2 Kronieke 23:1-21

23  En in die sewende jaar het Joʹjada+ moedig opgetree en die hoofde oor honderd+ saam met hom in die verbond geneem, naamlik Asarʹja, die seun van Jeroʹham, en Isʹmael, die seun van Joʹhanan, en Asarʹja, die seun van Obed, en Maäseʹja, die seun van Adaʹja, en Elisaʹfat, die seun van Sigri.  Daarna het hulle deur die hele Juda rondgegaan en die Leviete+ uit al die stede van Juda en die hoofde+ van die vaderhuise+ van Israel bymekaargebring. En hulle het na Jerusalem gekom.  Toe het die hele gemeente in die huis+ van die ware God ’n verbond met die koning gesluit,+ waarna hy vir hulle gesê het: “Kyk! Die seun+ van die koning sal regeer,+ net soos Jehovah aangaande die seuns van Dawid beloof het.+  Dít is wat julle moet doen: ’n derde van julle wat op die sabbat inkom,+ van die priesters+ en van die Leviete,+ moet deurwagters+ wees;  en ’n derde moet by die huis van die koning+ wees; en ’n derde moet by die Fondamentpoort+ wees; en die hele volk moet in die voorhowe+ van die huis van Jehovah wees.  En moet niemand in die huis van Jehovah+ laat ingaan nie, behalwe die priesters en die diensdoende Leviete.+ Húlle moet ingaan, want hulle is ’n heilige groep,+ en die hele volk moet die verpligting teenoor Jehovah nakom.  En die Leviete moet ’n kring om die koning vorm,+ elkeen met sy wapens in sy hand; en elkeen wat in die huis inkom, moet doodgemaak word. En bly by die koning wanneer hy inkom en wanneer hy uitgaan.”  En die Leviete en die hele Juda het gedoen volgens alles wat die priester Joʹjada+ beveel het.+ Hulle het dus elkeen sy manne geneem wat op die sabbat inkom saam met dié wat op die sabbat uitgaan,+ want die priester Joʹjada het die afdelings+ nie van diens vrygestel nie.  Verder het die priester Joʹjada aan die hoofde oor honderd+ die spiese en die skilde en die ronde skilde+ gegee wat aan koning Dawid behoort het,+ wat in die huis van die ware God was.+ 10  En hy het die hele volk opgestel,+ ja, elkeen met sy werpspies in sy hand, van die regterkant van die huis af tot by die linkerkant van die huis, by die altaar en by die huis, rondom naby die koning. 11  Toe het hulle die koning se seun uitgebring+ en die kroon+ en die Getuienis+ op hom gesit en hom koning gemaak, en so het Joʹjada en sy seuns hom gesalf+ en gesê: “Mag die koning lewe!”+ 12  Toe Ataʹlia die geluid hoor van die volk wat hardloop en die koning loof,+ het sy dadelik na die volk toe gekom in die huis van Jehovah. 13  Toe het sy gesien, en kyk, die koning het by sy pilaar+ by die ingang gestaan, en die vorste+ en die trompetblasers+ by die koning, en die hele volk van die land was bly+ en het op die trompette geblaas,+ en die sangers+ met die instrumente vir sang en dié wat die teken gegee het om lof te bring. Onmiddellik het Ataʹlia haar klere geskeur en gesê: “’n Sameswering! ’n Sameswering!”+ 14  Maar die priester Joʹjada het die hoofde oor honderd, die aangesteldes van die krygsmag, uitgebring en vir hulle gesê: “Neem haar tussen die rye uit;+ en elkeen wat agter haar aan kom, moet met die swaard doodgemaak word!” Want die priester het gesê: “Julle mag haar nie in die huis van Jehovah doodmaak nie.” 15  En hulle het die hande aan haar geslaan. Toe sy by die ingang van die perdepoort van die koning se huis kom, het hulle haar dadelik daar doodgemaak.+ 16  Toe het Joʹjada ’n verbond gesluit tussen hom en die hele volk en die koning, dat hulle die volk+ van Jehovah sou bly. 17  Daarna het die hele volk na die huis van Baäl gegaan en dit afgebreek;+ en sy altare+ en sy beelde het hulle stukkend gebreek,+ en hulle het die Baälpriester Mattan+ voor die altare doodgemaak.+ 18  Verder het Joʹjada die ampte van die huis van Jehovah in die hand van die priesters en die Leviete geplaas, wat Dawid+ in afdelings oor die huis van Jehovah aangestel het om die brandoffers van Jehovah te bring volgens wat in die wet van Moses geskrywe staan,+ met blydskap en met liedere deur die hande van Dawid. 19  En hy het die poortwagters+ by die poorte+ van die huis van Jehovah opgestel sodat niemand kon inkom wat in enige opsig onrein was nie. 20  Hy het toe die hoofde oor honderd+ en die vernames en die heersers oor die volk en die hele volk van die land geneem en die koning uit die huis van Jehovah afgebring.+ Toe het hulle deur die boonste poort by die koning se huis gekom en die koning op die troon+ van die koninkryk laat sit. 21  En die hele volk van die land was bly;+ en die stad het rus gehad, en hulle het Ataʹlia met die swaard doodgemaak.+

Voetnote