2 Samuel 11:1-27
11 En by die jaarwisseling,+ teen die tyd dat konings uittrek,+ het Dawid Joab en sy knegte saam met hom en die hele Israel gestuur, sodat hulle die kinders van Ammon kon verdelg+ en Rabba kon beleër,+ terwyl Dawid in Jerusalem gebly het.
2 En teen die aand het Dawid van sy bed af opgestaan en op die dak+ van die koning se huis gaan rondloop; en van die dak af het hy ’n vrou gesien+ wat bad, en die vrou was baie mooi in voorkoms.+
3 Toe het Dawid oor die vrou navraag laat doen,+ en iemand het gesê: “Is dit nie Batʹseba,+ die dogter van Eliʹam,+ die vrou van Uriʹa,+ die Hetiet,+ nie?”
4 Daarna het Dawid boodskappers gestuur sodat hy haar kon neem.+ Toe het sy by hom gekom,+ en hy het by haar gaan lê,+ terwyl sy haar nog van haar onreinheid geheilig het.+ Later het sy na haar huis teruggekeer.
5 En die vrou het swanger geword. Gevolglik het sy gestuur en Dawid vertel en gesê: “Ek is swanger.”
6 Hierop het Dawid na Joab gestuur en gesê: “Stuur Uriʹa, die Hetiet, na my toe.” En Joab het Uriʹa na Dawid toe gestuur.
7 Toe Uriʹa by hom kom, het Dawid begin vra hoe dit met Joab gaan en hoe dit met die manskappe gaan en hoe dit met die oorlog gaan.
8 Uiteindelik het Dawid vir Uriʹa gesê: “Gaan af na jou huis en was jou voete.”+ Daarop het Uriʹa uit die koning se huis uitgegaan, en die welwillendheidsgeskenk van die koning het hom gevolg.
9 Uriʹa het egter by die ingang van die koning se huis by al die ander knegte van sy heer gaan lê, en hy het nie na sy eie huis afgegaan nie.
10 Toe het hulle Dawid vertel en gesê: “Uriʹa het nie na sy eie huis afgegaan nie.” Daarop het Dawid vir Uriʹa gesê: “Jy het van ’n reis af ingekom, nie waar nie? Waarom het jy nie na jou eie huis afgegaan nie?”
11 Hierop het Uriʹa vir Dawid gesê: “Die Ark+ en Israel en Juda woon in hutte, en my heer Joab en die knegte van my heer+ het in die veld kamp opgeslaan, en ek—sal ek in my eie huis ingaan om te eet en te drink en om by my vrou te gaan lê?+ So waar as u lewe en so waar as u siel lewe,+ ek sal dit nie doen nie!”
12 Toe het Dawid vir Uriʹa gesê: “Bly vandag ook hier, en môre sal ek jou wegstuur.” Daarom het Uriʹa dié dag en die volgende dag in Jerusalem gebly.
13 Verder het Dawid hom geroep sodat hy voor hom kon eet en drink. En hy het hom dronk gemaak.+ Hy het nietemin in die aand uitgegaan om by die knegte van sy heer op sy bed te gaan lê, en hy het nie na sy eie huis afgegaan nie.
14 En in die oggend het Dawid ’n brief aan Joab geskryf+ en dit deur die hand van Uriʹa gestuur.
15 Toe het hy in die brief geskryf en gesê:+ “SIT Uriʹa aan die voorpunt van die hewigste stormaanvalle,+ en julle moet agter hom terugtrek, en hy moet neergeslaan word en sterf.”+
16 En terwyl Joab oor die stad wag gehou het, het hy Uriʹa op die plek gehou waar hy geweet het dat daar dapper manne was.+
17 Toe die manne van die stad uittrek en teen Joab veg, het party van die manskappe, die knegte van Dawid, geval, en Uriʹa, die Hetiet, het ook gesterf.+
18 Joab het toe gestuur om oor al die oorlogsake aan Dawid berig te bring.
19 En hy het die boodskapper beveel en gesê: “Sodra jy klaar met die koning oor al die oorlogsake gepraat het,
20 as die woede van die koning dan opkom en hy vir jou sê: ‘Waarom moes julle so naby die stad gaan om te veg? Het julle nie geweet dat hulle bo van die muur af sou skiet nie?
21 Wie het Abimeʹleg,+ die seun van Jerubbeʹset,+ doodgemaak? Was dit nie ’n vrou wat bo van die muur af ’n boonste meulsteen op hom gegooi het+ sodat hy in Tebes+ gesterf het nie? Waarom moes julle so naby die muur gaan?’ dan moet jy sê: ‘U kneg Uriʹa, die Hetiet, het ook gesterf.’”+
22 Toe het die boodskapper gegaan en gekom en Dawid alles vertel waaroor Joab hom gestuur het.
23 En die boodskapper het vir Dawid gesê: “Die manne het die oorhand oor ons gekry, sodat hulle teen ons uitgetrek het die veld in; maar ons het hulle bly druk tot reg by die ingang van die poort.
24 En die skutters het bo van die muur af op u knegte bly skiet,+ sodat party van die knegte van die koning gesterf het; en u kneg Uriʹa, die Hetiet, het ook gesterf.”+
25 Daarop het Dawid vir die boodskapper gesê: “Só moet jy vir Joab sê: ‘Laat hierdie saak nie sleg lyk in jou oë nie, want die swaard verteer+ die een sowel as die ander. Verskerp jou stryd teen die stad en breek dit af.’+ En moedig hom aan.”
26 En die vrou van Uriʹa het te hore gekom dat haar man Uriʹa gesterf het, en sy het oor haar eienaar+ begin weeklaag.+
27 Toe die routyd+ verby was, het Dawid onmiddellik gestuur en haar in sy huis opgeneem, en sy het sy vrou geword.+ Na verloop van tyd het sy vir hom ’n seun gebaar, maar wat Dawid gedoen het, was sleg+ in die oë+ van Jehovah.