2 Kronieke 30:1-27

30  En Hiskiʹa het na die hele Israel+ en Juda gestuur, en hy het selfs briewe aan Eʹfraim+ en Manasʹse+ geskryf, om na die huis van Jehovah+ in Jerusalem te kom om die pasga+ vir Jehovah, die God van Israel, te hou.  Die koning en sy vorste+ en die hele gemeente+ in Jerusalem het hulle egter voorgeneem om die pasga in die tweede maand+ te hou;  want hulle kon dit nie in dié tyd hou nie,+ omdat nie genoeg priesters+ hulleself geheilig het nie en ook omdat die volk nie in Jerusalem bymekaargekom het nie.  En die saak was reg in die oë van die koning en in die oë van die hele gemeente.+  Toe het hulle besluit om die oproep+ deur die hele Israel te laat gaan, van Berseʹba+ tot Dan,+ om die pasga vir Jehovah, die God van Israel, in Jerusalem te kom hou; want hulle het dit nie as ’n menigte gedoen+ volgens wat geskrywe staan nie.+  Toe het die hardlopers+ met die briewe uit die hand van die koning en sy vorste+ deur die hele Israel en Juda gegaan, ja, volgens die gebod van die koning, en gesê: “Kinders van Israel, keer terug+ tot Jehovah, die God+ van Abraham, Isak en Israel, sodat hy kan terugkeer tot dié van julle wat ontkom het+ en oorgebly het uit die palm van die konings van Assiʹrië.+  En moenie soos julle voorvaders+ en soos julle broers word wat ontrou teenoor Jehovah, die God van hulle voorvaders, gehandel het nie, sodat hy hulle ’n voorwerp van verbasing+ gemaak het, net soos julle sien.  Moet nou nie julle nek styf maak+ soos julle voorvaders gedoen het nie. Gee plek aan Jehovah+ en kom na sy heiligdom+ wat hy tot onbepaalde tyd geheilig het+ en dien+ Jehovah julle God, sodat sy brandende toorn+ van julle kan wyk.  Want wanneer julle tot Jehovah terugkeer,+ sal julle broers en julle seuns voorwerpe van barmhartigheid+ wees voor dié wat hulle gevange hou, en hulle sal toegelaat word om na hierdie land terug te keer;+ want Jehovah julle God is genadig+ en barmhartig,+ en hy sal die aangesig nie van julle afwend as julle tot hom terugkeer nie.”+ 10  En die hardlopers+ het voortgegaan en van stad tot stad deur die hele land van Eʹfraim+ en Manasʹse gegaan, selfs tot by Seʹbulon; maar hulle het voortdurend die spot met hulle gedryf en hulle uitgelag.+ 11  Net enkelinge+ uit Aser en Manasʹse en uit Seʹbulon het hulle verneder+ sodat hulle na Jerusalem gekom het. 12  Die hand van die ware God was ook in Juda om hulle een hart+ te gee om die gebod+ van die koning en die vorste in die saak van Jehovah+ uit te voer. 13  En hulle het in Jerusalem bymekaargekom,+ ’n talryke volk, om die fees+ van die ongesuurde koeke in die tweede+ maand te hou, ’n baie groot gemeente. 14  Toe het hulle opgestaan en die altare+ verwyder wat in Jerusalem was, en al die reukaltare+ het hulle verwyder en toe in die Kidronstroomvallei+ gegooi. 15  Daarna het hulle die pasgaoffer+ op die veertiende dag van die tweede maand geslag; en die priesters en die Leviete was verneder, sodat hulle hulle geheilig het+ en brandoffers na die huis van Jehovah gebring het. 16  En hulle het op hulle plek bly staan+ volgens hulle reël, volgens die wet van Moses, die man van die ware God, terwyl die priesters+ die bloed gesprinkel het wat hulle uit die hand van die Leviete ontvang het. 17  Want baie in die gemeente het hulle nie geheilig nie; en die Leviete+ het toesig gehad oor die slag van die pasgaoffers+ vir almal wat nie rein was nie, om hulle aan Jehovah te heilig. 18  Want ’n groot deel van die volk, baie uit Eʹfraim+ en Manasʹse,+ Isʹsaskar en Seʹbulon,+ het hulle nie gereinig+ nie, want hulle het die pasga nie geëet volgens wat geskrywe staan nie;+ maar Hiskiʹa het vir hulle gebid+ en gesê: “Mag Jehovah wat goed is,+ toegeeflik wees teenoor 19  elkeen wat sy hart voorberei het+ om die ware God, Jehovah, die God van sy voorvaders, te soek, al was dit sonder die reiniging vir wat heilig is.”+ 20  Toe het Jehovah na Hiskiʹa geluister en die volk genees.+ 21  So het die kinders van Israel wat hulle in Jerusalem bevind het, die fees+ van die ongesuurde koeke sewe dae lank met groot blydskap+ gehou; en die Leviete+ en die priesters+ het dag na dag met luide instrumente lof aan Jehovah gebring, ja, aan Jehovah.+ 22  Daarbenewens het Hiskiʹa gespreek tot die hart+ van al die Leviete wat met voortreflike oordeelkundigheid teenoor Jehovah gehandel het.+ En hulle het die vasgestelde feesmaal sewe dae lank geëet+ en gemeenskapsoffers+ gebring en belydenis gedoen+ aan Jehovah, die God van hulle voorvaders. 23  Toe het die hele gemeente besluit+ om dit nog sewe dae te hou,+ en hulle het dit met blydskap sewe dae lank gehou. 24  Want Hiskiʹa, die koning van Juda, het vir die gemeente duisend bulle en seweduisend skape bygedra,+ en die vorste+ het vir die gemeente duisend bulle en tienduisend skape bygedra; en priesters+ het hulleself in groot getalle bly heilig. 25  En die hele gemeente van Juda+ en die priesters en die Leviete+ en die hele gemeente wat uit Israel gekom het+ en die inwonende vreemdelinge+ wat uit die land van Israel gekom het+ en dié wat in Juda gewoon het, was bly.+ 26  En daar was groot blydskap in Jerusalem, want sedert die dae van Salomo,+ die seun van Dawid, die koning van Israel, was daar nie so iets in Jerusalem nie.+ 27  Uiteindelik het die priesters, die Leviete, opgestaan en die volk geseën;+ en hulle stem is verhoor, sodat hulle gebed tot in sy heilige woonplek, die hemel,+ gekom het.

Voetnote