2 Konings 5:1-27

5  En ’n sekere Naäman,+ die leërhoof van die koning van Sirië, het ’n groot man voor sy heer geword en was hoog in aansien, want deur hom het Jehovah aan Sirië redding gegee;+ en die man was ’n dapper, sterk man, hoewel hy melaats was.  En wat die Siriërs betref, hulle het as rowerbendes+ uitgetrek, en hulle het ’n meisietjie uit die land van Israel gevange geneem,+ en sy het voor Naäman se vrou gekom.  Na verloop van tyd het sy vir haar meesteres gesê:+ “Was my heer tog maar voor die profeet+ wat in Samariʹa is! Dan sou hy hom van sy melaatsheid genees.”+  Daarna het iemand gekom en sy heer meegedeel en gesê: “So en so het die meisie gesê+ wat uit die land van Israel kom.”  Toe het die koning van Sirië gesê: “Gaan dan! Kom, en laat ek ’n brief aan die koning van Israel stuur.” En hy het gegaan en tien talente silwer en sesduisend stukke goud+ en tien stelle klere+ in sy hand geneem.+  En hy het vir die koning van Israel die brief+ gebring wat gesê het: “Saam met hierdie brief aan u stuur ek dan nou my kneg Naäman na u toe, sodat u hom van sy melaatsheid kan genees.”  En net nadat die koning van Israel die brief gelees het, het hy onmiddellik sy klere geskeur+ en gesê: “Is ek God,+ om dood te maak en om in die lewe te hou?+ Want hierdie man stuur na my om ’n man van sy melaatsheid te genees; want LET asseblief net op en sien hoe hy rusie met my soek.”+  En toe Eliʹsa, die man van die ware God, hoor dat die koning van Israel sy klere geskeur het,+ het hy dadelik na die koning gestuur en gesê: “Waarom het u u klere geskeur? Laat hom asseblief na my toe kom sodat hy kan weet dat daar ’n profeet in Israel is.”+  Toe het Naäman met sy perde en sy strydwaens gekom en by die ingang van die huis van Eliʹsa gaan staan. 10  Eliʹsa het egter ’n boodskapper na hom toe gestuur en gesê: “Gaan bad+ sewe keer+ in die Jordaan sodat jou vlees na jou kan terugkeer;+ en wees rein.” 11  Hierop het Naäman verontwaardig geraak+ en aanstaltes gemaak om weg te gaan en gesê: “Kyk, ek het by myself gesê:+ ‘Hy sal uitkom tot hier by my en sal beslis staan en die naam van Jehovah sy God aanroep en sy hand heen en weer oor die plek beweeg en die melaatse genees.’ 12  Is die Abaʹna en die Farpar, die riviere van Damaskus,+ nie beter as al die waters+ van Israel nie? Kan ek nie in hulle bad en beslis rein wees nie?”+ Daarop het hy omgedraai en in woede weggegaan.+ 13  Sy knegte het toe nader gekom en met hom gepraat en gesê: “My vader,+ sou u nie, as die profeet iets groots vir u gesê het, dit gedoen het nie? Hoeveel te meer dan aangesien hy vir u gesê het: ‘Bad en wees rein’?” 14  Daarop het hy afgegaan en hom sewe keer in die Jordaan gedompel volgens die woord van die man van die ware God;+ waarna sy vlees teruggekeer het soos die vlees van ’n seuntjie+ en hy rein geword het.+ 15  Toe het hy teruggegaan na die man van die ware God,+ hy met sy hele kamp, en gekom en voor hom gaan staan en gesê: “Kyk, nou weet ek beslis dat daar op die hele aarde geen God is nie, behalwe in Israel.+ En aanvaar nou asseblief ’n seëngeskenk+ van u kneg.” 16  Maar hy het gesê: “So waar as Jehovah lewe+ voor wie ek staan, ek sal dit nie aanvaar nie.”+ En hy het by hom begin aandring om dit te aanvaar, maar hy het bly weier. 17  Uiteindelik het Naäman gesê: “So nie, laat daar asseblief aan u kneg grond+ gegee word, die vrag van ’n paar muile; want u kneg sal nie meer ’n brandoffer of ’n offerande aan enige ander god as aan Jehovah bring nie.+ 18  Mag Jehovah u kneg in hierdie saak vergewe: Wanneer my heer in die huis van Rimmon+ inkom om hom daar neer te buig, en hy op my hand steun,+ en ek my in die huis van Rimmon moet neerbuig,+ mag Jehovah u kneg asseblief in hierdie opsig vergewe wanneer ek my in die huis van Rimmon neerbuig.”+ 19  Hierop het hy vir hom gesê: “Gaan in vrede.”+ En hy het ’n goeie ent van hom af weggegaan. 20  Toe het Gehaʹsi,+ die dienaar van Eliʹsa, die man van die ware God,+ gesê: “Kyk, my heer het hierdie Siriër Naäman+ gespaar deur nie uit sy hand te aanvaar wat hy gebring het nie. So waar as Jehovah lewe,+ ek sal agter hom aan hardloop en iets van hom neem.”+ 21  En Gehaʹsi het Naäman agternagesit. Toe Naäman iemand agter hom aan sien hardloop, het hy dadelik van sy strydwa afgeklim om hom tegemoet te gaan en toe gesê: “Is alles in orde?”+ 22  Hierop het hy gesê: “Alles is in orde. My heer+ het my gestuur+ om te sê: ‘Kyk! Daar het nou net uit die bergstreek van Eʹfraim twee jong manne uit die profeteseuns by my gekom.+ Gee tog asseblief vir hulle ’n talent silwer en twee stelle klere.’”+ 23  Daarop het Naäman gesê: “Kom nou, neem twee talente.” En hy het by hom bly aandring+ en uiteindelik twee talente silwer in twee sakke toegebind, met twee stelle klere, en dit vir twee van sy dienaars gegee, sodat hulle dit voor hom uit kon dra. 24  Toe hy by Ofel kom, het hy dit onmiddellik uit hulle hand geneem en dit in die huis neergesit+ en die manne weggestuur. En hulle het weggegaan. 25  En hy het ingekom en by sy heer gaan staan.+ Eliʹsa het toe vir hom gesê: “Waar het jy vandaan gekom, Gehaʹsi?” Maar hy het gesê: “U kneg het nêrens heen gegaan nie.”+ 26  Daarop het hy vir hom gesê: “Het my hart nie saamgegaan toe die man omgedraai het om van sy strydwa af te klim om jou tegemoet te gaan nie? Is dit ’n tyd om silwer te aanvaar of om klere of olyfboorde of wingerde of skape of beeste of diensknegte of diensmeisies te aanvaar?+ 27  Daarom sal die melaatsheid+ van Naäman jou en jou nageslag tot onbepaalde tyd aankleef.”+ Onmiddellik het hy van hom uitgegaan, ’n melaatse, wit soos sneeu.+

Voetnote