2 Kronieke 19:1-11

19  Toe het Joʹsafat, die koning van Juda, in vrede na sy huis in Jerusalem teruggekeer.+  Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ die siener,+ het toe uitgegaan tot voor hom en vir koning Joʹsafat gesê: “Moet daar aan die goddelose hulp verleen word,+ en moet u lief wees vir dié wat Jehovah haat?+ En hiervoor is daar verontwaardiging+ teen u van die kant van Jehovah.  Daar is nietemin goeie+ dinge by u gevind, omdat u die heilige pale uit die land weggeruim het+ en u hart voorberei het om die ware God te soek.”+  En Joʹsafat het in Jerusalem gebly; en hy het weer onder die volk begin uitgaan, van Berseʹba+ af tot by die bergstreek van Eʹfraim,+ om hulle na Jehovah, die God van hulle voorvaders, terug te bring.+  En hy het regters aangestel in die hele land, in al die versterkte stede van Juda, stad vir stad.+  En hy het vir die regters gesê: “Kyk wat julle doen,+ want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir Jehovah;+ en hy is met julle in die regspraak.+  En laat die vrees+ vir Jehovah dan nou oor julle kom.+ Wees versigtig en tree op,+ want by Jehovah ons God is geen onregverdigheid+ of partydigheid+ of aanneming van ’n omkoopgeskenk+ nie.”  En ook in Jerusalem het Joʹsafat party van die Leviete+ en die priesters+ en party van die hoofde van die vaderhuise+ van Israel aangestel vir die regspraak+ van Jehovah en vir die regsake+ van die inwoners van Jerusalem.  Verder het hy hulle beveel en gesê: “So moet julle in die vrees+ van Jehovah handel met getrouheid en met ’n volkome hart. 10  Wat elke regsaak betref wat na julle toe sal kom van julle broers wat in hulle stede woon, oor bloedvergieting,+ oor wet+ en gebod+ en voorskrifte+ en regterlike beslissings,+ julle moet hulle waarsku sodat hulle nie iets verkeerds teen Jehovah doen en daar verontwaardiging+ oor julle en oor julle broers kom nie. So moet julle doen sodat julle julle nie skuld op die hals haal nie. 11  En kyk, die hoofpriester Amarʹja is oor julle vir elke saak van Jehovah;+ en Sebadʹja, die seun van Isʹmael, die leier van die huis van Juda, vir elke saak van die koning; en as beamptes is die Leviete tot julle beskikking. Wees sterk+ en tree op, en mag Jehovah+ wees met wat goed is.”+

Voetnote