2 Konings 7:1-20

7  Eliʹsa het toe gesê: “LUISTER na die woord van Jehovah.+ Só het Jehovah gesê: ‘Môre omstreeks hierdie tyd sal ’n sea fynmeel ’n sikkel werd wees, en twee sea gars ’n sikkel, in die poort van Samariʹa.’”+  Daarop het die adjudant op wie se hand die koning gesteun het,+ die man van die ware God geantwoord en gesê: “Kan dit gebeur,+ al maak Jehovah sluise in die hemel?”+ Hierop het hy gesê: “Kyk, jy sien dit met jou eie oë,+ maar jy sal nie daarvan eet nie.”+  En daar was vier manne, melaatses, by die ingang van die poort;+ en hulle het vir mekaar begin sê: “Waarom sit ons hier totdat ons sterf?  As ons gesê het: ‘Laat ons in die stad ingaan’, terwyl die hongersnood in die stad is, dan sou ons daar moes sterf.+ En as ons hier sit, sal ons ook moet sterf. Kom dan nou, en laat ons die kamp van die Siriërs binnedring. As hulle ons laat lewe, sal ons lewe; maar as hulle ons doodmaak, dan sal ons moet sterf.”+  Toe het hulle in die aandskemering opgestaan om in die kamp van die Siriërs in te gaan; en hulle het tot buitekant die kamp van die Siriërs gekom, en kyk! daar was niemand.  En Jehovah het die kamp van die Siriërs die geluid van strydwaens, die geluid van perde, die geluid van ’n groot krygsmag,+ laat hoor,+ sodat hulle vir mekaar gesê het: “Kyk! Die koning van Israel het die konings van die Hetiete+ en die konings van Egipte+ teen ons gehuur om ons aan te val!”  Onmiddellik het hulle opgestaan en in die aandskemering gevlug+ en hulle tente en hulle perde+ en hulle esels—die kamp net soos dit was—agtergelaat, en hulle het vir hulle siel+ bly vlug.  Toe hierdie melaatses tot buitekant die kamp kom, het hulle in een tent ingegaan en begin eet en drink en silwer en goud en klere daaruit weggedra en dit gaan wegsteek. Daarna het hulle teruggekeer en in ’n ander tent ingegaan en dinge daaruit weggedra en dit gaan wegsteek.+  Uiteindelik het hulle vir mekaar begin sê: “Wat ons doen, is nie reg nie. Hierdie dag is ’n dag van goeie nuus!+ As ons aarsel en tot die môrelig wag, dan sal skuld ons inhaal.+ Kom dan nou en laat ons ingaan en dit by die koning se huis vertel.” 10  Toe het hulle gekom en na die poortwagters+ van die stad geroep en hulle vertel en gesê: “Ons het in die kamp van die Siriërs gekom, en kyk! daar was niemand nie, en ook nie die geluid van ’n mens nie, maar net die vasgemaakte perde en die vasgemaakte esels en die tente net soos hulle was.”+ 11  Dadelik het die poortwagters uitgeroep, en hulle het dit binne-in vir die koning se huis vertel. 12  Onmiddellik het die koning in die nag opgestaan en vir sy knegte gesê:+ “Laat ek julle asseblief vertel wat die Siriërs aan ons gedoen het.+ Hulle weet goed dat ons honger is;+ en daarom het hulle uit die kamp getrek om in die veld weg te kruip+ en gesê: ‘Hulle sal uit die stad kom, en ons sal hulle lewend vang, en ons sal in die stad ingaan.’” 13  Toe het een van sy knegte geantwoord en gesê: “Laat hulle asseblief vyf van die oorblywende perde neem wat in die stad oorgebly het.+ Kyk! Hulle is soos die hele menigte van Israel wat daarin oorgebly het. Kyk! Hulle is soos die hele menigte van Israel wat vergaan het.+ En laat ons uitstuur en sien.” 14  Toe het hulle twee strydwaens met perde geneem, en die koning het hulle agter die kamp van die Siriërs aan gestuur en gesê: “Gaan kyk.” 15  Daarop het hulle hulle tot by die Jordaan gevolg; en kyk! die hele pad was vol klere en voorwerpe+ wat die Siriërs weggegooi het in hulle haas om weg te kom.+ Toe het die boodskappers teruggekeer en aan die koning berig gebring. 16  En die volk het uitgegaan en die kamp van die Siriërs geplunder;+ en so het ’n sea fynmeel ’n sikkel werd geword, en twee sea gars ’n sikkel werd, ooreenkomstig die woord+ van Jehovah. 17  En die koning het die adjudant op wie se hand hy gesteun het,+ aangestel om toesig te hou oor die poort; en die volk het hom in die poort vertrap,+ sodat hy gesterf het, net soos die man van die ware God gesê het,+ toe hy gespreek het toe die koning na hom afgekom het. 18  So het dit gebeur net soos die man van die ware God met die koning gespreek en gesê het: “Môre hierdie tyd sal twee sea gars ’n sikkel werd wees, en ’n sea fynmeel ’n sikkel, in die poort van Samariʹa.”+ 19  Maar die adjudant het die man van die ware God geantwoord en gesê: “Kan dit volgens hierdie woord gebeur,+ selfs al maak Jehovah sluise in die hemel?” Hierop het hy gesê: “Kyk, jy sien dit met jou eie oë, maar jy sal nie daarvan eet nie.”+ 20  So het dit ook met hom gebeur,+ toe die volk hom in die poort vertrap het,+ sodat hy gesterf het.

Voetnote