2 Kronieke 25:1-28

25  Amaʹsia+ het op die ouderdom van vyf-en-twintig jaar koning geword, en hy het nege-en-twintig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Joʹaddan,+ van Jerusalem.  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ maar nie met ’n volkome+ hart nie.  En toe die koninkryk vir hom sterk geword het, het hy dadelik sy knegte+ doodgemaak+ wat die koning, sy vader, doodgemaak het.+  En hulle kinders het hy nie doodgemaak nie, maar gedoen volgens wat in die wet, in die boek van Moses,+ geskrywe staan, wat Jehovah beveel het deur te sê: “Vaders mag nie vir kinders sterf nie,+ en kinders mag ook nie vir vaders sterf nie;+ maar elkeen moet vir sy eie sonde sterf.”+  En Amaʹsia het Juda bymekaargebring en hulle volgens die huis van hulle voorvaders+ opgestel, volgens die hoofde oor duisend+ en volgens die hoofde oor honderd,+ vir die hele Juda en Benjamin; en hy het hulle van twintig+ jaar en ouer geregistreer, en uiteindelik het hy gevind dat hulle driehonderdduisend uitgesoekte manne was wat in die leër uittrek, wat lans+ en groot skild+ kon hanteer.  Verder het hy uit Israel honderdduisend dapper, sterk manne vir honderd talente silwer gehuur.  En ’n sekere man van die ware God+ het na hom toe gekom en gesê: “O koning, moenie die leër van Israel saam met u laat gaan nie, want Jehovah is nie met Israel,+ dit wil sê met al die kinders van Eʹfraim nie.  Maar gaan self, tree op, wees moedig vir die oorlog.+ Die ware God kan u voor ’n vyand laat struikel; want by God is daar krag om te help+ en om te laat struikel.”+  Hierop het Amaʹsia+ vir die man van die ware God gesê: “Maar wat moet gedoen word omtrent die honderd talente wat ek aan die troepe van Israel gegee het?”+ Toe het die man van die ware God gesê: “By Jehovah bestaan die vermoë om u baie meer as dit te gee.”+ 10  Daarop het Amaʹsia hulle afgesonder, naamlik die troepe wat uit Eʹfraim na hom toe gekom het, om na hulle eie plek te gaan. Hulle toorn het egter hewig ontvlam teen Juda, sodat hulle in gloeiende toorn+ na hulle eie plek teruggekeer het. 11  En wat Amaʹsia betref, hy het moed geskep en sy eie manskappe aangevoer en na die Soutvallei+ getrek; en hy het die kinders van Seïr+ verslaan, tienduisend van hulle.+ 12  En die kinders van Juda het tienduisend lewend gevange geneem. Toe het hulle hulle na die top van die krans gebring en hulle van die top van die krans afgegooi; en hulle almal het hulle te pletter geval.+ 13  Wat die lede van die troepe betref wat Amaʹsia teruggestuur het sodat hulle nie saam met hom in die oorlog sou trek nie,+ hulle het invalle begin doen in die stede van Juda, van Samariʹa+ af tot by Bet-Horon,+ en het drieduisend van hulle verslaan en baie roofgoed geneem. 14  Maar toe Amaʹsia terugkom nadat hy die Edomiete verslaan het, het hy die gode+ van die kinders van Seïr gebring en hulle vir hom as gode opgestel,+ en hy het hom voor hulle begin neerbuig+ en vir hulle offerrook laat opgaan.+ 15  Gevolglik het Jehovah se toorn teen Amaʹsia ontvlam, en daarom het hy ’n profeet na hom toe gestuur en vir hom gesê: “Waarom het jy die gode van die volk+ gesoek+ wat hulle eie volk nie uit jou hand verlos het nie?”+ 16  En toe hy met hom praat, het die koning onmiddellik vir hom gesê: “Het ons jou as ’n raadgewer van die koning aangestel?+ Hou om jou eie onthalwe op.+ Waarom moet hulle jou doodmaak?” Daarop het die profeet opgehou, maar hy het gesê: “Ek weet beslis dat God hom voorgeneem het om u te verdelg,+ omdat u dit gedoen het+ en nie na my raad geluister het nie.”+ 17  Toe het Amaʹsia, die koning van Juda, beraadslaag en na Joas, die seun van Joʹahas, die seun van Jehu, die koning van Israel,+ gestuur en gesê: “Kom! Laat ons mekaar se aangesig sien.”+ 18  Daarop het Joas, die koning van Israel, na Amaʹsia, die koning van Juda, gestuur en gesê:+ “Die doringrige onkruid wat op die Liʹbanon was, het na die seder wat op die Liʹbanon+ was, gestuur en gesê: ‘Gee tog jou dogter aan my seun as vrou.’+ Maar ’n wilde dier+ van die veld wat op die Liʹbanon was, het verbygegaan en die doringrige onkruid vertrap. 19  U het by uself gesê: Kyk, jy het Edom+ verslaan. En u hart+ het u verhef om verheerlik te word.+ Bly nou in u eie huis.+ Waarom sou u in ’n slegte posisie+ die stryd aanknoop en moet val, u en Juda saam met u?”+ 20  Maar Amaʹsia het nie geluister nie; want dit het van die ware God+ gekom met die doel om hulle in sy hand te gee, omdat hulle die gode van Edom+ gesoek het. 21  Toe het Joas, die koning van Israel, opgetrek,+ en hulle het mekaar se aangesig gesien,+ hy en Amaʹsia, die koning van Juda, by Bet-Semes,+ wat aan Juda behoort. 22  En Juda is voor Israel verslaan,+ sodat hulle gevlug het, elkeen na sy tent.+ 23  En Joas, die koning van Israel, het Amaʹsia, die koning van Juda, die seun van Joas, die seun van Joʹahas, by Bet-Semes gevange geneem,+ waarna hy hom na Jerusalem+ gebring het en ’n gat in die muur van Jerusalem gebreek het, van die Eʹfraimspoort+ af tot by die Hoekpoort,+ vierhonderd el. 24  En hy het al die goud en die silwer geneem, en al die voorwerpe wat in die huis van die ware God by Obed-Edom+ te vinde was, en die skatte van die koning se huis+ en die gyselaars, en toe na Samariʹa+ teruggekeer. 25  En Amaʹsia,+ die seun van Joas, die koning van Juda, het ná die dood van Joas,+ die seun van Joʹahas, die koning van Israel, nog vyftien jaar gelewe.+ 26  Wat die res van die aangeleenthede van Amaʹsia betref, die eerstes en die laastes,+ kyk! is dit nie opgeteken in die Boek+ van die konings van Juda en Israel nie?+ 27  En van die tyd af dat Amaʹsia daarvan afgewyk het om Jehovah te volg, het hulle in Jerusalem ’n sameswering+ teen hom gesmee. Eindelik het hy na Lagis+ gevlug; maar hulle het hom laat agtervolg na Lagis en hom daar doodgemaak.+ 28  Toe het hulle hom op perde vervoer+ en hom by sy voorvaders in die stad van Juda begrawe.+

Voetnote