2 Kronieke 16:1-14

16  In die ses-en-dertigste regeringsjaar van Asa het Baäsa,+ die koning van Israel, teen Juda opgetrek en Rama+ begin bou, om niemand te laat uitgaan of inkom na Asa, die koning van Juda, nie.+  Asa het toe silwer en goud uit die skatte van Jehovah se huis+ en die koning se huis+ gebring en het na Ben-Hadad,+ die koning van Sirië,+ wat in Damaskus+ gewoon het, gestuur en gesê:  “Daar is ’n verbond tussen my en u en tussen my vader en u vader. Kyk, ek stuur vir u silwer en goud. Gaan, verbreek u verbond met Baäsa,+ die koning van Israel, sodat hy van my af kan wegtrek.”+  Toe het Ben-Hadad na koning Asa geluister en die hoofde van sy krygsmag teen die stede van Israel gestuur, sodat hulle Ijon+ en Dan+ en Aʹbel-Maʹim+ en al die opslagplekke+ van die stede van Nafʹtali+ verslaan het.  En toe Baäsa daarvan hoor, het hy onmiddellik opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.+  Wat koning Asa betref, hy het die hele Juda geneem,+ en hulle het die klippe van Rama+ en die balke daarvan, waarmee Baäsa gebou het,+ weggedra, en hy het daarmee Geba+ en Mispa+ begin bou.  En in dié tyd het die siener Hanaʹni+ na Asa, die koning van Juda, gekom en toe vir hom gesê: “Omdat u op die koning van Sirië gesteun het+ en nie op Jehovah u God gesteun het nie,+ daarom het die krygsmag van die koning van Sirië uit u hand ontkom.  Was die Etiopiërs+ en die Libiërs+ nie ’n baie groot krygsmag wat getalle, strydwaens en ruiters betref nie;+ en het Jehovah hulle nie in u hand gegee omdat u op hom gesteun het nie?+  Want Jehovah se oë+ deurloop die hele aarde+ om sy krag te toon ten behoewe van dié wie se hart+ volkome teenoor hom is. Hierin het u dwaas opgetree,+ want van nou af sal daar oorloë teen u wees.”+ 10  Maar Asa het hom vir die siener vererg en hom in die blokgevangenis gesit,+ omdat hy hieroor vir hom woedend was.+ En Asa het in dieselfde tyd ander onder die volk begin verdruk.+ 11  En kyk! die aangeleenthede van Asa, die eerstes en die laastes, dit is opgeteken in die Boek+ van die konings van Juda en van Israel. 12  En Asa het in sy nege-en-dertigste regeringsjaar ’n siekte aan sy voete opgedoen, totdat hy baie siek was;+ en selfs in sy siekte het hy Jehovah nie gesoek nie,+ maar die genesers.+ 13  Uiteindelik het Asa met sy voorvaders ontslaap+ en gesterf in die een-en-veertigste jaar van sy regering. 14  En hulle het hom begrawe in sy luisterryke graf+ wat hy vir hom in die Stad van Dawid+ gegrawe het; en hulle het hom neergelê op die bed wat vol balsemolie+ was, en verskillende soorte salf+ wat tot ’n spesiale salf gemeng was.+ Verder het hulle ’n buitengewone groot begrafnisvuur+ vir hom aangesteek.

Voetnote