2 Kronieke 4:1-22

4  Toe het hy die koperaltaar+ gemaak; twintig el was sy lengte en twintig el sy breedte en tien el sy hoogte.+  En hy het die gegote see+ tien el van die een rand tot die ander rand gemaak, heeltemal rond, en dit was vyf el hoog, en ’n lyn van dertig el kon dit rondom omspan.+  En onderaan was dit rondom omring met wat na kalbasvormige+ ornamente gelyk het, tien in ’n el, wat die see heeltemal omsluit het.+ Die kalbasvormige ornamente was in twee rye, in een gietsel daarmee gegiet.  Dit het op twaalf bulle+ gestaan, drie wat na die noorde kyk en drie wat na die weste kyk en drie wat na die suide kyk en drie wat na die ooste kyk; en die see was bo-op hulle, en hulle agterkante was almal na die binnekant gekeer.+  En die dikte daarvan was ’n handbreedte; en die rand daarvan was soos ’n bekerrand gemaak, ’n leliebloeisel.+ As ’n houer kon dit drieduisend bat+ hou.+  Verder het hy tien komme gemaak en vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant gesit,+ om daarin te was.+ Dinge wat met die brandoffer te doen gehad het,+ het hulle daarin afgespoel. Maar die see was vir die priesters om daarin te was.+  Hy het toe goue lampstaanders+ gemaak, tien volgens dieselfde plan,+ en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.+  Verder het hy tien tafels gemaak en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant,+ en hy het honderd goue bakke gemaak.  Toe het hy die voorhof+ van die priesters+ gemaak en die groot ingeslote ruimte+ en die deure wat by die ingeslote ruimte behoort, en die deure daarvan het hy met koper oorgetrek. 10  En die see het hy aan die regterkant gesit, aan die oostekant, teen die suide.+ 11  Laastens het Hiram die kanne+ en die skoppe+ en die bakke gemaak.+ So het Hiram die werk voltooi wat hy in die huis van die ware God vir koning Salomo gedoen het. 12  Die twee pilare+ en die ronde kapitele+ op die top van die twee pilare en die twee stukke netwerk+ om die twee ronde kapitele te bedek wat op die top van die pilare was 13  en die vierhonderd granate+ vir die twee stukke netwerk, twee rye granate vir elke netwerk om die twee ronde kapitele te bedek wat op die pilare was,+ 14  en die tien waentjies+ en die tien komme+ op die waentjies; 15  die een see+ en die twaalf bulle daaronder,+ 16  en die kanne en die skoppe+ en die vurke+ en al hulle voorwerpe+ het Hiram-Abiw+ van blink gevryfde koper vir koning Salomo gemaak vir die huis van Jehovah. 17  In die Jordaandistrik het die koning dit in die digte grond tussen Sukkot+ en Sereʹda+ gegiet. 18  So het Salomo ’n baie groot hoeveelheid van al hierdie voorwerpe gemaak, want die gewig van die koper is nie bepaal nie.+ 19  En Salomo het al die voorwerpe+ gemaak wat in die huis van die ware God was, en die goue altaar+ en die tafels+ met die toonbrode daarop, 20  en die lampstaanders+ en hulle lampe+ van suiwer goud, om dit volgens die reël voor die binneste vertrek+ op te steek; 21  en die bloeisels en die lampe en die snuiters,+ van goud (dit was die suiwerste goud), 22  en die blussers en die bakke en die bekers en die vuurbakke, van suiwer goud,+ en die ingang van die huis,+ die binneste deure daarvan vir die Allerheiligste en die deure+ van die huis van die tempel, van goud.

Voetnote