2 Kronieke 26:1-23

26  Daarna het die hele volk+ van Juda Ussiʹa+ geneem, wat sestien jaar oud was, en hulle het hom koning gemaak+ in die plek van sy vader Amaʹsia.+  Dit was hy wat Elot+ herbou het en dit toe vir Juda teruggekry het nadat die koning met sy voorvaders ontslaap het.+  Ussiʹa+ was sestien jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het twee-en-vyftig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Jegolʹja,+ van Jerusalem.  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ volgens alles wat sy vader Amaʹsia gedoen het.+  En hy het voortdurend daarna gestreef om God te soek+ in die dae van Sagariʹa, die onderrigter in die vrees van die ware God;+ en in die dae dat hy Jehovah gesoek het, het die ware God hom voorspoedig gemaak.+  En hy het uitgetrek en teen die Filistyne+ geveg en deur die muur van Gat+ en die muur van Jabneʹ+ en die muur van Asdod+ gebreek, waarna hy stede gebou het in die gebied van Asdod+ en onder die Filistyne.  En die ware God het hom voortdurend gehelp+ teen die Filistyne en teen die Arabiere+ wat in Gur-Baäl gewoon het en die Meüniete.+  En die Ammoniete+ het aan Ussiʹa skatting+ begin gee. Uiteindelik het sy roem+ selfs tot by Egipte versprei, want hy het buitengewone sterkte geopenbaar.  Bowendien het Ussiʹa torings+ gebou in Jerusalem by die Hoekpoort+ en by die Valleipoort+ en by die Steunmuur, en hy het hulle versterk. 10  Verder het hy in die wildernis torings+ gebou en baie reënputte uitgekap (want hy het baie vee bekom), en ook in die Sjefeʹla+ en op die hoogvlakte. Daar was landbouers en wingerdarbeiders in die berge en op die Karmel, want hy was lief vir die landbou. 11  Bowendien het Ussiʹa ’n strydmag gehad wat oorlog kon voer, dié wat in troepe+ vir krygsdiens uitgetrek het, volgens die getal van hulle registrasie+ deur die hand van Jeïel, die sekretaris,+ en Maäseʹja, die beampte, onder leiding+ van Hananʹja, een van die koning se vorste.+ 12  Die volle getal van die hoofde van die vaderhuise,+ van die dapper,+ sterk manne,+ was tweeduisend-seshonderd. 13  En onder hulle leiding was die leërmag driehonderd-en-seweduisend-vyfhonderd man wat oorlog kon voer met die krag van ’n krygsmag om die koning te help teen die vyand.+ 14  En Ussiʹa het vir hulle, vir die hele leër, skilde+ en lanse+ en helms+ en pantsers+ en boë+ en slingerklippe+ bly gereedmaak. 15  Verder het hy in Jerusalem oorlogswerktuie gemaak, die uitvinding van werktuigkundiges, sodat dit op die torings+ en op die hoeke kon wees, om pyle en groot klippe te skiet. Gevolglik het sy roem+ baie ver versprei, want hy is op ’n wonderbare wyse gehelp totdat hy sterk was. 16  Maar net toe hy sterk geword het, het sy hart so hoogmoedig+ geword dat dit verderf aangerig het,+ sodat hy ontrou gehandel het teenoor Jehovah sy God en in die tempel van Jehovah ingegaan het om reukwerk op die reukaltaar te brand.+ 17  Onmiddellik het die priester Asarʹja en saam met hom priesters van Jehovah, tagtig dapper manne, agter hom aan ingegaan. 18  Toe het hulle teen koning Ussiʹa opgestaan+ en vir hom gesê: “Dit is nie u taak,+ o Ussiʹa, om vir Jehovah reukwerk te brand nie, maar dit is die taak van die priesters, die seuns van Aäron,+ die geheiligdes, om reukwerk te brand. Gaan uit die heiligdom uit; want u het ontrou gehandel, en dit bring u geen eer+ van die kant van Jehovah God nie.” 19  Maar Ussiʹa het woedend geword+ terwyl daar in sy hand ’n reukvat+ was om reukwerk te brand, en in sy woede teen die priesters het melaatsheid+ op sy voorkop uitgeslaan+ voor die priesters, in die huis van Jehovah langs die reukaltaar. 20  Toe Asarʹja, die hoofpriester, en al die priesters na hom toe draai, kyk, toe was hy aan sy voorkop met melaatsheid getref!+ En hulle het hom opgewonde daarvandaan begin verwyder, en ook hy het hom gehaas om uit te gaan, omdat Jehovah hom getref het.+ 21  En koning Ussiʹa+ het tot die dag van sy dood ’n melaatse gebly, en hy het vrygestel van pligte in ’n huis gewoon, as ’n melaatse;+ want hy was van die huis van Jehovah afgesny, terwyl sy seun Jotam oor die koning se huis was en die volk van die land gerig het. 22  En die res van die aangeleenthede van Ussiʹa,+ die eerstes en die laastes, het die profeet Jesaja,+ die seun van Amos,+ opgeteken. 23  Uiteindelik het Ussiʹa met sy voorvaders ontslaap; en hulle het hom by sy voorvaders begrawe, maar in die veld van die begraafplaas wat aan die konings behoort het,+ want hulle het gesê: “Hy is ’n melaatse.” En sy seun Jotam+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote