2 Kronieke 29:1-36

29  Hiskiʹa+ het op die ouderdom van vyf-en-twintig jaar koning geword, en hy het nege-en-twintig jaar in Jerusalem regeer. En sy moeder se naam was Abiʹa, die dogter van Sagariʹa.+  En hy het bly doen wat reg was in Jehovah se oë,+ volgens alles wat sy voorvader Dawid gedoen het.+  Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van Jehovah oopgemaak en hulle begin herstel.+  Toe het hy die priesters en die Leviete gebring en hulle op die oop plek+ aan die oostekant versamel.  En hy het vir hulle gesê: “Luister na my, Leviete. Heilig+ julle nou, en heilig die huis van Jehovah, die God van julle voorvaders, en bring wat onrein is, uit die heiligdom+ uit.  Want ons vaders het ontrou gehandel+ en het gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah ons God,+ sodat hulle hom verlaat het+ en hulle aangesig van die tabernakel van Jehovah afgewend+ en dit die agterkant van die nek toegekeer het.  Ook het hulle die deure+ van die portaal toegemaak en die lampe uitgedoof gelaat+ en geen reukwerk gebrand+ en geen brandoffer in die heiligdom aan die God van Israel gebring nie.+  En Jehovah se verontwaardiging+ het oor Juda en Jerusalem gekom, sodat hy hulle ’n voorwerp van bewing+ gemaak het, ’n voorwerp van verbasing+ en iets om oor te fluit,+ net soos julle met julle eie oë sien.  En kyk, hieroor het ons voorvaders deur die swaard geval+ en was ons seuns en ons dogters en ons vrouens in gevangenskap.+ 10  Nou lê dit my na aan die hart om ’n verbond+ te sluit met Jehovah, die God van Israel, sodat sy brandende toorn van ons kan wyk. 11  My seuns, moet julle nou nie aan rus oorgee nie,+ want Jehovah het júlle uitgekies om voor hom te staan om hom te dien+ en om voort te gaan om sy dienaars+ te wees en offerrook te laat opgaan.”+ 12  Daarop het die Leviete+ opgestaan: Mahat, die seun van Amaʹsai, en Joël, die seun van Asarʹja, uit die kinders van die Kehatiete;+ en uit die kinders van Meraʹri:+ Kis, die seun van Abdi, en Asarʹja, die seun van Jehalʹlelel; en uit die Gersoniete:+ Joag, die seun van Simma, en Eden, die seun van Joag; 13  en uit die kinders van Eliʹsafan:+ Simri en Jeüel; en uit die kinders van Asaf:+ Sagariʹa en Mattanʹja; 14  en uit die kinders van Heman:+ Jehiʹël en Siʹmeï; en uit die kinders van Jeduʹtun:+ Semaʹja en Usʹsiël. 15  Toe het hulle hulle broers bymekaargebring en hulle geheilig+ en volgens die koning se gebod ooreenkomstig die woorde+ van Jehovah gekom om die huis van Jehovah te reinig.+ 16  Die priesters het toe in die huis van Jehovah ingegaan om dit te reinig en het al die onreinheid wat hulle in die tempel van Jehovah gevind het, uitgebring na die voorhof+ van die huis van Jehovah. En die Leviete het dit ontvang om dit na buite, na die Kidronstroomvallei,+ te neem. 17  So het hulle op die eerste dag van die eerste maand met die heiliging begin, en op die agtste dag van die maand het hulle by die portaal+ van Jehovah gekom; sodat hulle die huis van Jehovah in agt dae geheilig het, en op die sestiende dag van die eerste+ maand was hulle klaar. 18  Daarna het hulle by koning Hiskiʹa ingekom en gesê: “Ons het die hele huis van Jehovah gereinig, die brandofferaltaar+ en al sy voorwerpe+ en die tafel+ van die stapelbrood en al sy voorwerpe.+ 19  En al die voorwerpe+ wat koning Agas+ tydens sy regering in sy ontrouheid+ buite gebruik gestel het, het ons gereedgemaak en geheilig;+ en kyk, dit is voor die altaar van Jehovah.” 