2 Kronieke 33:1-25

33  Manasʹse+ was twaalf jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het vyf-en-vyftig jaar in Jerusalem regeer.+  En hy het gedoen wat sleg was in Jehovah se oë,+ volgens die verfoeilike+ dinge van die nasies wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdryf het.+  Hy het weer die hoogtes+ gebou wat sy vader Hiskiʹa afgebreek het,+ en altare+ vir die Baäls+ opgerig en heilige pale+ gemaak, en hy het hom voor die hele leër van die hemel+ begin neerbuig+ en hulle gedien.+  En hy het altare+ in die huis van Jehovah gebou, waarvan Jehovah gesê het: “In Jerusalem sal my naam tot onbepaalde tyd wees.”+  En hy het altare vir die hele leër van die hemel+ gebou in twee voorhowe+ van die huis van Jehovah.+  En hy het sy eie seuns deur die vuur laat gaan+ in die vallei van die seun van Hinnom+ en het die toorkuns beoefen+ en van waarsêery gebruik gemaak+ en towery beoefen+ en spiritistiese mediums+ en beroepsvoorspellers+ van gebeure aangestel. Hy het op groot skaal gedoen wat sleg was in die oë van Jehovah, om hom aanstoot te gee.+  Verder het hy die gesnede beeld+ wat hy gemaak het, in die huis van die ware God gesit,+ waarvan God vir Dawid en vir sy seun Salomo gesê het: “In hierdie huis en in Jerusalem, wat ek uit al die stamme van Israel gekies+ het, sal ek my naam+ tot onbepaalde tyd vestig.+  En ek sal die voet van Israel nie weer verwyder van die land wat ek aan hulle voorvaders+ toegewys het nie,+ mits hulle net sorg dat hulle alles doen wat ek hulle beveel het+ met betrekking tot die hele wet+ en die voorskrifte+ en die regterlike beslissings+ deur die hand van Moses.”+  En Manasʹse+ het Juda+ en die inwoners van Jerusalem bly verlei om erger dinge te doen+ as die nasies wat Jehovah voor die kinders van Israel uit verdelg het.+ 10  En Jehovah het met Manasʹse en sy volk bly praat, maar hulle het geen aandag geskenk nie.+ 11  Uiteindelik het Jehovah die hoofde van die leër van die koning van Assiʹrië+ teen hulle gebring,+ en hulle het Manasʹse in die gate+ gevange geneem en hom met twee koperboeie gebind+ en hom na Babilon geneem. 12  En toe dit hom in benoudheid bring,+ het hy die aangesig van Jehovah sy God versag+ en hom grootliks bly verneder+ weens die God van sy voorvaders. 13  En hy het tot Hom bly bid, sodat Hy sy dringende versoek aangehoor het+ en Hy sy versoek om guns gehoor en hom in Jerusalem in sy koningskap herstel het;+ en Manasʹse het te wete gekom dat Jehovah die ware God is.+ 14  En hierna het hy ’n buitemuur+ vir die Stad van Dawid+ gebou, wes van Gihon+ in die stroomvallei en tot by die Vispoort,+ en hy het dit na Ofel+ laat omloop en dit baie hoog gemaak. Verder het hy hoofde van die krygsmag in al die versterkte stede in Juda geplaas.+ 15  En hy het die vreemde gode+ en die afgodsbeeld+ uit die huis van Jehovah verwyder, asook al die altare+ wat hy op die berg van die huis van Jehovah en in Jerusalem gebou het, en dit toe buite die stad laat gooi. 16  Ook het hy die altaar van Jehovah+ gereedgemaak en gemeenskapsoffers+ en dankoffers+ daarop begin offer en vir Juda gesê dat hulle Jehovah, die God van Israel, moet dien.+ 17  Tog het die volk nog op die hoogtes+ offerandes gebring; maar dit was aan Jehovah hulle God. 18  Wat die res van die aangeleenthede van Manasʹse betref en sy gebed+ tot sy God en die woorde van die sieners+ wat in die naam van Jehovah, die God van Israel, tot hom bly spreek het, kyk, dit is onder die aangeleenthede van die konings van Israel.+ 19  Wat sy gebed+ betref en hoe sy dringende versoek+ aan hom toegestaan is en al sy sonde+ en sy ontrouheid+ en die plekke waar hy hoogtes gebou+ en die heilige pale+ en die gesnede beelde+ opgerig het voordat hy hom verneder het,+ kyk, dit is opgeteken onder die woorde van sy sieners. 20  Uiteindelik het Manasʹse met sy voorvaders ontslaap,+ en hulle het hom by sy huis begrawe;+ en sy seun Amon+ het in sy plek begin regeer. 21  Amon+ was twee-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het twee jaar in Jerusalem regeer.+ 22  En hy het gedoen wat sleg was in Jehovah se oë,+ net soos sy vader Manasʹse gedoen het;+ en aan al die gesnede beelde+ wat sy vader Manasʹse+ gemaak het, het Amon offerandes gebring,+ en hy het hulle bly dien.+ 23  En hy het hom nie weens Jehovah verneder+ soos sy vader Manasʹse hom verneder het nie,+ want Amon was iemand wat die skuld laat toeneem het.+ 24  Uiteindelik het sy knegte teen hom saamgesweer+ en hom in sy eie huis doodgemaak.+ 25  Maar die volk van die land het al die samesweerders+ teen koning Amon+ doodgemaak,+ en die volk+ van die land het toe sy seun Josiʹa+ in sy plek koning gemaak.

Voetnote