2 Kronieke 1:1-17

1  En Salomo, die seun van Dawid, is voortdurend in sy koningskap versterk,+ en Jehovah sy God was met hom+ en het aangehou om hom uitermate groot te maak.+  En Salomo het met die hele Israel gepraat, met die hoofde oor duisend+ en oor honderd+ en met die regters+ en met al die owerstes van die hele Israel,+ die hoofde van die vaderhuise.+  Toe het Salomo en die hele gemeente saam met hom na die hoogte gegaan wat in Giʹbeon was;+ want daar was die tent van samekoms+ van die ware God, wat Moses, die kneg+ van Jehovah, in die wildernis gemaak het.  Dawid het egter die ark+ van die ware God uit Kirʹjat-Jeaʹrim+ laat opbring na die plek wat Dawid daarvoor gereedgemaak het,+ want hy het ’n tent daarvoor opgeslaan in Jerusalem.+  En die koperaltaar+ wat Besaʹleël,+ die seun van Uri, die seun van Hur,+ gemaak het, is voor die tabernakel van Jehovah gesit; en Salomo en die gemeente het hulle soos gewoonlik daarheen gewend.  Salomo het toe daar offers voor Jehovah gebring op die koperaltaar wat by die tent van samekoms behoort het, en hy het duisend brandoffers daarop gebring.+  Gedurende dié nag het God aan Salomo verskyn en toe vir hom gesê: “Vra! Wat moet ek jou gee?”+  Daarop het Salomo vir God gesê: “U het teenoor my vader Dawid groot liefderyke goedhartigheid bewys+ en het my in sy plek koning gemaak.+  En nou, o Jehovah God, laat u belofte aan my vader Dawid betroubaar wees,+ want u het my koning gemaak+ oor ’n volk wat so talryk soos die stofdeeltjies van die aarde is.+ 10  Gee my nou wysheid en kennis+ sodat ek voor hierdie volk kan uitgaan en sodat ek kan inkom,+ want wie kan hierdie groot volk van u rig?”+ 11  Toe het God vir Salomo gesê: “Omdat dít jou na aan die hart gelê het+ en jy nie rykdom, besittings en eer of die siel van jou haters gevra het nie, en jy ook nie baie dae gevra het nie,+ maar jy wysheid en kennis vir jou vra sodat jy my volk kan rig waaroor ek jou koning gemaak het,+ 12  word die wysheid en die kennis aan jou gegee;+ ook sal ek jou rykdom en besittings en eer gee soos nie een van die konings gehad het wat voor jou was nie+ en soos niemand ná jou sal hê nie.”+ 13  Toe het Salomo van die hoogte wat in Giʹbeon was,+ van die tent van samekoms+ af, na Jerusalem gekom en oor Israel bly regeer.+ 14  En Salomo het strydwaens en perde bly versamel sodat hy duisend-vierhonderd strydwaens en twaalfduisend perde gehad het,+ en hy het hulle in strydwastede+ en naby die koning in Jerusalem gehou. 15  En die koning het die silwer en die goud in Jerusalem soos die klippe gemaak;+ en sederhout het hy so oorvloedig gemaak soos die wildevyebome+ wat in die Sjefeʹla is.+ 16  En perde is uit Egipte na Salomo uitgevoer,+ en die koning se geselskap koopmanne het telkens die trop perde teen ’n prys geneem.+ 17  En gewoonlik het hulle ’n strydwa uit Egipte gebring en uitgevoer vir seshonderd silwerstukke en ’n perd vir honderd-en-vyftig; en so was dit vir al die konings van die Hetiete en die konings van Sirië.+ Deur middel van hulle het die uitvoer geskied.

Voetnote