2 Petrus 2:1-22

2  Daar het egter ook valse profete onder die volk opgestaan, soos daar ook valse onderrigters onder julle sal wees.+ Húlle sal heimlik verderflike sektes invoer en sal selfs die eienaar verloën wat hulle gekoop het+ en so ’n spoedige vernietiging oor hulleself bring.  Verder sal baie hulle losbandige dade+ navolg,+ en weens hulle sal die weg van die waarheid gesmaad word.+  Ook sal hulle julle uit hebsug met valse woorde uitbuit.+ Maar wat hulle betref, die oordeel van lank gelede+ sloer nie, en hulle vernietiging sluimer nie.+  Waarlik, as God hom nie daarvan weerhou het om die engele+ te straf wat gesondig het nie, maar hulle, deur hulle in Tarʹtarus+ te werp, aan kuile van dik duisternis oorgelewer het om vir die oordeel bewaar te word;+  en hy hom nie daarvan weerhou het om ’n eertydse wêreld te straf nie,+ maar Noag, ’n prediker van regverdigheid,+ met sewe ander veilig bewaar het+ toe hy ’n watervloed+ oor ’n wêreld van goddelose mense gebring het;  en hy die stede Sodom en Gomorʹra veroordeel het deur hulle tot as te verbrand,+ waardeur hy vir goddelose mense ’n voorbeeld van toekomstige dinge gegee het;+  en hy die regverdige Lot verlos het,+ wat baie ontsteld was oor die wettrotserende mense se oorgawe aan losbandige gedrag+  want dié regverdige man het deur wat hy gesien en gehoor het terwyl hy onder hulle gewoon het, van dag tot dag sy regverdige siel gepynig weens hulle wettelose dade—  dan weet Jehovah hoe om mense van godvrugtige toegewydheid uit beproewing te verlos,+ maar om onregverdige mense te bewaar vir die dag van die oordeel om uitgeroei te word,+ 10  maar veral dié wat agter vlees aan gaan met die begeerte om dit te verontreinig+ en wat op heerskappy neersien.+ Vermetel en eiesinnig, bewe hulle nie voor heerlikes nie, maar praat smadend,+ 11  terwyl engele, hoewel hulle groter in sterkte en krag is, nie met smadende woorde+ ’n beskuldiging teen hulle inbring nie, uit respek vir Jehovah.+ 12  Maar soos redelose diere wat van nature gebore word om gevang en vernietig te word, sal hierdie mense, in die dinge waarvan hulle onkundig is en smadend praat,+ in hulle eie weg van vernietiging ook vernietiging ondergaan, 13  deurdat hulle as loon vir onreg+ hulleself onreg aandoen.+ Hulle beskou ’n weelderige lewe in die dag as ’n genot.+ Hulle is vlekke en smette, wat hulle met onbeteuelde genot aan hulle bedrieglike leringe oorgee terwyl hulle saam met julle fees hou.+ 14  Hulle het oë wat vol egbreuk is+ en wat nie kan ophou sondig nie,+ en hulle verlok onbestendige siele. Hulle het ’n hart wat geoefen is in hebsug.+ Hulle is vervloekte kinders.+ 15  Omdat hulle die reguit weg verlaat het, is hulle mislei. Hulle het die weg gevolg van Biʹleam,+ die seun van Beor, wat die loon van onreg liefgehad het,+ 16  maar ’n teregwysing ontvang het vir sy eie skending van wat reg was.+ ’n Stom pakdier, wat met die stem van ’n mens gepraat het,+ het die profeet se waansinnige optrede verhinder.+ 17  Hulle is fonteine sonder water,+ en miswolke wat deur ’n hewige storm voortgedryf word, en vir hulle is die donkerheid van die duisternis bewaar.+ 18  Want hulle spreek opgeblase woorde wat geen nut het nie, en deur die begeertes van die vlees+ en deur losbandige gewoontes verlok+ hulle dié wat pas aan mense ontvlug het+ wat in dwaling wandel. 19  Terwyl hulle vryheid aan hulle beloof,+ voer hulle self ’n bestaan as slawe van verderflikheid.+ Want elkeen wat deur ’n ander oorwin word, word deur dié ’n slaaf gemaak.+ 20  Waarlik, as hulle, nadat hulle deur juiste kennis van die Here en Redder Jesus Christus aan die verontreinigings van die wêreld ontvlug het,+ weer in hierdie selfde dinge verwikkel raak en oorwin word,+ het die laaste toestande vir hulle erger geword as die eerste.+ 21  Want dit sou vir hulle beter gewees het as hulle die weg van regverdigheid nie noukeurig geken het nie,+ as dat hulle, nadat hulle dit noukeurig geken het, hulle afkeer van die heilige gebod wat aan hulle oorgelewer is.+ 22  Oor hulle het gekom wat die ware spreekwoord sê: “Die hond+ het na sy eie uitbraaksel teruggekeer, en die gewaste sog om in die modder te rol.”+

Voetnote