2 Kronieke 21:1-20

21  Uiteindelik het Joʹsafat met sy voorvaders ontslaap,+ en hy is by sy voorvaders begrawe+ in die Stad van Dawid; en sy seun Joram+ het in sy plek begin regeer.  En hy het broers gehad, Joʹsafat se seuns, Asarʹja en Jehiʹël en Sagariʹa en Asarʹja en Miʹgael en Sefatʹja; hulle almal was die seuns van Joʹsafat, die koning van Israel.  Gevolglik het hulle vader hulle baie geskenke+ gegee in silwer en in goud en in keurige dinge saam met versterkte stede in Juda;+ maar die koninkryk het hy aan Joram gegee,+ want hy was die eersgeborene.+  Toe Joram oor die koninkryk van sy vader opstaan, het hy sy posisie versterk, en daarom het hy al sy broers met die swaard doodgemaak,+ en ook party van die vorste van Israel.  Joram was twee-en-dertig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het agt jaar in Jerusalem regeer.+  En hy het in die weg van die konings van Israel+ gewandel, net soos die huis van Agab gedoen het; want Agab se dogter het sy vrou geword,+ en hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+  En Jehovah wou die huis van Dawid nie verdelg nie,+ ter wille van die verbond+ wat hy met Dawid gesluit het, en net soos hy gesê het dat hy aan hom+ en aan sy seuns altyd ’n lamp sou gee.+  In sy dae het Edom+ in opstand gekom, onder die hand van Juda uit,+ en toe ’n koning oor hulle laat regeer.+  Daarom het Joram saam met sy hoofde oorgetrek, en ook al die strydwaens saam met hom. En hy het in die nag opgestaan en die Edomiete verslaan wat hom en ook die hoofde van die strydwaens omsingel het. 10  Maar tot vandag toe het Edom volgehou met sy opstand, onder die hand van Juda uit. Toe het Libna+ terselfdertyd in opstand begin kom, onder sy hand uit, omdat hy Jehovah, die God van sy voorvaders, verlaat het.+ 11  Hy het ook hoogtes+ op die berge van Juda gemaak, om die inwoners van Jerusalem onsedelike gemeenskap te laat hê+ en om Juda te verlei.+ 12  Uiteindelik het daar vir hom ’n brief+ van die profeet Eliʹa+ af gekom wat gesê het: “Só het Jehovah, die God van u voorvader Dawid, gesê: ‘Omdat jy nie in die weë van jou vader Joʹsafat+ of in die weë van Asa,+ die koning van Juda, gewandel het nie, 13  maar jy in die weg van die konings van Israel+ wandel en Juda en die inwoners van Jerusalem onsedelike gemeenskap laat hê+ net soos die huis van Agab veroorsaak het dat onsedelike gemeenskap gepleeg word,+ en jy selfs jou eie broers, die huisgesin van jou vader, wat beter as jy was, doodgemaak het;+ 14  kyk! Jehovah dien jou volk+ en jou seuns+ en jou vrouens en al jou goed ’n swaar slag+ toe. 15  En jy sal aan baie siektes ly,+ aan ’n kwaal van jou ingewande, totdat jou ingewande uitgekom het weens die siekte, dag na dag.’”+ 16  Toe het Jehovah die gees+ van die Filistyne+ en die Arabiere+ wat langsaan die Etiopiërs was,+ teen Joram opgewek. 17  En hulle het na Juda opgetrek en dit binnegedring en al die goed wat in die koning se huis+ te vinde was, en ook sy seuns en sy vrouens, weggevoer,+ en daar het vir hom geen seun oorgebly nie, behalwe Joʹahas,+ sy jongste seun. 18  En ná dit alles het Jehovah hom geteister met ’n siekte in sy ingewande waarvoor daar geen genesing was nie.+ 19  En in die latere dae, ja, toe die tydperk van twee volle jare verstryk het, het sy ingewande+ tydens sy siekte uitgekom, en hy het uiteindelik aan sy slegte kwale gesterf; en sy volk het nie vir hom ’n vuur aangesteek soos die vuur+ vir sy voorvaders nie. 20  Hy was twee-en-dertig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het agt jaar in Jerusalem regeer. Uiteindelik het hy weggegaan sonder dat hy begeer is.+ En hulle het hom in die Stad van Dawid begrawe,+ maar nie in die grafte van die konings nie.+

Voetnote