2 Kronieke 17:1-19

17  En sy seun Joʹsafat+ het in sy plek begin regeer en sy posisie oor Israel versterk.  En hy het ’n krygsmag in al die versterkte stede van Juda opgestel en garnisoene in die land van Juda geplaas en in die stede van Eʹfraim wat sy vader Asa ingeneem het.+  En Jehovah was voortdurend met Joʹsafat,+ omdat hy in die vroeëre weë van sy voorvader Dawid+ gewandel het en nie die Baäls gesoek het nie.+  Want hy het die God van sy vader gesoek+ en in sy gebod gewandel,+ en nie volgens die dade van Israel nie.+  En Jehovah het die koninkryk stewig gevestig in sy hand;+ en die hele Juda het aan Joʹsafat geskenke bly gee,+ en hy het rykdom en heerlikheid in oorvloed gehad.+  En sy hart het moedig geword in die weë+ van Jehovah, en hy het selfs die hoogtes+ en die heilige pale+ uit Juda verwyder.  En in die derde jaar van sy regering het hy sy vorste laat roep, naamlik Ben-Hail en Obadʹja en Sagariʹa en Netaʹnel en Migaʹja, om in die stede van Juda onderrig te gee,  en saam met hulle die Leviete, Semaʹja en Netanʹja en Sebadʹja en Aʹsahel en Semiʹramot en Joʹnatan en Adoʹnia en Tobiʹa en Tob-Adoʹnia, die Leviete, en saam met hulle die priesters+ Elisaʹma en Joram.  En hulle het in Juda onderrig begin gee+ en het die boek van Jehovah se wet+ by hulle gehad; en hulle het in al die stede van Juda bly rondgaan en onder die volk onderrig gegee. 10  En die vrees+ vir Jehovah het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, en hulle het nie teen Joʹsafat geveg nie.+ 11  En van die Filistyne af het hulle vir Joʹsafat geskenke+ en geld as skatting gebring.+ Ook die Arabiere+ het vir hom kleinvee gebring, seweduisend-sewehonderd ramme en seweduisend-sewehonderd bokramme.+ 12  En Joʹsafat het bly vooruitgaan en uitermate groot geword;+ en hy het vestings+ en voorraadstede+ in Juda gebou. 13  En baie belange het syne geword in die stede van Juda; en krygsmanne,+ dapper, sterk manne,+ was in Jerusalem. 14  En dít was hulle ampte volgens die huis van hulle voorvaders: Van Juda die hoofde oor duisend: die hoof Adnag, en saam met hom was daar driehonderdduisend dapper, sterk manne.+ 15  En onder sy leiding was die hoof Joʹhanan, en saam met hom was daar tweehonderd-en-tagtigduisend. 16  En onder sy leiding was Amasʹja, die seun van Sigri, wat hom vrywillig vir Jehovah aangebied het,+ en saam met hom was daar tweehonderdduisend dapper, sterk manne. 17  En uit Benjamin+ was die dapper, sterk man Elʹjada, en saam met hom was daar tweehonderdduisend man, toegerus met die boog en skild.+ 18  En onder sy leiding was Joʹsabad, en saam met hom was daar honderd-en-tagtigduisend man, toegerus vir die leër. 19  Hulle het die koning gedien, afgesien van dié wat die koning in die versterkte stede+ deur die hele Juda geplaas het.

Voetnote