2 Kronieke 11:1-23

11  Toe Rehaʹbeam in Jerusalem aankom,+ het hy onmiddellik die huis van Juda en Benjamin+ bymekaar laat kom, honderd-en-tagtigduisend uitgesoekte weerbare manne,+ om teen Israel te veg ten einde die koninkryk na Rehaʹbeam terug te bring.  Toe het die woord van Jehovah tot Semaʹja,+ die man van die ware God, gekom en gesê:  “Praat met Rehaʹbeam, die seun van Salomo, die koning van Juda,+ en met die hele Israel in Juda en Benjamin en sê:  ‘Só het Jehovah gesê: “Julle mag nie optrek en teen julle broers veg nie.+ Keer terug, elkeen na sy huis, want hierdie saak het van mý gekom.”’”+ Toe het hulle die woord van Jehovah gehoorsaam en teruggekeer sonder om teen Jeroʹbeam op te trek.+  En Rehaʹbeam het in Jerusalem gewoon en versterkte stede in Juda gebou.  So het hy Betlehem+ en Etam+ en Tekoʹa+ herbou,  en Bet-Sur+ en Sogo+ en Adulʹlam,+  en Gat+ en Mareʹsa+ en Sif,+  en Adoraʹim en Lagis+ en Aseʹka,+ 10  en Sora+ en Aʹjalon+ en Hebron,+ versterkte stede wat in Juda en Benjamin was. 11  Verder het hy die vestings versterk+ en leiers+ daarin geplaas en voorrade voedsel en olie en wyn, 12  en in al die verskillende stede groot skilde+ en lanse;+ en hy het hulle in baie groot mate versterk. En Juda en Benjamin het syne gebly. 13  En die priesters en die Leviete wat in die hele Israel was, het uit al hulle gebiede by hom gestaan. 14  Want die Leviete het hulle weivelde+ en hulle besitting+ verlaat en toe na Juda en Jerusalem gekom,+ omdat Jeroʹbeam+ en sy seuns hulle ontslaan het+ sodat hulle Jehovah nie meer as priesters kon dien nie. 15  En hy het vir hom priesters aangestel vir die hoogtes+ en vir die demone in bokgedaantes+ en vir die kalwers wat hy gemaak het.+ 16  En ná hulle het uit al die stamme van Israel dié wat hulle hart gegee het om Jehovah, die God van Israel, te soek, na Jerusalem gekom+ om aan Jehovah, die God van hulle voorvaders, offerandes te bring.+ 17  En hulle het drie jaar lank die koningskap van Juda versterk+ en Rehaʹbeam, die seun van Salomo, bevestig, want hulle het drie jaar lank in die weg van Dawid en Salomo gewandel.+ 18  Toe het Rehaʹbeam Maʹhalat, die dogter van Jeʹrimot, die seun van Dawid, en van Abiʹhail, die dogter van Eliʹab,+ die seun van Isai, as vrou geneem. 19  Met verloop van tyd het sy vir hom seuns gebaar, Jeüs en Semarʹja en Saham. 20  En ná haar het hy Maʹäga,+ die kleindogter van Absalom,+ geneem. Met verloop van tyd het sy vir hom Abiʹa+ en Attai en Sisa en Seʹlomit gebaar. 21  En Rehaʹbeam het Maʹäga, die kleindogter van Absalom, liewer gehad as al sy ander vrouens+ en sy byvrouens; want hy het agtien vrouens geneem, ook sestig byvrouens, sodat hy die vader van agt-en-twintig seuns en sestig dogters geword het. 22  Gevolglik het Rehaʹbeam Abiʹa, die seun van Maʹäga, as hoof aangestel, as leier onder sy broers, want hy het daaraan gedink om hom koning te maak. 23  Hy het egter verstandig gehandel+ en van al sy seuns versprei in al die landstreke van Juda en van Benjamin,+ in al die versterkte stede,+ en aan hulle voedsel in oorvloed gegee+ en vir hulle ’n menigte vrouens gekry.+

Voetnote