2 Konings 8:1-29

8  En Eliʹsa het met die vrou gepraat wie se seun hy lewend gemaak het+ en gesê: “Staan op en gaan, jy met jou huisgesin, en woon as ’n vreemdeling waar jy ook al as ’n vreemdeling kan woon;+ want Jehovah het ’n hongersnood geroep,+ en boonop sal dit vir sewe jaar oor die land kom.”+  Toe het die vrou opgestaan en gedoen volgens die woord van die man van die ware God en gegaan,+ sy met haar huisgesin,+ en sewe jaar lank as ’n vreemdeling in die land van die Filistyne+ gaan woon.  En na verloop van sewe jaar het die vrou uit die land van die Filistyne teruggekeer en gegaan om ’n beroep op die koning te doen+ weens haar huis en weens haar grond.  En die koning was besig om met Gehaʹsi,+ die dienaar van die man van die ware God, te praat en het gesê: “Vertel my tog asseblief van al die groot dinge wat Eliʹsa gedoen het.”+  En terwyl hy vir die koning vertel het hoe hy die dooie lewend gemaak het,+ kyk, toe het die vrou wie se seun hy lewend gemaak het, ’n beroep op die koning gedoen weens haar huis en weens haar grond.+ Dadelik het Gehaʹsi gesê: “My heer+ die koning, dít is die vrou, en dít is haar seun wat Eliʹsa lewend gemaak het.”  Daarop het die koning die vrou gevra, en sy het hom die verhaal vertel.+ Toe het die koning haar ’n hofbeampte+ gegee en gesê: “Gee alles terug wat aan haar behoort en die hele opbrengs van die grond van die dag af dat sy die land verlaat het tot nou toe.”+  En Eliʹsa het in Damaskus+ gekom; en Ben-Hadad,+ die koning van Sirië, was siek. Toe is daar aan hom berig gebring en gesê: “Die man van die ware God+ het tot hier gekom.”  Daarop het die koning vir Haʹsael+ gesê: “Neem ’n geskenk+ in jou hand en gaan die man van die ware God tegemoet, en jy moet Jehovah deur hom raadpleeg+ en sê: ‘Sal ek van hierdie siekte herstel?’”  En Haʹsael het hom tegemoetgegaan en ’n geskenk in sy hand geneem, ja, allerhande goeie dinge van Damaskus, die vrag van veertig kamele, en hy het gekom en voor hom gaan staan en gesê: “U seun,+ Ben-Hadad, die koning van Sirië, het my na u toe gestuur en gesê: ‘Sal ek van hierdie siekte herstel?’” 10  Toe het Eliʹsa vir hom gesê: “Gaan sê vir hom: ‘U sal sekerlik herstel’, en Jehovah het aan my getoon+ dat hy sekerlik sal sterf.”+ 11  En hy het sy gesig strak gehou totdat hy verleë geword het. Toe het die man van die ware God begin huil.+ 12  En Haʹsael het gesê: “Waarom huil my heer?” Hierop het hy gesê: “Omdat ek goed weet watter kwaad+ jy die kinders van Israel sal aandoen. Hulle vestings sal jy aan die vuur oorgee, en hulle uitgesoekte manne sal jy met die swaard doodmaak, en hulle kinders sal jy verpletter,+ en hulle swanger vroue sal jy oopsny.”+ 13  Daarop het Haʹsael gesê: “Wat is u kneg, wat ’n blote hond is,+ dat hy hierdie groot ding sou kon doen?” Maar Eliʹsa het gesê: “Jehovah het jou aan my getoon as koning oor Sirië.”+ 14  Daarna het hy van Eliʹsa af weggegaan en by sy heer gekom, wat toe vir hom gesê het: “Wat het Eliʹsa vir jou gesê?” Hierop het hy gesê: “Hy het vir my gesê: ‘U sal sekerlik herstel.’”+ 15  En die volgende dag het hy ’n deken geneem en dit in water gedoop en dit oor sy gesig uitgesprei,+ sodat hy gesterf het.+ En Haʹsael+ het in sy plek begin regeer. 16  En in die vyfde jaar van Joram,+ die seun van Agab, die koning van Israel, terwyl Joʹsafat koning van Juda was, het Joram,+ die seun van Joʹsafat, die koning van Juda, koning geword. 17  Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het agt jaar in Jerusalem regeer.+ 18  En hy het in die weg van die konings van Israel gewandel,+ net soos die huis van Agab gedoen het;+ want Agab se dogter het sy vrou geword,+ en hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë. 19  En Jehovah wou Juda+ ter wille van sy kneg Dawid nie verdelg nie,+ net soos hy hom beloof het om aan hom en aan sy seuns altyd ’n lamp te gee.+ 20  In sy dae het Edom+ in opstand gekom, onder die hand van Juda uit, en toe ’n koning+ oor hulle laat regeer. 21  Gevolglik het Joram na Saïr oorgetrek, en al die strydwaens saam met hom. En hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom en die hoofde van die strydwaens omsingel het; en die manskappe het na hulle tente gevlug. 22  Maar tot vandag toe het Edom volgehou met sy opstand, onder die hand van Juda uit. Toe het Libna+ in daardie tyd in opstand begin kom. 23  En die res van die aangeleenthede van Joram en alles wat hy gedoen het, is dit nie opgeteken in die kroniekboek+ van die konings van Juda nie? 24  Uiteindelik het Joram met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is by sy voorvaders in die Stad van Dawid begrawe.+ En sy seun Ahaʹsia+ het in sy plek begin regeer. 25  In die twaalfde jaar van Joram, die seun van Agab, die koning van Israel, het Ahaʹsia, die seun van Joram, die koning van Juda, koning geword.+ 26  Ahaʹsia was twee-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het een jaar in Jerusalem regeer.+ En sy moeder se naam was Ataʹlia,+ die kleindogter van Omri,+ die koning van Israel. 27  En hy het in die weg van die huis van Agab gewandel+ en bly doen wat sleg was in Jehovah se oë,+ soos die huis van Agab, want hy was ’n aangetroude familielid+ van die huis van Agab. 28  Toe het hy saam met Joram, die seun van Agab, getrek om teen Haʹsael,+ die koning van Sirië, oorlog te voer by Raʹmot-Giʹlead,+ maar die Siriërs het Joram gewond.+ 29  En koning Joram+ het teruggekeer om in Jisʹreël+ te herstel van die wonde wat die Siriërs hom by Rama toegedien het toe hy teen Haʹsael, die koning van Sirië, geveg het. Wat Ahaʹsia,+ die seun van Joram, die koning van Juda, betref, hy het afgegaan om Joram, die seun van Agab, in Jisʹreël te sien, want hy was siek.

Voetnote