2 Kronieke 5:1-14

5  Uiteindelik is al die werk voltooi wat Salomo vir die huis van Jehovah moes doen,+ en Salomo het die dinge begin inbring wat deur sy vader Dawid geheilig is;+ en die silwer en die goud en al die voorwerpe het hy by die skatte van die huis van die ware God+ gesit.  Toe het Salomo die ouer manne van Israel+ en al die stamhoofde,+ die owerstes van die vaderhuise+ van die kinders van Israel, in Jerusalem bymekaar laat kom om die ark+ van die verbond van Jehovah uit die Stad van Dawid,+ dit wil sê Sion,+ op te bring.+  En al die manne van Israel het by die koning bymekaargekom op die fees, dié van die sewende maand.+  Al die ouer manne van Israel het dus gekom,+ en die Leviete het die Ark begin dra.+  En hulle het die Ark+ en die tent van samekoms+ gebring en al die heilige voorwerpe+ wat in die tent was. Die priesters, die Leviete, het dit gebring.+  En koning Salomo en die hele vergadering van Israeliete wat hulle afspraak met hom voor die Ark nagekom het, het skape en beeste geoffer+ wat so talryk was dat hulle nie bereken of getel kon word nie.  Toe het die priesters die ark van die verbond van Jehovah na sy plek gebring, in die binneste+ vertrek van die huis, in die Allerheiligste,+ onder die vlerke van die gerubs in.+  So het die gerubs hulle vlerke oor die plek van die Ark uitgesprei gehou, sodat die gerubs die Ark en sy draaghoute+ van bo af bedek het.+  Maar die draaghoute was lank, sodat die punte van die draaghoute sigbaar was in die Heilige voor die binneste vertrek, maar hulle was nie buite sigbaar nie, en hulle is tot vandag toe nog daar.+ 10  Daar was niks in die Ark nie behalwe die twee tafels+ wat Moses in Horeb+ gegee het, toe Jehovah met die kinders van Israel ’n verbond gesluit het+ by hulle uittog uit Egipte.+ 11  En toe die priesters uit die heiligdom uitkom (want al die priesters wat gevind kon word, het hulle geheilig+—dit was nie nodig om die afdelings+ in ag te neem nie)— 12  en die Leviete+ wat sangers was wat tot hulle almal behoort het, naamlik tot Asaf,+ tot Heman,+ tot Jeduʹtun+ en tot hulle seuns en tot hulle broers, geklee in fyn weefstof, met simbale+ en met snaarinstrumente+ en harpe,+ het oos van die altaar gestaan en saam met hulle altesaam honderd-en-twintig priesters wat op die trompette geblaas het+ 13  en net toe die trompetblasers en die sangers soos een man+ een geluid laat hoor om Jehovah te loof en te dank, en net toe hulle die geluid aanhef met die trompette en met die simbale en met die instrumente vir sang+ en met lofprysing+ aan Jehovah, “want hy is goed,+ want sy liefderyke goedhartigheid is tot onbepaalde tyd”,+ is die huis met ’n wolk gevul,+ ja, die huis van Jehovah,+ 14  en die priesters kon weens die wolk nie staan om diens te doen nie;+ want die heerlikheid+ van Jehovah het die huis van die ware God gevul.

Voetnote