2 Kronieke 12:1-16

12  En net toe die koningskap van Rehaʹbeam stewig gevestig was+ en net toe hy sterk was, het hy die wet van Jehovah verlaat,+ en ook die hele Israel+ saam met hom.  En in die vyfde jaar van koning Rehaʹbeam+ het Sisak,+ die koning van Egipte, teen Jerusalem opgetrek (want hulle het hulle ontrou teenoor Jehovah gedra),+  met twaalfhonderd strydwaens+ en met sestigduisend ruiters; en die manskappe wat saam met hom uit Egipte gekom het, was ontelbaar+—Libiërs,+ Sukkiete en Etiopiërs.+  En hy het die versterkte stede ingeneem wat aan Juda behoort het+ en eindelik tot by Jerusalem gekom.+  En wat die profeet Semaʹja+ betref, hy het na Rehaʹbeam en die vorste van Juda gekom, wat weens Sisak in Jerusalem bymekaargekom het, en vir hulle gesê: “Só het Jehovah gesê: ‘Wat julle betref, julle het my verlaat,+ en wat my betref, ek het julle ook aan die hand van Sisak oorgelaat.’”+  Daarop het die vorste van Israel en die koning hulle verneder+ en gesê: “Jehovah is regverdig.”+  En toe Jehovah sien+ dat hulle hulle verneder het, het die woord van Jehovah tot Semaʹja+ gekom en gesê: “Hulle het hulle verneder.+ Ek sal hulle nie verdelg nie, en oor ’n klein rukkie sal ek beslis aan hulle ontkoming verskaf, en my woede sal nie deur die hand van Sisak+ oor Jerusalem uitgestort word nie.  Maar hulle sal sy knegte word,+ sodat hulle die verskil tussen my diens+ en die diens van die koninkryke van die lande+ kan ken.”  En Sisak,+ die koning van Egipte, het teen Jerusalem opgetrek en die skatte van die huis van Jehovah+ en die skatte van die koning se huis+ geneem. Hy het alles geneem; en hy het ook die goue skilde geneem wat Salomo gemaak het.+ 10  Gevolglik het koning Rehaʹbeam koperskilde in die plek daarvan gemaak, en hy het dit aan die toesig van die hoofde van die hardlopers+ toevertrou, die wagte+ van die ingang van die koning se huis.+ 11  En elke keer as die koning na die huis van Jehovah gegaan het, het die hardlopers ingekom en dit gedra en dit na die wagkamer van die hardlopers teruggebring.+ 12  En omdat hy hom verneder het, het Jehovah se toorn van hom gewyk,+ en hy het nie daaraan gedink om hulle heeltemal te verdelg nie.+ En daar was bowendien goeie dinge in Juda.+ 13  En koning Rehaʹbeam het sy posisie in Jerusalem voortdurend versterk en het bly regeer; want Rehaʹbeam+ was een-en-veertig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het sewentien jaar regeer in Jerusalem, die stad+ wat Jehovah uit al die stamme van Israel gekies het om sy naam daar te vestig.+ En sy moeder se naam was Naäma,+ die Ammonitiese vrou.+ 14  Maar hy het gedoen wat sleg was,+ want hy het nie sy hart onwrikbaar daarop gerig om Jehovah te soek nie.+ 15  Wat Rehaʹbeam se aangeleenthede betref, die eerstes en die laastes,+ is dit nie opgeteken onder die woorde van die profeet Semaʹja+ en van die siener Iddo+ volgens die geslagsregister nie? En daar was die hele tyd oorloë tussen Rehaʹbeam+ en Jeroʹbeam.+ 16  Uiteindelik het Rehaʹbeam met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is in die Stad van Dawid+ begrawe; en sy seun Abiʹa+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote