2 Samuel 1:1-27

1  En ná Saul se dood, en toe Dawid teruggekeer het nadat hy die Amalekiete verslaan het,+ het Dawid twee dae in Siklag+ gebly.  En op die derde dag, kyk! toe het daar ’n man+ uit die kamp gekom, van Saul af, met geskeurde klere+ en grond op sy kop;+ en toe hy by Dawid kom, het hy dadelik op die grond geval+ en hom neergewerp.  En Dawid het vir hom gesê: “Waar kom jy vandaan?” waarop hy vir hom gesê het: “Ek het uit die kamp van Israel ontvlug.”  En Dawid het verder vir hom gesê: “Hoe het die saak afgeloop? Vertel my asseblief.” Hierop het hy gesê: “Die manskappe het uit die geveg gevlug, en ook het baie van die manskappe geval sodat hulle gesterf het,+ en selfs Saul+ en sy seun Joʹnatan+ het gesterf.”  Toe het Dawid vir die jong man wat hom dit vertel het, gesê: “Hoe weet jy nou eintlik dat Saul en ook sy seun Joʹnatan gesterf het?”+  Hierop het die jong man wat hom dit vertel het, gesê: “Ek was toevallig op die berg Gilboʹa,+ en daar het Saul op sy spies geleun;+ en kyk! die strydwadrywers en die perderuiters het hom ingehaal.+  Toe hy omdraai en my sien, het hy my geroep, en ek het gesê: ‘Hier is ek!’  En hy het vir my gesê: ‘Wie is jy?’ waarop ek vir hom gesê het: ‘Ek is ’n Amalekiet.’+  Toe het hy gesê: ‘Kom staan asseblief oor my en maak my vir seker dood, want die kramp het my oorval, omdat my siel+ nog heeltemal in my is.’ 10  Daarop het ek oor hom gaan staan en hom vir seker doodgemaak,+ want ek het geweet dat hy nie kon lewe nadat hy geval het nie. Toe het ek die kroon+ geneem wat op sy kop was en die armband wat om sy arm was, sodat ek dit hier na my heer toe kon bring.” 11  Hierop het Dawid sy klere gegryp en dit geskeur,+ en so het ook al die manne gedoen wat by hom was. 12  En hulle het begin weeklaag en huil+ en vas+ tot die aand toe oor Saul en oor sy seun Joʹnatan en oor die volk van Jehovah en oor die huis van Israel,+ omdat hulle deur die swaard geval het. 13  Dawid het toe vir die jong man wat hom dit vertel het, gesê: “Waar kom jy vandaan?” waarop hy gesê het: “Ek is die seun van ’n inwonende vreemdeling, ’n Amalekiet.”+ 14  Toe het Dawid vir hom gesê: “Hoe is dit dat jy nie gevrees het+ om jou hand uit te steek om die gesalfde+ van Jehovah om te bring nie?” 15  Daarop het Dawid een van die jong manne geroep en gesê: “Gaan nader. Slaan hom neer.” En hy het hom neergeslaan sodat hy gesterf het.+ 16  Dawid het toe vir hom gesê: “Mag die bloedskuld vir jou op jou eie hoof wees,+ omdat jou eie mond teen jou getuig het+ deur te sê: ‘Ek het die gesalfde van Jehovah vir seker doodgemaak.’”+ 17  En Dawid het hierdie klaaglied+ oor Saul en sy seun Joʹnatan+ gesing 18  en gesê dat die kinders van Juda+ “Die boog”+ geleer moet word. Kyk! Dit staan geskrywe in die boek van Jasar:+ 19  “Die sieraad, o Israel, lê verslaan op jou hoogtes.+Hoe het die sterk manne geval! 20  MOET dit nie in Gat vertel nie;+Moet dit nie in die strate van Asʹkelon bekend maak nie,+Sodat die dogters van die Filistyne hulle nie verbly nie,Sodat die dogters van die onbesnede manne hulle nie verheug nie.+ 21  O berge van Gilboʹa,+ laat daar geen dou, laat daar geen reën op julle wees nie, en laat daar ook nie velde van heilige bydraes wees nie;+Want daar is die skild van sterkes besoedel,Die skild van Saul, sodat nie een met olie gesalf is nie.+ 22  Van die bloed van die gesneuweldes, van die vet van sterkes,Het die boog van Joʹnatan nie teruggewyk nie,+En die swaard van Saul het nie sonder welslae teruggekeer nie.+ 23  Saul en Joʹnatan,+ die beminlikes en die lieflikes gedurende hulle lewe,En in hulle dood is hulle nie geskei nie.+Vinniger as die arende was hulle,+Sterker as die leeus was hulle.+ 24  O dogters van Israel, huil oor Saul,Wat julle in skarlaken met tooisels geklee het,Wat goue sierade op julle klere aangebring het.+ 25  Hoe het die sterkes in die geveg geval!+Joʹnatan lê verslaan op jou hoogtes!+ 26  Ek is ontsteld oor jou, my broer Joʹnatan,Jy was vir my baie lieflik.+Jou liefde was vir my wonderliker as die liefde van vroue.+ 27  Hoe het die sterkes geval+En die oorlogswapens vergaan!”

Voetnote