2 Kronieke 2:1-18

2  Salomo het toe die bevel gegee om ’n huis+ vir Jehovah se naam+ en ’n huis vir sy koningskap+ te bou.  En Salomo het sewentigduisend man as lasdraers afgetel en tagtigduisend man as klipkappers in die gebergte+ en drieduisend-seshonderd as opsieners oor hulle.+  Verder het Salomo na Hiram,+ die koning van Tirus, gestuur en gesê: “Net soos u met my vader Dawid gehandel het+ en aan hom sederhout bly stuur het sodat hy vir hom ’n huis kon bou om in te woon—  kyk, ek bou+ ’n huis vir die naam+ van Jehovah my God om dit aan hom te heilig,+ om welriekende reukwerk+ voor hom te brand, met die altydblywende stapelbrood+ en die brandoffers soggens en saans,+ op die sabbatte+ en op die nuwemane+ en op die feestye+ van Jehovah ons God. Tot onbepaalde tyd+ is dit aan Israel opgelê.  En die huis wat ek bou, sal groot wees,+ want ons God is groter as al die ander gode.+  En wie het die krag om vir hom ’n huis te bou?+ Want die hemel en die hemel der hemele kan hom nie bevat nie,+ en wie is ek+ dat ek vir hom ’n huis sou bou, behalwe om offerrook voor hom te laat opgaan?+  Stuur dan nou vir my ’n vaardige man om goud en silwer en koper+ en yster en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi en blou weefgaring te bewerk, en wat weet hoe om graverings uit te sny, saam met die vaardige manne wat by my in Juda en in Jerusalem is, waarvoor my vader Dawid gesorg het.+  En stuur aan my seder-,+ jenewer-+ en algummimstompe+ uit die Liʹbanon,+ want ek weet goed dat u knegte ervare daarin is om die bome van die Liʹbanon af te kap+ (en kyk, my knegte is saam met u knegte),  ja, om baie stompe vir my gereed te maak, want die huis wat ek bou, sal groot wees, ja, op ’n wonderbare wyse. 10  En kyk! aan die houtkappers, dié wat die bome afkap, gee ek koring as voedsel vir u knegte, twintigduisend kor,+ en twintigduisend kor gars en twintigduisend bat wyn+ en twintigduisend bat olie.” 11  Daarop het Hiram, die koning van Tirus,+ in ’n brief wat hy aan Salomo gestuur het, gesê: “Omdat Jehovah sy volk liefgehad het,+ het hy u as koning oor hulle aangestel.”+ 12  En Hiram het verder gesê: “Mag Jehovah, die God van Israel, wat die hemel en die aarde gemaak het,+ geloof word+ omdat hy aan koning Dawid ’n wyse seun gegee het, ervare in oordeelkundigheid en begrip,+ wat ’n huis vir Jehovah en ’n huis vir sy koningskap sal bou.+ 13  En ek stuur dan nou ’n vaardige man, ervare in begrip, Hiram-Abi,+ 14  die seun van ’n vrou uit die kinders van Dan, maar wie se vader ’n man van Tirus was, ervare, om goud en silwer, koper,+ yster, stene+ en hout, purperrooigekleurde wol,+ blou weefgaring+ en fyn+ weefstof en karmosynrooi weefgaring+ te bewerk en om allerhande graverings uit te sny+ en om allerhande planne te ontwerp+ wat aan hom opgedra word, saam met u vaardige manne en die vaardige manne van my heer Dawid, u vader. 15  En laat my heer dan nou die koring en die gars, die olie en die wyn wat hy beloof het, aan sy knegte stuur.+ 16  Wat ons betref, ons sal bome uit die Liʹbanon kap+ volgens al u behoeftes,+ en ons sal dit vir u as vlotte oor die see+ na Joppe+ bring, en ú moet dit na Jerusalem opneem.” 17  Toe het Salomo al die manne getel wat inwonende vreemdelinge was, wat in die land van Israel was,+ ná die telling wat sy vader Dawid van hulle gehou het;+ en daar is gevind dat daar honderd-drie-en-vyftigduisend-seshonderd was. 18  En hy het sewentigduisend van hulle lasdraers+ gemaak en tagtigduisend klipkappers+ in die gebergte en drieduisend-seshonderd opsieners om die mense aan die werk te hou.+

Voetnote