2 Kronieke 9:1-31

9  En die koningin van Skeba+ het die berig oor Salomo gehoor, en sy het gekom om Salomo in Jerusalem met ingewikkelde vrae op die proef te stel,+ saam met ’n baie indrukwekkende gevolg en kamele+ wat balsemolie+ en baie goud+ en edelstene+ dra. Eindelik het sy by Salomo gekom en met hom gepraat oor alles wat haar na aan die hart gelê het.+  Daarop het Salomo al haar sake aan haar bekend gemaak,+ en geen saak was vir Salomo verborge wat hy nie aan haar bekend gemaak het nie.+  Toe die koningin van Skeba Salomo se wysheid+ sien en die huis wat hy gebou het,+  en die voedsel van sy tafel+ en hoe sy knegte sit en die tafeldiens van sy bediendes en hulle kleredrag+ en sy skinkers+ en hulle kleredrag, en sy brandoffers+ wat hy gereeld by die huis van Jehovah geoffer het,+ was daar geen gees meer in haar nie.  Toe het sy vir die koning gesê: “Die woord was waar wat ek in my land oor u sake en oor u wysheid gehoor het.+  En ek het geen geloof gestel+ in hulle woorde nie totdat ek gekom het sodat my eie oë kon sien;+ en kyk! ek is die helfte van die oorvloed van u wysheid+ nie vertel nie. U het die berig wat ek gehoor het, oortref.+  Gelukkig+ is u manne, en gelukkig is hierdie knegte van u wat voortdurend voor u staan en na u wysheid luister.+  Mag Jehovah u God geloof word,+ wat behae in u gehad het+ sodat hy u op sy troon geplaas het+ as koning vir Jehovah u God;+ want u God het Israel liefgehad,+ om dit tot onbepaalde tyd staande te hou, sodat hy u as koning+ oor hulle aangestel het om regterlike beslissings te lewer+ en regverdigheid uit te oefen.”+  Toe het sy aan die koning honderd-en-twintig talente goud+ en ’n baie groot hoeveelheid balsemolie+ en edelstene+ gegee; en nog nooit was daar soveel balsemolie as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.+ 10  En die knegte van Hiram+ en die knegte van Salomo wat goud+ uit Ofir gebring het, het ook algummimstompe+ en edelstene+ gebring. 11  En die koning het van die algummimstompe trappe+ vir die huis van Jehovah en vir die koning se huis+ gemaak, en ook harpe+ en snaarinstrumente+ vir die sangers,+ en die gelyke daarvan is nooit tevore in die land van Juda gesien nie. 12  En koning Salomo het die koningin+ van Skeba alles gegee wat haar behaag en wat sy gevra het, bo die waarde van wat sy vir die koning gebring het. Toe het sy omgedraai en na haar land gegaan, sy met haar knegte.+ 13  En die gewig van die goud wat in een jaar na Salomo toe gekom het, was seshonderd-ses-en-sestig talente goud,+ 14  buiten wat die handelsreisigers en die koopmanne+ ingebring het en die goud en silwer wat al die konings van die Arabiere+ en die goewerneurs van die land vir Salomo ingebring het. 15  En koning Salomo het tweehonderd groot skilde van gelegeerde goud gemaak+ (seshonderd sikkels gelegeerde goud het hy op elke groot skild gebruik),+ 16  en driehonderd klein skilde van gelegeerde goud (drie minas goud het hy op elke klein skild gebruik).+ Toe het die koning dit in die Huis van die Liʹbanonwoud+ gesit. 17  Verder het die koning ’n groot ivoortroon gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.+ 18  En daar was ses trappe na die troon toe, en daar was ’n goue voetbank aan die troon (hulle was vas aanmekaar), en daar was armleunings aan weerskante van die sitplek, en twee leeus+ het langs die armleunings gestaan.+ 19  En daar het twaalf leeus+ aan weerskante op die ses trappe gestaan. Geen ander koninkryk het een gehad wat net so gemaak is nie.+ 20  En al die drinkhouers+ van koning Salomo was van goud,+ en al die houers van die Huis van die Liʹbanonwoud+ was van suiwer goud. Daar was niks van silwer nie; dit is in die dae van Salomo as hoegenaamd niks geag nie.+ 21  Want skepe wat aan die koning behoort het, het saam met die knegte van Hiram+ na Tarsis+ gevaar. Een keer in drie jaar het Tarsisskepe ingekom, gelaai met goud en silwer,+ ivoor+ en ape en poue.+ 22  So was koning Salomo in rykdom+ en wysheid+ groter as al die ander konings van die aarde. 23  En al die konings van die aarde het die aangesig van Salomo gesoek+ om sy wysheid te hoor,+ wat die ware God in sy hart geplaas het.+ 24  En hulle het elkeen sy geskenk gebring:+ silwervoorwerpe en goue voorwerpe+ en klere,+ wapens en balsemolie, perde en muile, jaar na jaar.+ 25  En Salomo het vierduisend stalle met perde+ gehad en strydwaens+ en twaalfduisend perde, en hy het hulle in die strydwastede+ en naby die koning in Jerusalem gehou. 26  En hy was heerser oor al die konings van die Rivier af tot by die land van die Filistyne en tot by die grens van Egipte.+ 27  Verder het die koning die silwer in Jerusalem soos die klippe gemaak; en sederhout het hy so oorvloedig gemaak+ soos die wildevyebome+ wat in die Sjefeʹla is.+ 28  En daar was dié wat vir Salomo perde+ uit Egipte+ en uit al die ander lande gebring het. 29  Wat die res van die aangeleenthede van Salomo+ betref, die eerstes en die laastes, is dit nie opgeteken onder die woorde van die profeet Natan+ en in die profesie van Ahiʹa,+ die Siloniet,+ en in die verslag van die visioene van die siener Iddo+ oor Jeroʹbeam,+ die seun van Nebat,+ nie? 30  En Salomo het veertig jaar in Jerusalem oor die hele Israel regeer. 31  Uiteindelik het Salomo met sy voorvaders ontslaap. En hulle het hom in die Stad van Dawid, sy vader,+ begrawe; en sy seun Rehaʹbeam+ het in sy plek begin regeer.+

Voetnote