2 Kronieke 34:1-33

34  Josiʹa+ was agt+ jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het een-en-dertig jaar in Jerusalem regeer.+  En hy het gedoen wat reg was in Jehovah se oë+ en het in die weë van sy voorvader Dawid gewandel;+ en hy het nie regs of links afgewyk nie.+  En in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog ’n seun was,+ het hy die God van sy voorvader Dawid begin soek;+ en in die twaalfde jaar het hy Juda en Jerusalem begin reinig+ van die hoogtes+ en die heilige pale+ en die gesnede beelde+ en die gegote beelde.  Verder het hulle die altare+ van die Baäls+ voor hom afgebreek; en die reukwerkstaanders+ wat daar bo-op was, het hy omgekap; en die heilige pale+ en die gesnede beelde+ en die gegote beelde het hy in stukke gebreek en verpoeier+ en dit daarna gestrooi op die oppervlak van die grafte van dié wat voorheen offerandes aan hulle gebring het.+  En die beendere+ van priesters het hy op hulle altare verbrand.+ So het hy Juda en Jerusalem gereinig.  Ook in die stede van Manasʹse+ en Eʹfraim+ en Siʹmeon en tot by Nafʹtali, in hulle verwoeste plekke rondom,  het hy die altare+ en die heilige pale+ afgebreek, en die gesnede beelde+ het hy verbrysel en verpoeier;+ en al die reukwerkstaanders+ het hy in die hele land van Israel omgekap, waarna hy na Jerusalem teruggekeer het.  En in die agtiende+ jaar van sy regering, toe hy die land en die huis gereinig het, het hy Safan,+ die seun van Asalʹja, en Maäseʹja, die stadshoof, en Joag, die seun van Joʹahas, die kroniekskrywer, gestuur om die huis van Jehovah sy God te herstel.+  En hulle het by die hoëpriester Hilkiʹa+ gekom en die geld gegee wat na die huis van God gebring is, wat die Leviete, die deurwagters,+ uit die hand van Manasʹse+ en Eʹfraim+ en van die res van Israel+ en van die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem ingesamel het. 10  Toe het hulle dit in die hand gesit van dié wat die werk gedoen het, wat oor die huis van Jehovah aangestel was.+ Op hulle beurt het dié wat die werk gedoen het, wat in die huis van Jehovah bedrywig was, dit gebruik om die huis op te knap en te herstel. 11  En hulle het dit aan die vakmanne en die bouers+ gegee om gekapte klippe+ en hout vir klampe te koop en om die huise wat die konings+ van Juda verwoes het, met balke te bou. 12  En die manne was getrou+ in die werk; en die Leviete Jahat en Obadʹja, uit die kinders van Meraʹri,+ en Sagariʹa en Mesulʹlam, uit die kinders van die Kehatiete,+ is oor hulle aangestel om as opsieners te dien. En die Leviete, wat elkeen bedrewe was met die instrumente vir sang,+ 13  was oor die lasdraers+ en was die opsieners+ van almal wat die werk vir die verskillende dienste gedoen het; en uit die Leviete+ was daar sekretarisse+ en beamptes en poortwagters.+ 14  En terwyl hulle die geld+ uitgebring het wat na die huis van Jehovah gebring is, het die priester Hilkiʹa+ die boek+ van Jehovah se wet+ deur die hand van Moses+ gevind. 15  Toe het Hilkiʹa geantwoord en vir Safan,+ die sekretaris, gesê: “Ek het die wetboek in die huis van Jehovah gevind.” Daarop het Hilkiʹa die boek aan Safan gegee. 16  Toe het Safan die boek na die koning toe gebring en die koning verder geantwoord en gesê: “Alles wat in die hand van u knegte geplaas is, doen hulle. 17  En hulle gooi die geld uit wat in die huis van Jehovah gevind word en plaas dit in die hand van die aangestelde manne en in die hand van dié wat die werk doen.”+ 18  En Safan, die sekretaris, het die koning meegedeel en gesê: “Die priester Hilkiʹa het my ’n boek+ gegee.”+ En Safan het daaruit aan die koning begin voorlees.+ 19  En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy onmiddellik sy klere geskeur.+ 20  Toe het die koning Hilkiʹa+ en Ahiʹkam,+ die seun van Safan, en Abdon, die seun van Miga, en Safan,+ die sekretaris,+ en Asaʹja,+ die koning se kneg, beveel en gesê: 21  “Gaan raadpleeg+ Jehovah vir my+ en vir dié wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek+ wat gevind is, want groot is Jehovah se woede+ wat oor ons uitgestort moet word omdat ons voorvaders die woord van Jehovah nie onderhou het deur te handel volgens alles wat in hierdie boek geskrywe staan nie.”+ 22  Daarop het Hilkiʹa saam met dié wat die koning aangesê het, na die profetes+ Hulda,+ die vrou van Sallum, die seun van Tikwa, die seun van Harhas, die klerebewaarder,+ gegaan—sy het in Jerusalem in die tweede stadsdeel gewoon—en hulle het so met haar gepraat. 23  En sy het vir hulle gesê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘SÊ vir die man wat julle na my toe gestuur het: 24  “Só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek bring rampspoed+ oor hierdie plek en sy inwoners,+ al die vloeke+ wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het,+ 25  omdat hulle my verlaat het+ en vir ander gode offerrook laat opgaan het,+ om my met al die dade van hulle hande+ aanstoot te gee+ en sodat my woede+ oor hierdie plek uitgestort en nie geblus sal word nie.’”+ 26  En vir die koning van Juda, wat julle stuur om Jehovah te raadpleeg, vir hom moet julle só sê: “Só het Jehovah, die God van Israel, gesê:+ ‘Wat die woorde+ betref wat jy gehoor het, 27  omdat jou hart+ week was sodat jy jou weens God verneder+ het toe jy sy woorde oor hierdie plek en sy inwoners hoor, en jy jou voor my verneder het+ en jou klere geskeur+ en voor my gehuil het, het ek, ja ek, gehoor,+ is die woord van Jehovah. 28  Kyk, ek versamel jou tot jou voorvaders, en jy sal beslis in vrede+ in jou begraafplaas versamel word, en jou oë sal nie al die rampspoed aanskou+ wat ek oor hierdie plek en sy inwoners bring nie.’”’”+ Toe het hulle die antwoord vir die koning gebring. 29  En die koning het gestuur en al die ouer manne van Juda en van Jerusalem versamel.+ 30  Die koning het toe na die huis van Jehovah+ opgegaan saam met al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters+ en die Leviete en die hele volk, groot sowel as klein; en hy het al die woorde van die boek van die verbond, wat in die huis van Jehovah gevind is,+ voor hulle ore begin lees.+ 31  En die koning het op sy plek bly staan+ en die verbond+ voor Jehovah gesluit om Jehovah te volg en om sy gebooie+ en sy getuienisse+ en sy voorskrifte+ met sy hele hart+ en met sy hele siel+ te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskryf is,+ uit te voer.+ 32  Daarbenewens het hy almal wat in Jerusalem en Benjamin gevind is, tot die verbond laat toetree. En die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle voorvaders.+ 33  Daarna het Josiʹa al die verfoeilike+ dinge verwyder uit al die landstreke wat aan die kinders van Israel behoort het,+ en hy het almal wat in Israel gevind is, laat diens opneem, om Jehovah hulle God te dien. Al sy dae het hulle nie daarvan afgewyk om Jehovah, die God van hulle voorvaders,+ te volg nie.

Voetnote