2 Kronieke 20:1-37

20  En daarna het die kinders van Moab+ en die kinders van Ammon+ en saam met hulle party van die Ammonimʹ+ teen Joʹsafat gekom om oorlog te voer.+  Toe het mense gekom en Joʹsafat meegedeel en gesê: “Daar het ’n groot menigte teen u gekom uit die gebied van die see, uit Edom;+ en kyk, hulle is in Haʹsason-Taʹmar, dit wil sê En-Gedi.”+  Daarop het Joʹsafat bang geword+ en sy aangesig daarop gerig om Jehovah te soek.+ En hy het vir die hele Juda ’n vas+ uitgeroep.  Uiteindelik is Juda bymekaargebring om Jehovah te raadpleeg.+ Ja, uit al die stede van Juda het hulle gekom om Jehovah te raadpleeg.+  Toe het Joʹsafat in die gemeente van Juda en van Jerusalem opgestaan, in die huis van Jehovah,+ voor die nuwe voorhof,+  en hy het gesê:+ “O Jehovah, die God van ons voorvaders,+ is u nie God in die hemel+ nie, en heers u nie oor al die koninkryke van die nasies+ nie, en is daar nie in u hand krag en mag nie, sodat niemand teen u kan standhou nie?+  Het u, o ons God,+ nie die inwoners van hierdie land voor u volk Israel uit verdryf+ en dit toe tot onbepaalde tyd aan die saad van Abraham, wat u liefgehad het,+ gegee+ nie?  En hulle het daarin gaan woon, en hulle het daarin vir u ’n heiligdom vir u naam gebou+ en gesê:  ‘As daar rampspoed+ oor ons kom, swaard, strafgerig of pes+ of hongersnood,+ laat ons dan voor hierdie huis+ en voor u gaan staan (want u naam+ is in hierdie huis), sodat ons uit ons benoudheid tot u om hulp kan roep, en mag u hoor en red.’+ 10  En nou, kyk, die kinders van Ammon+ en Moab+ en die bergstreek Seïr,+ wat u Israel nie toegelaat het om binne te val toe hulle uit Egipteland gekom het nie, maar hulle het van hulle af weggedraai en hulle nie verdelg nie,+ 11  ja, kyk, hulle vergeld+ ons deur in te kom en ons te verdryf uit u besitting wat u ons laat besit het.+ 12  O ons God, sal u nie oordeel aan hulle voltrek nie?+ Want in ons is geen krag voor hierdie groot menigte wat teen ons kom nie;+ en ons weet nie wat ons behoort te doen nie,+ maar ons oë is op u.”+ 13  Die hele tyd het almal van Juda voor Jehovah gestaan,+ selfs hulle kindertjies,+ hulle vrouens en hulle seuns. 14  En wat Jahaʹsiël betref, die seun van Sagariʹa, die seun van Benaʹja, die seun van Jeïel, die seun van Mattanʹja, die Leviet uit die kinders van Asaf,+ die gees+ van Jehovah het in die midde van die gemeente oor hom gekom. 15  Gevolglik het hy gesê: “Skenk aandag, o hele Juda en inwoners van Jerusalem en koning Joʹsafat! Só het Jehovah vir julle gesê: ‘Moenie bang+ of verskrik wees weens hierdie groot menigte nie; want die stryd is nie julle s’n nie, maar God s’n.+ 16  Trek môre teen hulle af. Kyk, hulle kom op deur die pas Sis; en julle sal hulle beslis aan die einde van die stroomvallei voor die wildernis Jeruʹel aantref. 17  Julle sal in hierdie geval nie hoef te veg nie.+ Neem stelling in, staan stil+ en sien die redding+ van Jehovah ten behoewe van julle. O Juda en Jerusalem, moenie bang of verskrik wees nie.+ Trek môre teen hulle uit, en Jehovah sal met julle wees.’”+ 18  Dadelik het Joʹsafat laag gebuig met sy gesig na die aarde,+ en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor Jehovah neergeval om hulde aan Jehovah te bewys.+ 19  Toe het die Leviete+ uit die kinders van die Kehatiete+ en uit die kinders van die Koragiete+ opgestaan om Jehovah, die God van Israel, met ’n buitengewoon harde stem te loof.