2 Konings 9:1-37

9  En wat die profeet Eliʹsa betref, hy het een van die profeteseuns+ geroep en toe vir hom gesê: “Omgord jou lendene+ en neem hierdie fles+ olie in jou hand en gaan na Raʹmot-Giʹlead.+  Wanneer jy daar kom, moet jy daar soek na Jehu,+ die seun van Joʹsafat, die seun van Nimsi; en jy moet ingaan en hom uit die midde van sy broers laat opstaan en hom in die binneste vertrek+ bring.  En jy moet die fles olie neem en dit op sy kop uitgiet+ en sê: ‘Só het Jehovah gesê: “Ek salf+ jou as koning+ oor Israel.”’ En jy moet die deur oopmaak en vlug en nie wag nie.”  En die dienaar, die profeet se dienaar, het na Raʹmot-Giʹlead vertrek.  Toe hy inkom, kyk, daar het die hoofde van die krygsmag gesit. Hy het toe gesê: “Ek het ’n woord vir u,+ o hoof.” Hierop het Jehu gesê: “Vir watter een van ons almal?” Toe het hy gesê: “Vir u, o hoof.”  En hy het opgestaan en in die huis ingegaan; en hy het die olie op sy kop uitgegiet en vir hom gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Ek salf jou as koning+ oor Jehovah se volk,+ dit wil sê oor Israel.  En jy moet die huis van jou heer Agab uitroei, en ek sal die bloed van my knegte, die profete, en die bloed van al die knegte van Jehovah op die hand van Iseʹbel+ wreek.+  En die hele huis van Agab sal vergaan; en ek sal van Agab uitroei+ elkeen wat manlik is+ en elke hulpelose en waardelose+ in Israel.  En ek sal die huis van Agab maak soos die huis van Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, en soos die huis van Baäsa,+ die seun van Ahiʹa. 10  En die honde sal Iseʹbel opeet+ op die stuk land by Jisʹreël, en daar sal niemand wees wat haar begrawe nie.’” Daarop het hy die deur oopgemaak en gevlug.+ 11  Wat Jehu betref, hy het uitgegaan na die knegte van sy heer, en hulle het vir hom begin sê: “Is alles in orde?+ Waarom het hierdie waansinnige+ na u toe gekom?” Maar hy het vir hulle gesê: “Julle ken die man en sy praatjies goed.” 12  Maar hulle het gesê: “Dit is nie waar nie! Vertel ons asseblief.” Toe het hy gesê: “So en so het hy met my gepraat en gesê: ‘Só het Jehovah gesê: “Ek salf jou as koning oor Israel.”’”+ 13  Hierop het hulle gou elkeen sy kleed+ geneem en dit onder hom op die kaal trappe gesit, en hulle het op die horing begin blaas+ en gesê: “Jehu het koning geword!”+ 14  En Jehu,+ die seun van Joʹsafat, die seun van Nimsi,+ het ’n sameswering teen Joram gesmee.+ En Joram het by Raʹmot-Giʹlead+ wag gehou, hy saam met die hele Israel, weens Haʹsael,+ die koning van Sirië. 15  Later het koning Joram+ teruggekeer om in Jisʹreël+ te herstel van die wonde wat die Siriërs hom toegedien het toe hy teen Haʹsael, die koning van Sirië, geveg het.+ Jehu het toe gesê: “As julle siel instem,+ moet julle niemand uit die stad laat ontsnap om dit in Jisʹreël te gaan vertel nie.” 16  En Jehu het weggery en na Jisʹreël gegaan; want Joram het daar gelê, en Ahaʹsia,+ die koning van Juda, het afgegaan om Joram te sien. 17  En die wag+ het op die toring+ in Jisʹreël+ gestaan, en hy het die deinende massa van Jehu se manne gesien terwyl hy aangekom het, en hy het dadelik gesê: “Ek sien ’n deinende massa manne.” Daarop het Joram gesê: “Neem ’n ruiter en stuur hom om hulle tegemoet te gaan, en laat hom sê: ‘Is dit vrede?’”+ 18  Toe het ’n perderuiter hom tegemoetgegaan en gesê: “Só het die koning gesê: ‘Is dit vrede?’” Maar Jehu het gesê: “Wat het jy met ‘vrede’ te doen?