2 Samuel 13:1-39

13  En ná hierdie dinge het dít gebeur: Absalom,+ die seun van Dawid, het ’n pragtige suster gehad met die naam Tamar,+ en Amnon,+ die seun van Dawid, het op haar verlief geraak.+  En dit het Amnon so ontstel dat hy siek gevoel het+ weens sy suster Tamar, want sy was ’n maagd, en in die oë van Amnon was dit moeilik+ om hoegenaamd enigiets aan haar te doen.+  En Amnon het ’n metgesel gehad met die naam Joʹnadab,+ die seun van Simea,+ Dawid se broer; en Joʹnadab was ’n baie wyse man.  Toe het hy vir hom gesê: “Waarom is jy, die seun van die koning, oggend na oggend so bedruk? Sal jy my nie vertel nie?”+ Hierop het Amnon vir hom gesê: “Ek is verlief+ op Tamar, die suster+ van my broer Absalom.”  Daarop het Joʹnadab vir hom gesê: “Gaan lê op jou bed en hou jou siek.+ En jou vader sal jou beslis kom sien, en jy moet vir hom sê: ‘Laat my suster Tamar asseblief inkom en aan my brood gee as ’n sieke, en sy sal die brood van vertroosting voor my oë moet maak sodat ek dit kan sien, en ek sal uit haar hand moet eet.’”+  En Amnon het gaan lê en hom siek gehou,+ en die koning het dus ingekom om hom te sien. Toe het Amnon vir die koning gesê: “Laat my suster Tamar asseblief inkom en voor my oë twee hartvormige koeke bak, sodat ek as ’n sieke brood uit haar hand kan neem.”  Daarop het Dawid na Tamar in die huis gestuur en gesê: “Gaan asseblief na die huis van jou broer Amnon en maak vir hom die brood van vertroosting.”  En Tamar het na die huis van haar broer Amnon+ gegaan terwyl hy gelê het. Toe het sy die deeg geneem en dit geknie en die koeke voor sy oë gemaak en die hartvormige koeke gaargemaak.  Uiteindelik het sy die diep pan geneem en dit voor hom uitgegooi, maar Amnon het geweier om te eet en gesê: “LAAT almal van my af weggaan!”+ Toe het almal van hom af weggegaan. 10  Amnon het toe vir Tamar gesê: “Bring die brood van vertroosting na die binnekamer, sodat ek dit as ’n sieke uit jou hand kan neem.” Daarop het Tamar die hartvormige koeke wat sy gemaak het, geneem en dit na haar broer Amnon in die binnekamer ingebring. 11  Toe sy naby hom kom sodat hy kon eet, het hy haar dadelik gegryp+ en vir haar gesê: “Kom, lê+ by my, my suster.”+ 12  Sy het egter vir hom gesê: “Nee, my broer! Moenie my verneder nie;+ want dit is nie gebruiklik om so iets in Israel te doen nie.+ Moenie hierdie skandelike dwaasheid begaan nie.+ 13  En ek—waarheen sal ek my smaad laat gaan? En jy—jy sal soos een van die verstandelose manne in Israel word. En praat nou asseblief met die koning; want hy sal my nie van jou terughou nie.” 14  En hy wou nie na haar stem luister nie, maar het krag gebruik wat groter as hare was en haar verneder+ en by haar gaan lê.+ 15  En Amnon het haar begin haat met ’n baie groot haat, want die haat waarmee hy haar gehaat het, was groter as die liefde waarmee hy haar liefgehad het, sodat Amnon vir haar gesê het: “Staan op, gaan weg!” 16  Hierop het sy vir hom gesê: “Nee, my broer; want hierdie kwaad om my weg te stuur, is groter as die ander wat jy my aangedoen het!” En hy wou nie na haar luister nie. 17  Daarop het hy sy dienaar wat hom versorg het, geroep en gesê: “Stuur hierdie vrou asseblief van my af weg buitentoe, en sluit die deur agter haar.” 18  (En sy het ’n gestreepte+ kleed aangehad; want so het die dogters van die koning, die maagde, hulle gewoonlik geklee, in moulose oorklere.) En sy bediende het haar buitentoe gelei, en hy het die deur agter haar gesluit. 