2 Samuel 10:1-19

10  En daarna het die koning van die kinders van Ammon+ te sterwe gekom, en sy seun Hanun het in sy plek begin regeer.+  Hierop het Dawid gesê: “Ek sal liefderyke goedhartigheid bewys teenoor Hanun, die seun van Nahas, net soos sy vader liefderyke goedhartigheid teenoor my bewys het.”+ Gevolglik het Dawid deur middel van sy knegte gestuur+ om hom oor sy vader te troos, en die knegte van Dawid het in die land van die kinders van Ammon gekom.  Die vorste van die kinders van Ammon het egter vir hulle heer Hanun gesê: “Eer Dawid u vader in u oë deurdat hy vertroosters na u toe gestuur het? Is dit nie om die stad te deursoek en om dit te verken+ en om dit te verwoes dat Dawid sy knegte na u toe gestuur het nie?”+  Daarop het Hanun die knegte van Dawid geneem en die helfte van hulle baard afgeskeer+ en hulle klere in die helfte afgesny tot by hulle sitvlak en hulle weggestuur.+  Later het mense Dawid daarvan vertel, en hy het dadelik gestuur om hulle tegemoet te gaan, want die manne het baie verneder gevoel; en die koning het gesê: “Bly in Jeʹrigo+ totdat julle baard welig groei. Dan moet julle terugkeer.”  Met verloop van tyd het die kinders van Ammon gesien dat hulle ’n stank geword het+ vir Dawid, en die kinders van Ammon het gestuur en Siriërs van Bet-Rehob+ en Siriërs van Soba+ gehuur, twintigduisend voetsoldate, en die koning van Maʹäga,+ duisend man, en Istob, twaalfduisend man.  Toe Dawid dit hoor, het hy Joab en die hele leër en die sterk manne gestuur.+  En die kinders van Ammon het begin uittrek en hulle by die ingang van die poort in slagorde opgestel, ook die Siriërs van Soba en van Rehob,+ en Istob en Maʹäga afsonderlik in die oop veld.+  Toe Joab sien dat die stormaanvalle van voor en van agter teen hom gerig is, het hy dadelik uit al die uitgesoekte+ manne in Israel ’n aantal gekies en hulle in slagorde opgestel om die Siriërs tegemoet te trek. 10  En die res van die manskappe het hy in die hand van sy broer Abiʹsai+ gegee, sodat hy hulle in slagorde kon opstel om die kinders van Ammon+ tegemoet te trek. 11  En hy het gesê: “As die Siriërs vir my te sterk word, dan moet jy vir my ’n redding wees; maar as die kinders van Ammon vir jou te sterk word, dan sal ek kom om jou te red.+ 12  Wees sterk, sodat ons moedig kan wees+ ten behoewe van ons volk en ten behoewe van die stede van ons God;+ en wat Jehovah betref, hy sal doen wat goed is in sy oë.”+ 13  Toe het Joab en die manskappe wat by hom was, na die geveg teen die Siriërs opgeruk, en hulle het voor hom weggevlug.+ 14  Wat die kinders van Ammon betref, hulle het gesien dat die Siriërs gevlug het, en hulle het voor Abiʹsai gevlug en derhalwe in die stad ingekom.+ Daarna het Joab teruggekeer van die kinders van Ammon af en na Jerusalem gekom.+ 15  Toe die Siriërs sien dat hulle voor Israel verslaan is, het hulle hulle versamel. 16  En Hadadeʹser+ het gestuur en die Siriërs uitgebring wat in die streek van die Rivier was;+ en toe het hulle by Helam gekom, met Sobag,+ die leërhoof van Hadadeʹser, voor hulle. 17  Toe daar aan Dawid berig gebring is, het hy onmiddellik die hele Israel versamel en deur die Jordaan getrek en by Helam gekom. Die Siriërs het hulle toe in slagorde opgestel om Dawid tegemoet te trek en het teen hom begin veg.+ 18  En die Siriërs het voor Israel gevlug;+ en Dawid het van die Siriërs sewehonderd strydwadrywers+ en veertigduisend ruiters doodgemaak, en Sobag, hulle leërhoof, het hy neergeslaan sodat hy daar gesterf het.+ 19  Toe al die konings,+ die knegte van Hadadeʹser, sien dat hulle voor Israel verslaan is,+ het hulle dadelik met Israel vrede gemaak en hulle begin dien;+ en die Siriërs was bang om die kinders van Ammon weer te probeer red.+

Voetnote