2 Petrus 1:1-21

1  Simon Petrus, ’n slaaf+ en apostel+ van Jesus Christus, aan dié wat ’n geloof verkry het wat as net so ’n groot voorreg beskou word as ons s’n,+ deur die regverdigheid+ van ons God en die Redder Jesus Christus:+  Mag onverdiende goedhartigheid en vrede vir julle vermeerder word+ deur juiste kennis+ van God en van Jesus, ons Here,  aangesien sy goddelike krag ons al die dinge geskenk het wat met lewe+ en godvrugtige toegewydheid+ verband hou, deur die juiste kennis van die een wat ons deur heerlikheid+ en deug geroep het.+  Deur hierdie dinge het hy ons die kosbare en uiters grootse beloftes+ geskenk, sodat julle hierdeur deelgenote in die goddelike+ natuur+ kan word, nadat julle aan die verdorwenheid ontvlug het wat deur wellus in die wêreld is.+  Ja, juis daarom moet julle, deur in reaksie hierop alle ywerige inspanning by te dra,+ by julle geloof deug voeg,+ by julle deug kennis,+  by julle kennis selfbeheersing,+ by julle selfbeheersing volharding,+ by julle volharding godvrugtige toegewydheid,  by julle godvrugtige toegewydheid broederlike geneentheid, by julle broederlike geneentheid liefde.+  Want as hierdie dinge in julle bestaan en oorvloedig is, sal dit verhoed dat julle onbedrywig of onvrugbaar word+ met betrekking tot die juiste kennis van ons Here Jesus Christus.  Want as hierdie dinge by iemand nie aanwesig is nie, is hy blind en sluit hy sy oë vir die lig+ en het hy die reiniging+ van sy sondes van lank gelede vergeet.+ 10  Daarom, broers, moet julle des te meer julle uiterste bes doen om julle roeping+ en verkiesing+ vir julle te verseker; want as julle aanhou om hierdie dinge te doen, sal julle beslis nooit faal nie.+ 11  Trouens, so sal die ingang+ in die ewige+ koninkryk van ons Here en Redder Jesus Christus+ ryklik aan julle verskaf word. 12  Om dié rede sal ek geneig wees om julle altyd aan hierdie dinge te herinner,+ hoewel julle hulle ken en vasstaan in die waarheid+ wat in julle aanwesig is.+ 13  Maar ek ag dit reg, solank ek in hierdie tabernakel is,+ om julle deur herinnering op te wek,+ 14  aangesien ek weet dat die aflegging van my tabernakel op hande is,+ net soos ook ons Here Jesus Christus vir my aangedui het.+ 15  Daarom sal ek ook te alle tye my uiterste bes doen sodat julle ná my vertrek+ self van hierdie dinge melding kan maak. 16  Nee, dit was nie deur kunstig versinde valse stories te volg+ dat ons die krag en teenwoordigheid van ons Here Jesus Christus aan julle bekend gemaak het nie,+ maar deurdat ons ooggetuies van sy luisterrykheid geword het.+ 17  Want hy het eer en heerlikheid van God die Vader ontvang+ toe hierdie woorde deur die luisterryke heerlikheid tot hom gekom het: “Dit is my seun, my geliefde, wat ek self goedgekeur het.”+ 18  Ja, hierdie woorde het ons uit die hemel hoor kom+ terwyl ons saam met hom op die heilige berg was.+ 19  Gevolglik is die profetiese woord+ vir ons vaster gemaak;+ en julle doen goed deur aandag daaraan te skenk soos aan ’n lamp+ wat in ’n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en ’n dagster+ opgaan, in julle harte. 20  Want dít weet julle allereers, dat geen profesie van die Skrif uit enige eie uitlegging voortspruit nie.+ 21  Want profesie is nooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie,+ maar mense het uit God gespreek+ namate hulle deur heilige gees meegevoer is.+

Voetnote