2 Kronieke 14:1-15

14  Uiteindelik het Abiʹa met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom in die Stad van Dawid+ begrawe; en sy seun Asa+ het in sy plek begin regeer. In sy dae het die land tien jaar lank rus gehad.+  En Asa het gedoen wat goed en reg was in die oë van Jehovah sy God.  En hy het die vreemde altare+ en die hoogtes+ verwyder en die heilige pilare stukkend gebreek+ en die heilige pale afgekap.+  Verder het hy vir Juda gesê dat hulle Jehovah, die God van hulle voorvaders, moet soek+ en die wet+ en die gebod+ moet uitvoer.  En hy het die hoogtes en die reukwerkstaanders+ uit al die stede van Juda verwyder; en die koninkryk het voor hom rus gehad.+  En hy het versterkte stede in Juda gebou,+ want die land het rus gehad; en in hierdie jare was daar geen oorlog teen hom nie, want Jehovah het hom rus gegee.+  Toe het hy vir Juda gesê: “Laat ons hierdie stede bou en mure+ rondom maak, en torings,+ dubbele deure en grendels.+ Vir ons is die land nog beskikbaar, omdat ons Jehovah ons God gesoek het.+ Ons het gesoek, en hy gee ons aan alle kante rus.”+ En hulle het gebou en was suksesvol.+  En Asa het ’n krygsmag gehad wat die groot skild+ en lans+ dra, driehonderdduisend uit Juda.+ En uit Benjamin was dié wat die klein skild dra en die boog span+ tweehonderd-en-tagtigduisend.+ Hulle almal was dapper, sterk manne.  Later het Serag, die Etiopiër,+ met ’n krygsmag van ’n miljoen man+ en driehonderd strydwaens teen hulle uitgetrek en tot by Mareʹsa+ gekom. 10  Toe het Asa teen hom uitgetrek, en hulle het hulle in die Sefaʹtavallei by Mareʹsa in slagorde opgestel. 11  En Asa het Jehovah sy God begin aanroep+ en gesê: “O Jehovah, wanneer dit by hulp kom, maak dit nie vir u saak of daar baie is of dié wat geen krag het nie.+ Help ons, o Jehovah ons God, want op u steun ons,+ en in u naam+ het ons teen hierdie menigte gekom. O Jehovah, u is ons God.+ Moenie die sterflike mens krag teen u laat behou nie.”+ 12  Daarop het Jehovah die Etiopiërs voor Asa en voor Juda verslaan,+ en die Etiopiërs het gevlug. 13  En Asa en die manskappe wat by hom was, het hulle tot by Gerar+ agtervolg, en die Etiopiërs het bly val totdat niemand van hulle meer gelewe het nie; want hulle is voor Jehovah+ en voor sy kamp+ verpletter. Daarna het hulle ’n baie groot hoeveelheid buit weggedra.+ 14  Verder het hulle al die stede rondom Gerar getref, want die vrees+ vir Jehovah het oor hulle gekom; en hulle het al die stede geplunder, want daar was baie daarin om te plunder.+ 15  En hulle het selfs die tente+ met vee getref sodat hulle baie kleinvee en kamele+ weggevoer het,+ waarna hulle na Jerusalem teruggekeer het.

Voetnote