2 Samuel 12:1-31

12  En Jehovah het Natan+ na Dawid toe gestuur. En hy het by hom gekom+ en vir hom gesê: “Daar was twee manne in een stad, die een ryk en die ander arm.  Die ryke het ’n baie groot aantal skape en beeste gehad;+  maar die arme het niks gehad nie, behalwe een ooilam, ’n kleintjie, wat hy gekoop het.+ En hy het dit aan die lewe gehou, en dit het by hom en by sy seuns grootgeword, almal saam. Dit het van sy stukkie voedsel geëet en uit sy beker gedrink en in sy boesem gelê, en dit was vir hom soos ’n dogter.  Na ’n ruk het daar ’n besoeker na die ryk man toe gekom, maar hy het ontsien om van sy eie skape en sy eie beeste te neem om dit gereed te maak vir die reisiger wat by hom gekom het. Daarom het hy die ooilam van die arm man geneem en dit gereedgemaak vir die man wat by hom gekom het.”+  Hierop het Dawid se toorn hewig teen die man ontvlam,+ sodat hy vir Natan gesê het: “So waar as Jehovah lewe,+ die man wat dit doen, verdien om te sterf!+  En vir die ooilam moet hy viervoudig+ vergoeding gee,+ omdat hy hierdie ding gedoen het en omdat hy nie medelye+ gehad het nie.”  Toe het Natan vir Dawid gesê: “U is die man! Só het Jehovah, die God van Israel, gesê: ‘Ek het jou as koning oor Israel gesalf,+ en ek het jou uit die hand van Saul verlos.+  En ek was bereid om aan jou die huis van jou heer+ en die vrouens van jou heer+ in jou boesem te gee en om aan jou die huis van Israel en van Juda te gee.+ En as dit nie genoeg was nie, was ek bereid om vir jou nog sulke dinge sowel as ander dinge by te voeg.+  Waarom het jy die woord van Jehovah verag deur te doen wat sleg is+ in sy oë? Uriʹa, die Hetiet, het jy met die swaard doodgemaak,+ en sy vrou het jy vir jou as vrou geneem,+ en hom het jy deur die swaard van die kinders van Ammon doodgemaak. 10  En nou sal ’n swaard+ tot onbepaalde tyd nie van jou eie huis wyk nie,+ omdat jy my verag het, sodat jy die vrou van Uriʹa, die Hetiet, geneem het om jou vrou te word.’ 11  Só het Jehovah gesê: ‘Kyk, ek verwek rampspoed teen jou uit jou eie huis;+ en ek sal jou vrouens voor jou oë neem en hulle aan jou medemens gee,+ en hy sal beslis by jou vrouens gaan lê voor die oë van hierdie son.+ 12  Hoewel jy in die geheim gehandel het,+ sal ék hierdie ding voor die hele Israel+ en voor die son doen.’”+ 13  Dawid het toe vir Natan gesê:+ “Ek het teen Jehovah gesondig.”+ Hierop het Natan vir Dawid gesê: “En Jehovah sien u sonde oor.+ U sal nie sterf nie.+ 14  Maar omdat u Jehovah deur hierdie saak ongetwyfeld met minagting bejeën het,+ sal ook die seun, wat pas vir u gebore is, sekerlik sterf.”+ 15  Toe het Natan na sy eie huis gegaan. En Jehovah het die kind wat die vrou van Uriʹa vir Dawid gebaar het, getref+ sodat hy siek geword het. 16  En Dawid het die ware God ten behoewe van die seun begin soek, en Dawid het streng begin vas+ en ingekom en die nag deurgebring en op die grond gelê.+ 17  Toe het die ouer manne van sy huis oor hom gaan staan om hom van die grond af op te help, maar hy wou nie en het nie saam met hulle brood geëet nie.+ 18  En op die sewende dag het die kind uiteindelik gesterf. En die knegte van Dawid was bang om hom te vertel dat die kind gesterf het; want hulle het gesê: “Kyk! Terwyl die kind nog gelewe het, het ons met hom gepraat, en hy het nie na ons stem geluister nie; hoe kan ons dan vir hom sê: ‘Die kind het gesterf’? Dan sal hy beslis iets slegs doen.” 19  Toe Dawid sien dat sy knegte onder mekaar fluister, het Dawid begin besef dat die kind gesterf het. Daarom het Dawid vir sy knegte gesê: “Het die kind gesterf?” Hierop het hulle gesê: “Hy het gesterf.” 20  Toe het Dawid van die grond af opgestaan en hom gewas en hom met olie ingevryf+ en ander mantels aangetrek en na die huis+ van Jehovah gegaan en hom neergewerp;+ waarna hy in sy eie huis ingekom het en gevra het, en hulle het dadelik brood voor hom gesit, en hy het begin eet. 21  Gevolglik het sy knegte vir hom gesê: “Wat beteken dít wat u gedoen het? Terwyl die kind gelewe het, het u ter wille van hom gevas en bly huil; en net toe die kind gesterf het, het u opgestaan en brood begin eet.” 22  Hierop het hy gesê: “Terwyl die kind nog gelewe het, het ek gevas+ en het ek bly huil,+ omdat ek by myself gesê het: ‘Wie weet of Jehovah aan my guns sal betoon en die kind sekerlik sal lewe?’+ 23  Waarom sou ek vas noudat hy gesterf het? Kan ek hom weer terugbring?+ Ek gaan na hom toe,+ maar wat hom betref, hy sal nie na my toe terugkeer nie.”+ 24  En Dawid het sy vrou Batʹseba+ begin troos. En hy het by haar gekom en by haar gaan lê. Na verloop van tyd het sy ’n seun gebaar,+ en hy is Salomo+ genoem. En Jehovah het hom liefgehad.+ 25  Toe het hy deur middel van die profeet Natan gestuur+ en hom Jedidʹja genoem, ter wille van Jehovah. 26  En Joab+ het teen Rabba+ van die kinders van Ammon bly veg en het die stad van die koninkryk ingeneem. 27  Toe het Joab boodskappers na Dawid toe gestuur en gesê: “Ek het teen Rabba geveg.+ Ek het ook die waterstad ingeneem. 28  En versamel dan nou die res van die manskappe en slaan teen die stad kamp op en neem dit in; sodat ék nie die stad inneem en my naam daaroor uitgeroep hoef te word nie.” 29  Daarop het Dawid al die manskappe versamel en na Rabba gegaan en daarteen geveg en dit ingeneem. 30  En hy het die kroon van Malkam van sy kop afgeneem,+ waarvan die gewig ’n talent goud was, met edelstene; en dit het op Dawid se kop gekom. En die buit+ van die stad wat hy uitgebring het, was baie groot. 31  En die mense wat daarin was, het hy uitgebring sodat hy hulle kon gebruik om klippe te saag en om met skerp ysterwerktuie+ en met ysterbyle te werk, en hy het hulle met steenmakery laat diens doen. En so het hy met al die stede van die kinders van Ammon gedoen. Uiteindelik het Dawid en al die mense na Jerusalem teruggekeer.

Voetnote