2 Konings 6:1-33

6  En die profeteseuns+ het vir Eliʹsa begin sê: “Kyk tog! Die plek+ waar ons voor u woon, is vir ons te klein.+  Laat ons asseblief tot by die Jordaan gaan en elkeen ’n balk daarvandaan gaan haal en vir ons+ daar ’n plek maak om in te woon.” Toe het hy gesê: “Gaan.”  En een het gesê: “Kom nou, asseblief, en gaan saam met u knegte.” Daarop het hy gesê: “Ek sal gaan.”  Toe het hy saam met hulle gegaan, en hulle het uiteindelik by die Jordaan gekom en die bome begin afkap.+  En een het sy balk gekap, en die bylkop+ het in die water geval. En hy het begin uitroep en gesê: “Ag, my heer,+ dit is geleen!”+  Toe het die man van die ware God gesê: “Waar het dit geval?” En hy het hom die plek gewys. Onmiddellik het hy ’n stuk hout afgekap en dit daar gegooi en die bylkop laat dryf.+  Hy het toe gesê: “Haal dit vir jou uit.” Dadelik het hy sy hand uitgesteek en dit geneem.  En wat die koning van Sirië+ betref, hy het in oorlog met Israel gewikkel geraak. Gevolglik het hy met sy knegte beraadslaag+ en gesê: “Op dié en dié plek moet julle saam met my kamp opslaan.”+  Toe het die man van die ware God+ na die koning van Israel gestuur en gesê: “Pas op dat u nie by dié plek verbytrek nie,+ want die Siriërs trek daarheen af.”+ 10  Die koning van Israel het dus na die plek gestuur wat die man van die ware God aan hom genoem het.+ En hy het hom gewaarsku,+ en hy het daar weggebly, nie net een keer of twee keer nie. 11  Gevolglik het die hart van die koning van Sirië woedend geword oor dié saak,+ sodat hy sy knegte geroep en vir hulle gesê het: “Sal julle my nie vertel wie van dié wat tot ons behoort, vir die koning van Israel is nie?”+ 12  Toe het een van sy knegte gesê: “Nie een nie, my heer die koning, maar die profeet Eliʹsa+ wat in Israel is, deel die koning van Israel die dinge mee+ wat u in u binneste slaapkamer sê.”+ 13  Toe het hy gesê: “GAAN kyk waar hy is, sodat ek hom kan laat haal.”+ Later is aan hom berig gebring en gesê: “Kyk, hy is in Dotan.”+ 14  Onmiddellik het hy perde en strydwaens en ’n swaar krygsmag+ daarheen gestuur; en hulle het in die nag gekom en die stad omsingel. 15  Toe die dienaar+ van die man van die ware God vroeg opstaan en uitgaan, kyk, toe was die stad omsingel deur ’n krygsmag met perde en strydwaens. Dadelik het sy dienaar vir hom gesê: “Ag, my heer!+ Wat sal ons doen?” 16  Maar hy het gesê: “Moenie bang wees nie,+ want dié wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.”+ 17  En Eliʹsa het begin bid+ en gesê: “O Jehovah, open asseblief sy oë,+ sodat hy kan sien.” Onmiddellik het Jehovah die dienaar se oë geopen, sodat hy gesien het; en kyk! die bergstreek was vol perde en strydwaens+ van vuur rondom Eliʹsa.+ 18  Toe hulle na hom toe begin afkom, het Eliʹsa tot Jehovah gebid en gesê: “Slaan hierdie nasie asseblief met blindheid.”+ Toe het hy hulle met blindheid geslaan volgens die woord van Eliʹsa. 19  Eliʹsa het toe vir hulle gesê: “Dit is nie die pad nie, en dit is nie die stad nie. Volg my, en laat ek julle lei na die man wat julle soek.” Hy het hulle egter na Samariʹa+ gelei. 20  En net toe hulle in Samariʹa aankom, het Eliʹsa gesê: “O Jehovah, open hulle oë sodat hulle kan sien.”+ Onmiddellik het Jehovah hulle oë geopen, en hulle het gesien; en kyk, hulle was in die middel van Samariʹa. 21  Net toe die koning van Israel hulle sien, het hy vir Eliʹsa gesê: “Moet ek hulle doodmaak, moet ek hulle doodmaak,+ my vader?”+ 22  Maar hy het gesê: “Jy mag hulle nie doodmaak nie. Maak jy dié dood wat jy met jou swaard en met jou boog gevange geneem het?+ Sit aan hulle brood en water voor sodat hulle kan eet en drink+ en na hulle heer toe kan gaan.” 23  Toe het hy vir hulle ’n groot feesmaal gegee; en hulle het begin eet en drink, waarna hy hulle weggestuur het en hulle na hulle heer toe gegaan het. En die rowerbendes+ van die Siriërs het nie weer in die land van Israel gekom nie. 24  En later het Ben-Hadad, die koning van Sirië, sy hele kamp bymekaargebring en opgetrek en Samariʹa beleër.+ 25  Na verloop van tyd het ’n groot hongersnood in Samariʹa ontstaan,+ en kyk! hulle het dit beleër totdat ’n eselskop+ tagtig silwerstukke en ’n kwart kab duiwemis+ vyf silwerstukke werd was. 26  En terwyl die koning van Israel op die muur verbygegaan het, het ’n sekere vrou tot hom geroep en gesê: “Red tog, o my heer die koning!”+ 27  Hierop het hy gesê: “As Jehovah jou nie red nie, waarvandaan sal ek jou dan red?+ Van die dorsvloer of van die wyn- of oliepers?” 28  En die koning het verder vir haar gesê: “Wat makeer jou?” Toe het sy gesê: “Hierdie vrou het vir my gesê: ‘Gee jou seun dat ons hom vandag kan eet, en môre sal ons my seun eet.’+ 29  Daarop het ons my seun gekook+ en hom geëet.+ Toe het ek die volgende dag vir haar gesê: ‘Gee jou seun dat ons hom kan eet.’ Maar sy het haar seun weggesteek.” 30  En toe die koning die vrou se woorde hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur;+ en terwyl hy op die muur verbygegaan het, het die volk gesien, en kyk! daar was saklinne onder op sy vlees. 31  En hy het gesê: “Mag God so aan my doen, en mag hy so daaraan toevoeg as die kop van Eliʹsa, die seun van Safat, vandag op hom bly!”+ 32  En Eliʹsa het in sy eie huis gesit, en die ouer manne het by hom gesit,+ toe hy ’n man voor hom uit gestuur het. Voordat die boodskapper by hom kon kom, het hy vir die ouer manne gesê: “Het julle gesien hoe hierdie moordenaarskind+ gestuur het om my kop af te kap? Let op: sodra die boodskapper kom, moet julle die deur toemaak, en julle moet hom met die deur terugdruk. Is die geluid+ van die voete van sy heer nie agter hom nie?” 33  Terwyl hy nog met hulle gepraat het, kyk, toe het die boodskapper na hom toe afgekom, en die koning het gesê: “Kyk, dit is die rampspoed wat van Jehovah af kom.+ Waarom moet ek nog langer op Jehovah wag?”+

Voetnote