+ Draai agter my in!” En die wag+ het vertel en gesê: “Die boodskapper het tot by hulle gekom, maar hy het nie teruggekeer nie.” 19  Daarom het hy ’n tweede perderuiter uitgestuur, wat, toe hy by hulle kom, gesê het: “Só het die koning gesê: ‘Is dit vrede?’” Maar Jehu het gesê: “Wat het jy met ‘vrede’ te doen?+ Draai agter my in!” 20  En die wag het vertel en gesê: “Hy het tot by hulle gekom, maar hy het nie teruggekeer nie; en die manier van ry is soos dié van Jehu,+ die kleinseun van Nimsi,+ want hy ry soos ’n waansinnige.”+ 21  Daarop het Joram gesê: “Span in!”+ Toe is sy strydwa ingespan, en Joram, die koning van Israel, en Ahaʹsia,+ die koning van Juda, het uitgetrek, elkeen in sy eie strydwa. Terwyl hulle voortgetrek het, Jehu tegemoet, het hulle hom op die stuk land van Nabot,+ die Jisreëliet, aangetref. 22  En toe Joram Jehu sien, het hy onmiddellik gesê: “Is dit vrede, Jehu?” Maar hy het gesê: “Hoe kan daar vrede+ wees solank die hoererye van jou moeder Iseʹbel+ en haar baie towerye nog daar is?”+ 23  Dadelik het Joram omgedraai om te vlug en vir Ahaʹsia gesê: “Daar is bedrog,+ Ahaʹsia!” 24  En Jehu het die boog+ gespan en Joram tussen die arms geskiet, sodat die pyl by sy hart uitgekom het, en hy het in sy strydwa inmekaargesak.+ 25  Hy het toe vir sy adjudant+ Bidkar gesê: “Tel hom op; gooi hom op die stuk land van Nabot, die Jisreëliet;+ want onthou: Ek en jy het met spanne perde agter sy vader Agab gery, en Jehovah het hierdie uitspraak+ teen hom gegee: 26  ‘“Ek het gister beslis die bloed+ van Nabot en die bloed van sy seuns+ gesien”, is die woord van Jehovah, “en ek sal jou beslis op hierdie stuk land vergeld”,+ is die woord van Jehovah.’ Tel hom dan nou op; gooi hom op die stuk land volgens die woord van Jehovah.”+ 27  En Ahaʹsia,+ die koning van Juda, het dit gesien en met die pad na die tuinhuis+ gevlug. (Later het Jehu hom agtervolg en gesê: “Hom ook! MAAK hom dood!” En hulle het hom getref terwyl hy in die strydwa was op die pad wat opgaan na Gur, wat by Jibʹleam+ lê. En hy het sy vlug na Megidʹdo+ voortgesit en uiteindelik daar gesterf.+ 28  Toe het sy knegte hom in ’n wa na Jerusalem vervoer, en so het hulle hom in sy graf by sy voorvaders begrawe in die Stad van Dawid.+ 29  En dit was in die elfde jaar van Joram,+ die seun van Agab, dat Ahaʹsia+ koning oor Juda geword het.) 30  Eindelik het Jehu by Jisʹreël+ gekom, en Iseʹbel+ het dit gehoor. En sy het haar oë met swart verf geverf+ en haar kop pragtig versier+ en deur die venster afgekyk.+ 31  En Jehu het deur die poort ingekom. Sy het toe gesê: “Het dit goed gegaan met Simri,+ die moordenaar van sy heer?” 32  Daarop het hy opgekyk na die venster en gesê: “Wie is met my? Wie?”+ Onmiddellik het twee of drie hofbeamptes+ na hom toe afgekyk. 33  En hy het gesê: “Gooi haar af!”+ Toe het hulle haar afgegooi, en van haar bloed het teen die muur en teen die perde gespat; en hy het haar toe vertrap.+ 34  Daarna het hy ingegaan en geëet en gedrink en toe gesê: “SIEN asseblief om na hierdie vervloekte+ en begrawe haar, want sy is die dogter van ’n koning.”+ 35  Toe hulle gaan om haar te begrawe, het hulle van haar niks gevind nie behalwe die skedel en die voete en die handpalms.+ 36  Toe hulle terugkeer en hom dit vertel, het hy gesê: “Dit is die woord van Jehovah wat hy deur middel+ van sy kneg Eliʹa, die Tisbiet, gespreek het toe hy gesê het: ‘Op die stuk land van Jisʹreël sal die honde die vlees van Iseʹbel eet.+ 37  En die lyk van Iseʹbel sal beslis soos mis+ op die oppervlak van die veld word op die stuk land van Jisʹreël, sodat hulle nie sal kan sê: “Dit is Iseʹbel” nie.’”+

Voetnote