2 Kronieke 36:1-23

36  Toe het die volk van die land Joʹahas,+ die seun van Josiʹa, geneem en hom in die plek van sy vader koning gemaak in Jerusalem.+  Joʹahas was drie-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het drie maande in Jerusalem regeer.+  Maar die koning van Egipte het hom in Jerusalem+ afgesit en die land met honderd talente silwer+ en ’n talent goud beboet.  Daarbenewens het die koning+ van Egipte sy broer Elʹjakim+ koning oor Juda en Jerusalem gemaak en sy naam na Joʹjakim verander; maar Nego+ het sy broer Joʹahas saamgeneem en na Egipte+ gebring.  Joʹjakim+ was vyf-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het elf jaar in Jerusalem regeer;+ en hy het bly doen wat sleg was in die oë van Jehovah sy God.+  Teen hom het Nebukadneʹsar,+ die koning van Babilon, opgetrek+ sodat hy hom met twee koperboeie kon bind om hom na Babilon+ weg te voer.  En van die voorwerpe+ van die huis van Jehovah het Nebukadneʹsar+ na Babilon gebring en dit toe in sy paleis in Babilon+ gesit.  Wat die res van die aangeleenthede+ van Joʹjakim betref en sy verfoeilike+ dinge wat hy gedoen het, asook wat teen hom gevind is, kyk, dit is opgeteken in die Boek+ van die konings van Israel en Juda; en sy seun Joʹjagin+ het in sy plek begin regeer.  Joʹjagin+ was agtien jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het drie maande+ en tien dae in Jerusalem regeer; en hy het bly doen wat sleg was in Jehovah se oë.+ 10  En by die jaarwisseling+ het koning Nebukadneʹsar gestuur+ en hom saam met begeerlike voorwerpe van die huis van Jehovah+ na Babilon gebring.+ Verder het hy Sedekiʹa,+ sy vader se broer, koning oor Juda en Jerusalem gemaak.+ 11  Sedekiʹa+ was een-en-twintig jaar oud toe hy begin regeer het, en hy het elf jaar in Jerusalem regeer.+ 12  En hy het bly doen wat sleg was+ in die oë van Jehovah sy God. Hy het hom nie weens die profeet+ Jeremia+ verneder+ op bevel van Jehovah nie. 13  En selfs teen koning Nebukadneʹsar het hy in opstand gekom,+ wat hom by God laat sweer het;+ en hy het sy nek bly styf maak+ en sy hart bly verhard+ sodat hy nie tot Jehovah, die God van Israel, teruggekeer het nie. 14  Selfs al die hoofde van die priesters+ en die volk het op groot skaal ontrouheid gepleeg, volgens al die verfoeilike+ dinge van die nasies, sodat hulle die huis van Jehovah verontreinig het wat hy in Jerusalem geheilig het.+ 15  En Jehovah, die God van hulle voorvaders, het deur middel van sy boodskappers+ keer op keer waarskuwings aan hulle gestuur, omdat hy medelye met sy volk+ en met sy woonplek+ gehad het. 16  Maar hulle het voortdurend die boodskappers van die ware God uitgelag+ en sy woorde verag+ en met sy profete die spot gedryf,+ totdat die woede+ van Jehovah teen sy volk opgekom het, totdat daar geen genesing was nie.+ 17  Daarom het hy die koning van die Galdeërs+ teen hulle laat optrek, wat hulle jong manne in die huis van hulle heiligdom+ met die swaard doodgemaak het,+ en ook het hy geen medelye vir jong man of maagd, oue of afgeleefde gevoel nie.+ Alles het Hy in sy hand gegee. 18  En al die voorwerpe,+ groot+ en klein, van die huis van die ware God en die skatte+ van die huis van Jehovah en die skatte van die koning+ en van sy vorste, alles het hy na Babilon gebring. 19  En hy het die huis van die ware God verbrand+ en die muur van Jerusalem afgebreek;+ en al die woontorings daarvan het hulle met vuur verbrand, en ook al die begeerlike voorwerpe+ daarvan, om verwoesting aan te rig.+ 20  Daarbenewens het hy dié wat van die swaard oorgebly het, gevange na Babilon weggevoer,+ en hulle het vir hom en sy seuns knegte geword+ totdat die koningshuis van Persië+ begin regeer het; 21  om Jehovah se woord deur die mond van Jeremia te vervul,+ totdat die land sy sabbatte afbetaal het.+ Al die dae dat dit woes gelê het, het dit sabbat gehou, om sewentig jaar+ te vervul. 22  En in die eerste jaar van Kores,+ die koning van Persië,+ het Jehovah—sodat Jehovah se woord+ deur die mond van Jeremia+ vervul sou word—die gees+ van Kores, die koning van Persië, opgewek, sodat hy ’n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik,+ wat lui: 23  “Só het Kores, die koning van Persië,+ gesê: ‘Al die koninkryke van die aarde het Jehovah, die God van die hemel, aan my gegee,+ en hy het my opgedra om vir hom ’n huis te bou in Jerusalem, wat in Juda is.+ Wie daar ook al onder julle is van sy hele volk,+ mag Jehovah sy God met hom wees.+ En laat hom optrek.’”+

Voetnote