2 Kronieke 31:1-21

31  En net toe hulle met dit alles klaar was, het al die Israeliete+ wat hulle daar bevind het, na die stede van Juda uitgegaan,+ en hulle het die heilige pilare stukkend gebreek+ en die heilige pale afgekap+ en die hoogtes+ en die altare+ uit die hele Juda+ en Benjamin en in Eʹfraim+ en Manasʹse+ afgebreek totdat hulle daarmee klaar was; waarna al die kinders van Israel na hulle stede teruggekeer het, elkeen na sy eie besitting.  Toe het Hiskiʹa die afdelings+ van die priesters en van die Leviete+ vasgestel volgens hulle afdelings, elkeen ooreenkomstig die diens daarvan, vir die priesters+ en vir die Leviete+ ten opsigte van die brandoffer+ en die gemeenskapsoffers,+ om te dien+ en om te dank+ en te loof+ in die poorte van die kampe van Jehovah.  En daar was ’n deel van die koning uit sy eie goed+ vir die brandoffers,+ vir die brandoffers van die oggend+ en die aand, en ook die brandoffers vir die sabbatte+ en vir die nuwemane+ en vir die feestye,+ volgens wat in die wet van Jehovah geskrywe staan.+  Daarbenewens het hy vir die volk, die inwoners van Jerusalem, gesê om die deel van die priesters+ en van die Leviete+ te gee, sodat hulle hulle streng aan die wet van Jehovah+ kon hou.+  En net toe die woord uitgegaan het, het die kinders van Israel+ die eerstelinge van die graan,+ nuwe wyn+ en olie+ en heuning+ en die hele opbrengs van die land+ vermeerder, en die tiendes van alles het hulle in oorvloed ingebring.+  En die kinders van Israel en van Juda wat in die stede van Juda+ gewoon het, ook hulle het die tiendes van beeste en skape en die tiendes van die heilige dinge+ ingebring, die dinge wat aan Jehovah hulle God geheilig is. Hulle het dit ingebring en so hope en hope gegee.  In die derde+ maand het hulle met die hope begin deur die onderste laag te lê, en in die sewende+ maand was hulle klaar.  Toe Hiskiʹa en die vorste+ kom en die hope sien, het hulle Jehovah en sy volk Israel+ geseën.+  Na verloop van tyd het Hiskiʹa by die priesters en die Leviete navraag gedoen oor die hope.+ 10  Toe het Asarʹja,+ die hoofpriester van die huis van Sadok,+ vir hom gesê, ja, hy het gesê: “Vandat hulle die bydrae+ in die huis van Jehovah begin inbring het, is daar tot versadiging toe geëet+ en oorvloedig oorgehou;+ want Jehovah het sy volk geseën,+ en hierdie groot oorvloed het oorgebly.” 11  Hierop het Hiskiʹa gesê dat eetkamers+ in die huis van Jehovah gereedgemaak moes word. Toe het hulle dit gereedgemaak. 12  En hulle het die bydrae+ en die tiendes+ en die heilige dinge getrou+ bly inbring; en Konanʹja, die Leviet, het as leier toesig daaroor gehad, en sy broer Siʹmeï was tweede. 13  En Jehiʹël en Asasʹja en Nahat en Aʹsahel en Jeʹrimot en Joʹsabad en Eʹliël en Jismagʹja en Mahat en Benaʹja was opsigters aan die sy van Konanʹja en sy broer Siʹmeï, volgens die bevel van koning Hiskiʹa, en Asarʹja+ was die leier van die huis van die ware God. 14  En Koreʹ, die seun van Jimna, die Leviet, was die poortwagter+ aan die oostekant,+ wat toesig gehad het oor die vrywillige+ gawes van die ware God, om die bydrae+ vir Jehovah en die hoogheilige dinge+ te gee. 15  En onder sy leiding was Eden en Minʹjamin en Jeʹsua en Semaʹja, Amarʹja en Seganʹja in die stede van die priesters+ in ’n vertrouensposisie,+ om aan hulle broers in die afdelings+ te gee, in gelyke mate aan groot en klein;+ 16  afgesien van dié van die manlike geslag van drie jaar en ouer+ wat in hulle geslagsregister+ ingeskryf is, almal wat as ’n daaglikse gebruik na die huis van Jehovah gekom het, vir hulle diens volgens hulle verpligtinge ooreenkomstig hulle afdelings. 17  Dit is die inskrywing in die geslagsregister van die priesters volgens die huis van hulle vaders+ en ook van die Leviete,+ van twintig+ jaar en ouer, volgens hulle verpligtinge in hulle afdelings;+ 18  vir die inskrywing in die geslagsregister onder al hulle kindertjies, hulle vrouens en hulle seuns en hulle dogters, vir die hele gemeente, want in hulle vertrouensposisie+ het hulle hulle geheilig+ vir wat heilig was; 19  sowel as vir die seuns van Aäron,+ die priesters, in die weivelde+ van hulle stede. In al die verskillende stede was daar manne wat by name aangewys is, om dele te gee aan almal van die manlike geslag onder die priesters en aan almal onder die Leviete wat in die geslagsregister ingeskryf is. 20  En Hiskiʹa het in die hele Juda so gedoen, en hy het bly doen wat goed+ en reg+ en getrou+ was voor Jehovah sy God. 21  En in elke werk wat hy begin het in die diens+ van die huis van die ware God en in die wet+ en in die gebod om sy God te soek,+ het hy met sy hele hart+ gehandel, en hy was suksesvol.+

Voetnote