+ 20  En hulle het die oggend vroeg opgestaan en na die wildernis+ van Tekoʹa+ uitgetrek. En terwyl hulle uitgetrek het, het Joʹsafat opgestaan en toe gesê: “Luister na my, o Juda en inwoners van Jerusalem!+ Stel geloof+ in Jehovah julle God sodat julle lank kan bly bestaan. Stel geloof in sy profete+ en wees sodoende suksesvol.” 21  Verder het hy met die volk beraadslaag+ en sangers+ tot Jehovah opgestel en dié wat in heilige feesgewaad+ lof gebring het+ terwyl hulle voor die gewapende manne uit gegaan+ en gesê het: “LOOF Jehovah,+ want sy liefderyke goedhartigheid+ is tot onbepaalde tyd.” 22  En toe hulle met die vreugdegeroep en lof begin, het Jehovah manne in ’n hinderlaag opgestel+ teen die kinders van Ammon, Moab en die bergstreek Seïr wat Juda binnegekom het, en hulle het teen mekaar geveg.+ 23  En die kinders van Ammon en Moab het teen die inwoners van die bergstreek Seïr+ opgestaan om hulle aan vernietiging oor te gee en te verdelg; en net toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle elkeen gehelp om sy naaste te verdelg.+ 24  Maar Juda het by die wagtoring van die wildernis gekom.+ Toe hulle hulle gesigte na die menigte draai, kyk, toe het hulle lyke op die aarde gelê+ sonder dat iemand ontkom het. 25  Daarop het Joʹsafat en sy manskappe gekom om die buit+ by hulle te plunder, en hulle het ’n oorvloed goed sowel as klere en begeerlike voorwerpe by hulle gevind; en hulle het dit vir hulle afgestroop totdat hulle niks meer kon dra nie.+ En drie dae lank het hulle die buit geplunder, want dit was groot. 26  En op die vierde dag het hulle in die Beʹragalaagvlakte bymekaargekom, want daar het hulle Jehovah geloof.+ Daarom het hulle dié plek die Beʹragalaagvlakte genoem+—tot vandag toe. 27  Toe het al die manne van Juda en Jerusalem teruggekeer, met Joʹsafat aan die spits, om met blydskap na Jerusalem terug te keer, want Jehovah het hulle bly gemaak oor hulle vyande.+ 28  En hulle het met snaarinstrumente+ en met harpe+ en met trompette+ na Jerusalem gekom, na die huis van Jehovah.+ 29  En die vrees+ vir God het oor al die koninkryke van die lande gekom toe hulle hoor dat Jehovah teen die vyande van Israel geveg het.+ 30  So het die koninklike gebied van Joʹsafat rus gehad, en sy God het hom aan alle kante rus bly gee.+ 31  En Joʹsafat+ het oor Juda regeer. Hy was vyf-en-dertig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het vyf-en-twintig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Asuʹba,+ die dogter van Silhi. 32  En hy het in die weg van sy vader Asa+ bly wandel, en hy het nie daarvan afgewyk nie, deur te doen wat reg was in Jehovah se oë.+ 33  Net die hoogtes+ het nie verdwyn nie; en die volk het nog nie hulle hart voorberei vir die God van hulle voorvaders nie.+ 34  Wat die res van die aangeleenthede van Joʹsafat betref, die eerstes en die laastes, kyk, dit is opgeteken onder die woorde van Jehu,+ die seun van Hanaʹni,+ wat in die Boek+ van die konings van Israel opgeneem is. 35  En hierna het Joʹsafat, die koning van Juda, ’n vennootskap aangegaan met Ahaʹsia,+ die koning van Israel, wat goddeloos gehandel het.+ 36  En hy het hom sy vennoot gemaak om skepe te bou om na Tarsis+ te vaar, en hulle het in Eʹseon-Geʹber+ skepe gebou. 37  Maar Eliëser, die seun van Dodawaʹhu uit Mareʹsa, het profeties teen Joʹsafat gespreek en gesê: “Aangesien u ’n vennootskap met Ahaʹsia+ aangegaan het, sal Jehovah beslis u werke verbreek.”+ En die skepe het vergaan,+ en hulle was nie in staat om na Tarsis te vaar nie.+

Voetnote