Gehaʹsi nader gekom om haar weg te stoot,+ maar die man van die ware God+ het gesê: “Laat haar staan,+ want haar siel is bitter+ in haar; en Jehovah het dit vir my verberg+ en my dit nie meegedeel nie.” 28  Sy het toe gesê: “Het ek deur my heer ’n seun gevra? Het ek nie gesê: ‘U moenie by my ’n valse hoop wek nie’?”+ 29  Onmiddellik het hy vir Gehaʹsi gesê:+ “Omgord jou lendene+ en neem my staf+ in jou hand en gaan. As jy iemand teëkom, moet jy hom nie groet nie;+ en as iemand jou groet, moet jy hom nie antwoord nie. En jy moet my staf op die gesig van die seun sit.”+ 30  Hierop het die moeder van die seun gesê: “So waar as Jehovah lewe+ en so waar as u siel lewe,+ ek sal u nie verlaat nie.”+ Daarom het hy opgestaan en saam met haar gegaan. 31  En Gehaʹsi het voor hulle uit gegaan en toe die staf op die seun se gesig gesit, maar daar was geen stem nie en daar is geen aandag geskenk nie.+ Daarop het hy teruggegaan, hom tegemoet, en hom vertel en gesê: “Die seun het nie wakker geword nie.”+ 32  Eindelik het Eliʹsa in die huis ingekom, en kyk, die seun was dood, op sy slaapbank neergelê.+ 33  Toe het hy ingekom en die deur agter hulle twee toegemaak+ en tot Jehovah begin bid.+ 34  Uiteindelik het hy opgeklim en op die kind gaan lê+ en sy mond op dié se mond en sy oë op dié se oë en sy palms op dié se palms gesit en oor hom gebuig gebly, en die kind se vlees het geleidelik warm geword. 35  Toe het hy weer in die huis begin loop, een keer heen en weer, waarna hy opgeklim en oor hom gebuig het. En die seun het begin nies, tot sewe keer toe, waarna die seun sy oë oopgemaak het.+ 36  Hy het Gehaʹsi toe geroep en gesê: “Roep hierdie Sunammitiese+ vrou.” Daarop het hy haar geroep, en sy het by hom gekom. Toe het hy gesê: “Tel jou seun op.”+ 37  En sy het ingekom en voor sy voete geval en haar voor hom na die aarde neergebuig,+ waarna sy haar seun opgetel en uitgegaan het.+ 38  En Eliʹsa het na Gilgal teruggekeer,+ en daar was hongersnood+ in die land. Terwyl die profeteseuns+ voor hom gesit het,+ het hy na ’n ruk vir sy dienaar gesê:+ “Sit die groot kookpot op en kook ’n gereg vir die profeteseuns.”+ 39  Toe het een na die veld uitgegaan om kiesieblaarvrugte+ te pluk, en hy het ’n wilde rankplant gevind en daarvan sy kleed vol wilde kalbasse gepluk en toe gekom en dit in die kookpot ingesny, want hulle het dit nie geken nie. 40  Later het hulle dit vir die manne opgeskep om te eet. En net toe hulle van die gereg eet, het hulle uitgeroep en begin sê: “Die dood is in die pot,+ o man van die ware God.”+ En hulle kon dit nie eet nie. 41  Toe het hy gesê: “GAAN HAAL dan meel.” Nadat hy dit in die pot gegooi het, het hy gesê: “Skep vir die mense op sodat hulle kan eet.” En daar was niks skadeliks in die pot nie.+ 42  En daar het ’n man uit Baäl-Saliʹsa+ gekom, en hy het vir die man van die ware God brood gebring+ van die eerste ryp vrugte,+ twintig garsbrode,+ en nuwe graan in sy broodsak. Toe het hy gesê: “Gee dit vir die mense sodat hulle kan eet.”+ 43  Sy bediende het egter gesê: “Hoe sal ek dit aan honderd man voorsit?”+ Hierop het hy gesê: “Gee dit vir die mense sodat hulle kan eet, want só het Jehovah gesê: ‘Daar sal geëet en oorgehou word.’”+ 44  Daarop het hy dit aan hulle voorgesit, en hulle het begin eet, en hulle het oorgehou volgens die woord van Jehovah.+

Voetnote