2 Kronieke 32:1-33

32  Ná hierdie dinge en hierdie getroue gedrag+ het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië,+ gekom en Juda binnegeval en teen die versterkte stede+ kamp opgeslaan en daaraan bly dink om deur te breek om hulle syne te maak.  Toe Hiskiʹa sien dat Sanʹherib gekom het met sy aangesig+ op oorlog teen Jerusalem gerig,  het hy saam met sy vorste+ en sy sterk manne besluit om die waters van die fonteine wat buite die stad+ was, toe te stop; en hulle het hom gehelp.  En baie mense is bymekaargebring, en hulle het al die fonteine en die stroom+ wat dwarsdeur die land vloei, toegestop en gesê: “Waarom moet die konings van Assiʹrië kom en baie water vind?”  Verder het hy moed geskep en die hele muur wat afgebreek was,+ opgebou en torings+ daarop opgerig en aan die buitekant nog ’n muur+ gebou en die Wal+ van die Stad van Dawid herstel en ’n oorvloed werpspiese+ sowel as skilde+ gemaak.  En hy het krygshoofde+ oor die manskappe aangestel en hulle by hom op die openbare plein+ van die stadspoort bymekaargebring en tot hulle hart gespreek+ en gesê:  “Wees moedig en sterk.+ Moenie bang+ of verskrik+ wees weens die koning van Assiʹrië+ en weens die hele menigte wat by hom is+ nie; want by ons is meer as by hom.  By hom is ’n arm van vlees,+ maar by ons is Jehovah ons God om ons te help+ en ons oorloë te voer.”+ En die manskappe het begin steun op die woorde van Hiskiʹa, die koning van Juda.+  Hierna het Sanʹherib,+ die koning van Assiʹrië, terwyl hy by Lagis+ was en sy hele ryksmag saam met hom,+ sy knegte na Jerusalem gestuur, na Hiskiʹa, die koning van Juda, en na al die Judeërs wat in Jerusalem was, om te sê: 10  “Só het Sanʹherib, die koning van Assiʹrië, gesê:+ ‘Waarop vertrou julle terwyl julle onder beleëring rustig in Jerusalem sit?+ 11  Verlei+ Hiskiʹa+ julle nie om julle oor te gee om van honger en dors te sterf nie, deur te sê: “Jehovah ons God sal ons uit die palm van die koning van Assiʹrië verlos”?+ 12  Het Hiskiʹa nie sy hoogtes+ en sy altare+ verwyder en toe vir Juda en vir Jerusalem gesê: “Voor een altaar+ moet julle buig+ en daarop moet julle offerrook laat opgaan”+ nie? 13  Weet julle nie wat ek en my voorvaders aan al die volke van die lande gedoen het nie?+ Kon die gode+ van die nasies van die lande hulle land enigsins uit my hand bevry? 14  Wie onder al die gode van hierdie nasies wat my voorvaders aan vernietiging oorgegee het, kon sy volk uit my hand verlos, sodat julle God julle uit my hand sal kan verlos?+ 15  Laat Hiskiʹa julle dan nou nie bedrieg+ of julle so verlei+ nie, en moenie geloof in hom stel nie, want geen god van enige nasie of koninkryk kon sy volk uit my hand en uit die hand van my voorvaders verlos nie. Hoeveel minder dan sal julle God julle uit my hand verlos!’”+ 16  En sy knegte het nog meer teen Jehovah, die ware God,+ en teen sy kneg Hiskiʹa gepraat. 17  Hy het selfs briewe geskryf+ om Jehovah, die God van Israel,+ te smaad en om teen hom te praat deur te sê: “Soos die gode+ van die nasies van die lande wat hulle volk nie uit my hand verlos het nie,+ so sal die God van Hiskiʹa sy volk nie uit my hand verlos nie.” 18  En hulle+ het met ’n harde stem+ in die Jode se taal+ bly roep na die volk van Jerusalem wat op die muur was, om hulle bang te maak+ en te ontstel, sodat hulle die stad kon inneem. 19  En hulle het teen die God van Jerusalem+ gepraat+ net soos teen die gode van die volke van die aarde, die werk van mensehande.+ 20  Maar koning Hiskiʹa+ en die profeet+ Jesaja,+ die seun van Amos,+ het hieroor bly bid+ en tot die hemel om hulp geroep.+ 21  En Jehovah het ’n engel+ gestuur en elke dapper, sterk man+ en leier en hoof in die kamp van die koning van Assiʹrië uitgewis,+ sodat hy met beskaamde aangesig na sy eie land teruggegaan het. Later het hy in die huis van sy god ingegaan, en party van dié wat uit sy eie liggaam voortgekom het, het hom daar met die swaard neergevel.+ 22  So het Jehovah Hiskiʹa en die inwoners van Jerusalem uit die hand van Sanʹherib, die koning van Assiʹrië,+ en uit die hand van alle ander gered en hulle aan alle kante rus gegee.+ 23  En baie het gawes+ vir Jehovah in Jerusalem gebring en keurige dinge vir Hiskiʹa, die koning van Juda,+ en hy is daarna in die oë van al die nasies verhef.+ 24  In dié dae het Hiskiʹa tot die dood toe siek geword,+ en hy het tot Jehovah begin bid.+ Toe het Hy met hom gepraat,+ en Hy het hom ’n voorteken+ gegee. 25  Maar Hiskiʹa het niks teruggedoen vir die weldaad wat aan hom bewys is nie,+ want sy hart het hoogmoedig geword,+ en daar het verontwaardiging+ teen hom en teen Juda en Jerusalem ontstaan. 26  Maar Hiskiʹa het hom verneder+ in die hoogmoed van sy hart, hy en die inwoners van Jerusalem, en Jehovah se verontwaardiging het nie in die dae van Hiskiʹa+ oor hulle gekom nie. 27  En Hiskiʹa het ’n baie groot hoeveelheid rykdom en heerlikheid gehad;+ en hy het vir hom skatkamers gemaak vir silwer en vir goud+ en vir edelstene+ en vir balsemolie+ en vir skilde+ en vir al die begeerlike voorwerpe;+ 28  en ook opslagplekke+ vir die opbrengs van graan en nuwe wyn+ en olie, en ook stalle+ vir al die verskillende soorte diere en stalle vir die kuddes. 29  En stede het hy vir hom verwerf, en ook groot troppe kleinvee+ en beeste;+ want God het hom baie goed gegee.+ 30  En Hiskiʹa het die boonste bron van die waters+ van Gihon+ toegestop+ en dit reguit weswaarts na die Stad van Dawid+ afgelei, en Hiskiʹa was deurentyd suksesvol in al sy werk.+ 31  En so het die ware God, deur die woordvoerders van die vorste van Babilon+ wat na hom toe gestuur is+ om navraag te doen oor die voorteken+ wat in die land gebeur het, hom verlaat+ om hom op die proef te stel,+ om te wete te kom wat alles in sy hart was.+ 32  Wat die res van die aangeleenthede+ van Hiskiʹa en sy dade van liefderyke goedhartigheid+ betref, kyk, dit is opgeteken in die visioen van die profeet Jesaja, die seun van Amos,+ in die Boek+ van die konings van Juda en Israel. 33  Uiteindelik het Hiskiʹa met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom teen die opdraand na die grafte van die seuns van Dawid begrawe;+ en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het aan hom eer bewys by sy dood.+ En sy seun Manasʹse+ het in sy plek begin regeer.

Voetnote