2 Kronieke 3:1-17

3  Uiteindelik het Salomo die huis van Jehovah begin bou+ in Jerusalem op die berg Moriʹa,+ waar Jehovah aan sy vader Dawid verskyn het,+ op die plek wat Dawid gereedgemaak het op die dorsvloer van Ornan,+ die Jebusiet.  En hy het begin bou in die tweede maand op die tweede dag, in die vierde jaar van sy regering.+  En dít het Salomo as ’n fondament gelê vir die bou van die huis van die ware God: die lengte in elle volgens die vroeëre maat was sestig el, en die breedte twintig el.+  En die portaal+ wat by die lengte gevoeg is, was twintig el voor op die breedte van die huis, en die hoogte daarvan was honderd-en-twintig; en hy het dit binnekant met suiwer goud oorgetrek.  En die groot huis+ het hy met jenewerhout oordek, waarna hy dit met goeie goud oorgetrek het,+ en toe het hy palmboomfigure+ en kettings daarop aangebring.+  Verder het hy vir versiering die huis met kosbare stene bedek;+ en die goud+ was goud uit die goudland.  En hy het die huis, die dakbalke, die drumpels en die mure en die deure daarvan met goud oorgetrek;+ en hy het gerubs op die mure gegraveer.+  En hy het die huis van die Allerheiligste+ gemaak; die lengte daarvan het ooreengekom met die breedte van die huis, twintig el, en die breedte daarvan was twintig el;+ en toe het hy dit met goeie goud ter waarde van seshonderd talente oorgetrek.  En die gewig vir die spykers+ was vyftig goue sikkels; en die dakvertrekke het hy met goud oorgetrek. 10  Toe het hy in die huis van die Allerheiligste twee gerubs gemaak,+ ’n werk van beeldhoukuns, en hulle met goud oorgetrek.+ 11  Wat die vlerke van die gerubs+ betref, die lengte daarvan was twintig el; die een vlerk van vyf el het tot aan die muur van die huis gereik, en die ander vlerk van vyf el het tot aan die vlerk van die ander gerub gereik.+ 12  En die vlerk van die een gerub van vyf el het tot aan die muur van die huis gereik, en die ander vlerk van vyf el het aan die vlerk van die ander gerub geraak.+ 13  Die vlerke van hierdie gerubs was uitgespreid twintig el; en hulle het op hulle voete gestaan met hulle gesigte na binne gekeer. 14  Verder het hy die voorhangsel+ van blou weefgaring+ en purperrooigekleurde wol en karmosynrooi weefgaring en fyn weefstof gemaak en gerubs daarop ingewerk.+ 15  Toe het hy voor die huis twee pilare+ gemaak, vyf-en-dertig el hoog, en die kapiteel+ wat op die top van elkeen was, was vyf el. 16  Verder het hy kettings+ soos ’n halssnoer gemaak en dit op die toppe van die pilare aangebring en honderd granate+ gemaak en dit aan die kettings vasgesit. 17  En hy het die pilare voor die tempel opgerig, een aan die regter- en een aan die linkerkant, waarna hy die regterkantste Jagin en die linkerkantste Boas genoem het.+

Voetnote