2 Kronieke 27:1-9

27  Jotam+ was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het sestien jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Jeruʹsa,+ die dogter van Sadok.  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ volgens alles wat sy vader Ussiʹa gedoen het.+ Hy het net nie die tempel van Jehovah binnegedring nie.+ Die volk het egter nog verderflik gehandel.+  Hy het die boonste poort+ van Jehovah se huis gebou, en aan die muur van Ofel+ het hy baie bouwerk gedoen.  En hy het stede+ in die bergstreek van Juda+ gebou, en in die boswêreld+ het hy vestings+ en torings+ gebou.  En hy het teen die koning van die kinders van Ammon+ oorlog gevoer en het uiteindelik die oorhand oor hulle gekry, sodat die kinders van Ammon hom in dié jaar honderd talente silwer en tienduisend kor+ koring+ en tienduisend kor gars+ gegee het. Dit het die kinders van Ammon hom betaal, ook in die tweede en die derde jaar.+  En Jotam het hom bly versterk, want hy het sy weë voor Jehovah sy God berei.+  Wat die res van die aangeleenthede van Jotam+ en al sy oorloë en sy weë betref, kyk, dit is opgeteken in die Boek+ van die konings van Israel en van Juda.  Hy was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het sestien jaar in Jerusalem regeer.+  Uiteindelik het Jotam met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom in die Stad van Dawid+ begrawe. En sy seun Agas+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote