2 Petrus 3:1-18

3  Geliefdes, dit is nou die tweede brief wat ek aan julle skryf, waarin ek, soos in my eerste,+ julle helder denkvermoëns deur herinnering opwek,+  sodat julle die woorde sal onthou wat vantevore deur die heilige profete gespreek is+ en die gebod van die Here en Redder deur middel van julle apostels.+  Want dít weet julle allereers, dat daar in die laaste dae+ spotters+ sal kom met hulle spotterny, wat ooreenkomstig hulle eie begeertes handel+  en sê:+ “Waar is sy beloofde teenwoordigheid dan?+ Van die dag af dat ons voorvaders ontslaap het, bly alles dan net soos van die begin van die skepping af.”+  Want ooreenkomstig hulle wens ontgaan hierdie feit hulle aandag, dat daar van lankal af hemele+ was en ’n aarde wat kompak bo water uit+ en te midde van water+ gestaan het deur die woord van God;  en deur dié middele is die wêreld van daardie tyd vernietig toe dit met water oorstroom is.+  Maar deur dieselfde woord is die hemele+ en die aarde+ wat nou is, vir die vuur+ weggelê en word dit bewaar tot die dag van die oordeel+ en van die vernietiging van die goddelose mense.+  Laat hierdie een feit egter nie julle aandag ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by Jehovah soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.+  Jehovah is nie traag met betrekking tot sy belofte,+ soos party mense traagheid beskou nie, maar hy is geduldig met julle omdat hy nie wil hê dat enigeen vernietig moet word nie, maar wil hê dat almal tot berou moet kom.+ 10  Tog sal Jehovah se dag+ soos ’n dief kom,+ waarop die hemele met ’n sissende gedruis sal verbygaan,+ die elemente, wat intens warm sal wees, tot niet gemaak sal word,+ en die aarde+ en die werke daarin ontdek sal word.+ 11  Aangesien al hierdie dinge so tot niet gemaak gaan word, watter soort mense behoort julle dan te wees in heilige gedrag en dade van godvrugtige toegewydheid, 12  terwyl julle die teenwoordigheid van die dag van Jehovah+ verwag+ en goed in gedagte hou, waardeur die hemele, wat aan die brand sal wees, tot niet gemaak sal word+ en die elemente, wat intens warm sal wees, sal smelt! 13  Maar daar is nuwe hemele+ en ’n nuwe aarde+ wat ons volgens sy belofte verwag, en daarin sal regverdigheid woon.+ 14  Daarom, geliefdes, aangesien julle hierdie dinge verwag, moet julle julle uiterste bes doen om uiteindelik deur hom vlekkeloos+ en smetloos en in vrede bevind te word.+ 15  En beskou die geduld van ons Here as redding, net soos ons geliefde broer Paulus ooreenkomstig die wysheid+ wat aan hom gegee is, ook aan julle geskryf het,+ 16  deurdat hy oor hierdie dinge praat, net soos hy ook in al sy briewe doen. In hulle is daar egter sommige dinge wat moeilik is om te verstaan, wat die ongeleerdes en onbestendiges verdraai, soos hulle ook die res van die Skrif+ verdraai, tot hulle eie vernietiging. 17  Daarom, geliefdes, aangesien julle hierdie voorkennis het,+ moet julle op julle hoede wees dat julle nie saam met hulle deur die dwaling van die wettrotserende mense weggelei word en van julle eie standvastigheid wegval nie.+ 18  Nee, maar hou aan om te groei in die onverdiende goedhartigheid en kennis van ons Here en Redder Jesus Christus.+ Aan hom die heerlikheid, nou sowel as tot die dag van die ewigheid.+

Voetnote