19  Toe het Tamar as+ op haar kop gesit, en die gestreepte kleed wat sy aangehad het, het sy geskeur; en sy het haar hande op haar kop gehou+ en weggeloop, al skreeuende terwyl sy loop. 20  Hierop het haar broer Absalom+ vir haar gesê: “Was jou broer Amnon+ by jou? Bly dan nou stil, my suster. Hy is jou broer.+ Moenie jou hart op hierdie saak rig nie.” En Tamar het in die huis van haar broer Absalom begin woon, terwyl sy van die geselskap van ander weggehou is. 21  En koning Dawid het van al hierdie dinge gehoor,+ en hy het baie kwaad geword.+ 22  En Absalom het met Amnon geen kwaad of goed gepraat nie; want Absalom het Amnon gehaat+ omdat hy sy suster Tamar verneder het. 23  En ná twee volle jare het Absalom skaapskeerders+ by Baäl-Hasor gehad, wat naby Eʹfraim+ is; en Absalom het al die seuns van die koning genooi.+ 24  Toe het Absalom by die koning gekom en gesê: “Kyk tog, u kneg het skaapskeerders! Laat die koning, en ook sy knegte, asseblief saam met u kneg gaan.” 25  Maar die koning het vir Absalom gesê: “Nee, my seun! Laat ons asseblief nie almal gaan nie, sodat ons nie vir jou ’n las sal wees nie.” Hoewel hy by hom aangedring het,+ wou hy nie gaan nie, maar het hom geseën.+ 26  Uiteindelik het Absalom gesê: “As u nie gaan nie, laat dan asseblief my broer Amnon saam met ons gaan.”+ Hierop het die koning vir hom gesê: “Waarom moet hy saam met jou gaan?” 27  En Absalom het by hom begin aandring,+ sodat hy Amnon en al die seuns van die koning saam met hom gestuur het. 28  Toe het Absalom sy dienaars beveel en gesê: “Let asseblief op, sodra Amnon se hart in ’n vrolike stemming is van die wyn+ en ek beslis vir julle sal sê: ‘Slaan Amnon neer!’ dan moet julle hom doodmaak. Moenie bang wees nie.+ Het ék julle nie beveel nie? Wees sterk en wees dapper manne.” 29  En Absalom se dienaars het aan Amnon gedoen net soos Absalom beveel het;+ en al die ander seuns van die koning het begin opstaan en het elkeen op sy muil geklim en gevlug. 30  En terwyl hulle op pad was, is daar aan Dawid berig gebring en gesê: “Absalom het al die seuns van die koning doodgemaak, en nie een van hulle het oorgebly nie.” 31  Hierop het die koning opgestaan en sy klere geskeur+ en op die grond gaan lê,+ en al sy knegte het met geskeurde klere+ daar gestaan. 32  Maar Joʹnadab,+ die seun van Dawid se broer Simea,+ het geantwoord en gesê: “Laat my heer nie dink dat hulle al die jong manne, die seuns van die koning, doodgemaak het nie, want Amnon alleen het gesterf,+ want dit het op bevel van Absalom gebeur as iets wat bestem was+ van die dag af dat hy sy suster Tamar+ verneder het.+ 33  En laat my heer die koning nou nie die woord ter harte neem waardeur gesê word: ‘Al die koning se seuns het gesterf’ nie; maar Amnon alleen het gesterf.” 34  Intussen het Absalom gevlug.+ Later het die jong man, die wag,+ sy oë opgeslaan en gesien, en kyk! daar het baie mense gekom van die pad agter hom, aan die kant van die berg. 35  Hierop het Joʹnadab+ vir die koning gesê: “Kyk! Die koning se seuns het ingekom. Ooreenkomstig die woord van u kneg, so het dit gebeur.”+ 36  En net toe hy klaar gepraat het, kyk, toe het die koning se seuns ingekom, en hulle het hulle stem begin verhef en gehuil; en ook die koning en al sy knegte het gehuil met ’n baie groot gehuil. 37  Wat Absalom betref, hy het gevlug om na Talmai,+ die seun van Ammiʹhud, die koning van Gesur,+ toe te gaan. En Dawid het al die dae oor sy seun bly treur.+ 38  Wat Absalom betref, hy het gevlug en na Gesur+ gegaan; en hy was drie jaar daar. 39  Uiteindelik het die siel van koning Dawid verlang om na Absalom uit te gaan; want hy het homself getroos oor Amnon, omdat hy dood was.

Voetnote