2 Kronieke 10:1-19

10  En Rehaʹbeam+ het na Sigem+ gegaan, want al die Israeliete het na Sigem gekom om hom koning te maak.  En toe Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat, daarvan hoor terwyl hy nog in Egipte was+ (want hy het vir koning Salomo gevlug), het Jeroʹbeam onmiddellik uit Egipte teruggekom.+  Toe het hulle gestuur en hom laat roep, en Jeroʹbeam en die hele Israel het gekom en met Rehaʹbeam gepraat en gesê:+  “U vader het ons juk hard gemaak;+ maak dan nou die harde diens van u vader en die swaar juk+ wat hy ons opgelê het, ligter, en ons sal u dien.”+  Hierop het hy vir hulle gesê: “Laat daar nog drie dae wees. Kom dan na my toe terug.” Toe het die volk weggegaan.  En koning Rehaʹbeam het begin beraadslaag+ met die ouer manne wat die hele tyd in sy vader Salomo se diens was terwyl hy nog gelewe het en gesê: “Hoe raai julle aan moet hierdie volk geantwoord word?”+  Daarop het hulle met hom gepraat en gesê: “As u goed is vir hierdie volk en hulle behaag en inderdaad goeie woorde met hulle spreek,+ dan sal hulle beslis vir altyd u knegte word.”+  Hy het egter die raad+ van die ouer manne wat hulle hom gegee het, in die wind geslaan, en hy het begin beraadslaag met die jong manne wat saam met hom grootgeword het,+ dié wat in sy diens was.+  En hy het vir hulle gesê: “Wat raai julle aan+ moet ons hierdie volk antwoord wat met my gepraat en gesê het: ‘Maak die juk wat u vader ons opgelê het, ligter’?”+ 10  Hierop het die jong manne wat saam met hom grootgeword het, met hom gepraat en gesê: “Só moet u sê vir die volk wat met u gepraat en gesê het: ‘U vader het ons juk swaar gemaak, maar maak ú dit ligter op ons’; só moet u vir hulle sê:+ ‘My pinkie sal beslis dikker as my vader se heupe wees.+ 11  My vader het dan nou ’n swaar juk op julle gelaai, maar ék sal by julle juk byvoeg.+ My vader het julle met swepe getugtig, maar ék sal julle met gesels tugtig.’”+ 12  En Jeroʹbeam en die hele volk het op die derde dag na Rehaʹbeam toe gekom, net soos die koning gespreek en gesê het: “Kom op die derde dag na my toe terug.”+ 13  En die koning het hulle ’n harde antwoord begin gee.+ So het koning Rehaʹbeam die raad van die ouer manne+ in die wind geslaan,+ 14  en hy het volgens die raad van die jong manne+ met hulle gepraat en gesê: “Ek sal julle juk swaarder maak, en ek sal daarby byvoeg. My vader het julle met swepe getugtig, maar ék sal julle met gesels tugtig.”+ 15  En die koning het nie na die volk geluister nie; want die wending van sake het van die ware God gekom,+ sodat Jehovah sy woord kon uitvoer+ wat hy deur middel van Ahiʹa,+ die Siloniet,+ tot Jeroʹbeam, die seun van Nebat, gespreek het.+ 16  Wat die hele Israel betref, omdat die koning nie na hulle geluister het nie, het die volk die koning toe geantwoord en gesê: “Watter deel het ons aan Dawid?+ En daar is geen erfdeel in die seun van Isai nie.+ Elkeen na jou gode,+ o Israel! Sorg nou vir jou eie huis, o Dawid.”+ Daarop het die hele Israel na hulle tente begin gaan. 17  Wat die kinders van Israel betref wat in die stede van Juda gewoon het, Rehaʹbeam het oor hulle bly regeer.+ 18  Daarna het koning Rehaʹbeam Hadoʹram+ gestuur, wat oor dié was wat tot dwangarbeid opgeroep is, maar die kinders van Israel het hom met klippe gegooi,+ sodat hy gesterf het. En koning Rehaʹbeam het dit reggekry om op sy strydwa te klim om na Jerusalem te vlug.+ 19  En die Israeliete het met hulle opstand+ teen die huis van Dawid volgehou tot vandag toe.

Voetnote