20  En koning Hiskiʹa+ het vroeg opgestaan+ en die vorste+ van die stad bymekaargebring en na die huis van Jehovah opgegaan. 21  En hulle het sewe bulle+ en sewe ramme en sewe ramlammers en sewe bokramme as ’n sondoffer+ vir die koninkryk en vir die heiligdom en vir Juda gebring. Toe het hy vir die seuns van Aäron, die priesters,+ gesê om dit op die altaar van Jehovah te offer. 22  Daarop het hulle die beeste geslag,+ en die priesters het die bloed opgevang+ en dit op die altaar gesprinkel;+ waarna hulle die ramme+ geslag en die bloed op die altaar gesprinkel het,+ en hulle het die ramlammers geslag en die bloed op die altaar gesprinkel. 23  Toe het hulle die bokramme+ van die sondoffer nader gebring voor die koning en die gemeente en hulle hande daarop gelê.+ 24  Die priesters het dit toe geslag en met die bloed daarvan ’n sondoffer op die altaar gebring, om vir die hele Israel versoening te doen;+ want die koning het gesê dat die brandoffer en die sondoffer vir die hele Israel+ moet+ wees. 25  Intussen het hy die Leviete+ by die huis van Jehovah opgestel, met simbale,+ met snaarinstrumente+ en met harpe,+ volgens die gebod van Dawid+ en van Gad,+ die koning se siener, en van die profeet Natan,+ want deur die hand van Jehovah was die gebod deur middel van sy profete.+ 26  En die Leviete het met die instrumente+ van Dawid bly staan, en ook die priesters met die trompette.+ 27  Toe het Hiskiʹa gesê dat die brandoffer op die altaar geoffer moet word; en toe die brandoffer begin, het die lied+ van Jehovah begin, en ook die trompette, ja, onder begeleiding van die instrumente van Dawid, die koning van Israel. 28  En die hele gemeente het hulle neergebuig+ terwyl die lied weerklink het+ en die trompette geskal het—dit alles totdat die brandoffer afgehandel was. 29  En net toe hulle dit klaar geoffer het, het die koning en almal wat by hom was, laag gebuig en hulle neergewerp.+ 30  Koning Hiskiʹa en die vorste+ het toe vir die Leviete gesê om Jehovah met die woorde van Dawid+ en van die siener Asaf+ te loof. Hulle het dus lof begin bring, ja, met blydskap,+ en hulle het bly buig en hulle neergewerp.+ 31  Uiteindelik het Hiskiʹa geantwoord en gesê: “Nou het julle julle hand met mag gevul+ vir Jehovah. Kom nader en bring offerandes+ en dankoffers+ na die huis van Jehovah.” En die gemeente het offerandes en dankoffers begin bring, en ook elkeen wat gewillig van hart was, brandoffers.+ 32  En die getal van die brandoffers wat die gemeente gebring het, was sewentig beeste, honderd ramme, tweehonderd ramlammers—dit alles as ’n brandoffer aan Jehovah;+ 33  en ook die heilige offers, seshonderd beeste en drieduisend stuks kleinvee. 34  Net die priesters+ was te min, en hulle kon nie al die brandoffers afslag nie.+ Daarom het hulle broers,+ die Leviete, hulle gehelp totdat die werk klaar was+ en totdat die priesters hulleself kon heilig,+ want die Leviete was opregter+ van hart om hulleself te heilig as die priesters. 35  En ook was daar baie brandoffers+ met die vetstukke+ van die gemeenskapsoffers+ en met die drankoffers+ vir die brandoffers. So is die diens van die huis van Jehovah gereël.+ 36  Gevolglik was Hiskiʹa en die hele volk bly omdat die ware God vir die volk voorbereidings getref het,+ want dit het skielik gebeur.+

Voetnote