2 Samuel 14:1-33

14  En Joab,+ die seun van Seruʹja,+ het te wete gekom dat die koning se hart na Absalom verlang.+  Toe het Joab na Tekoʹa+ gestuur en daarvandaan ’n wyse+ vrou geneem en vir haar gesê: “Gaan asseblief in die rou, en trek asseblief rouklere aan, en moet jou nie met olie invryf nie;+ en jy moet soos ’n vrou word wat al baie dae oor ’n dooie treur.+  En jy moet na die koning toe gaan en volgens hierdie woord met hom praat.” Daarop het Joab die woorde in haar mond gelê.+  En die Tekoïtiese vrou het na die koning toe gegaan en op haar gesig op die aarde geval+ en haar neergewerp en gesê: “Red tog,+ o koning!”  Toe het die koning vir haar gesê: “Wat makeer jou?” Hierop het sy gesê: “Voorwaar, ek is ’n weduwee,+ noudat my man dood is.  En u diensmeisie het twee seuns gehad, en hulle twee het in die veld met mekaar begin baklei+ terwyl daar geen verlosser+ was om hulle uitmekaar te maak nie. Uiteindelik het die een die ander neergeslaan en hom doodgemaak.  En kyk, die hele familie het teen u diensmeisie opgestaan, en hulle bly sê: ‘Gee die een wat sy broer doodgeslaan het, sodat ons hom kan doodmaak vir die siel van sy broer+ wat hy doodgemaak het,+ en laat ons ook die erfgenaam verdelg!’ En hulle sal beslis die gloed van my houtskool wat oorgebly het, uitdoof om aan my man geen naam of ’n oorblyfsel op die oppervlak van die aarde toe te ken nie.”+  Toe het die koning vir die vrou gesê: “Gaan na jou huis toe, en ek sal aangaande jou bevel gee.”+  Hierop het die Tekoïtiese vrou vir die koning gesê: “Op my, o my heer die koning, is die oortreding, en ook op die huis van my vader,+ terwyl die koning en sy troon onskuldig is.” 10  En die koning het gesê: “As enigiemand met jou praat, moet jy hom ook na my toe bring, en hy sal jou nooit weer kwaad aandoen nie.” 11  Maar sy het gesê: “Laat die koning asseblief aan Jehovah u God dink,+ sodat die bloedwreker+ nie voortdurend verwoesting sal aanrig en sodat hulle my seun nie sal verdelg nie.” Hierop het hy gesê: “So waar as Jehovah lewe,+ nie ’n enkele haar+ van jou seun sal op die aarde val nie.” 12  Die vrou het toe gesê: “Laat u diensmeisie+ asseblief ’n woord met my heer die koning spreek.”+ Daarom het hy gesê: “Spreek!”+ 13  En die vrou het gesê: “Waarom het u dan so iets+ teen die volk van God+ bedink? Terwyl die koning hierdie woord spreek, is hy soos ’n skuldige,+ deurdat die koning sy eie banneling nie terugbring nie.+ 14  Want ons sal vir seker sterf+ en soos waters wees wat op die aarde uitgegooi word, wat nie versamel kan word nie. Maar God sal nie ’n siel wegneem nie,+ en hy het redes uitgedink waarom die banneling nie van hom verban moet word nie. 15  En dat ek dan nou ingekom het om hierdie woord met my heer die koning te spreek, is omdat die volk my bang gemaak het. Daarom het u diensmeisie gesê: ‘Laat ek asseblief met die koning praat. Miskien sal die koning volgens die woord van sy slavin handel. 16  Omdat die koning geluister het om sy slavin te verlos uit die palm van die man wat my en my enigste seun probeer verdelg uit die erfdeel wat God gegee het’,+ 17  het u diensmeisie toe gesê: ‘Laat die woord van my heer die koning asseblief dien om rus te gee.’ Want soos ’n engel+ van die ware God, so is my heer die koning, om te onderskei wat goed en wat sleg is,+ en mag Jehovah u God met u wees.” 18  Die koning het toe geantwoord en vir die vrou gesê: “Moet asseblief niks vir my wegsteek waaroor ek jou vra nie.”+ Hierop het die vrou gesê: “Laat my heer die koning asseblief spreek.” 19  En die koning het gesê: “Is die hand van Joab+ met jou in dit alles?”+ Toe het die vrou geantwoord en gesê: “So waar as u siel lewe,+ o my heer die koning, niemand kan regs of links gaan van alles wat my heer die koning gesê het nie; want u kneg Joab het my beveel, en hý het al hierdie woorde in die mond van u diensmeisie gelê.+ 20  U kneg Joab het dit gedoen om die saak ’n ander voorkoms te gee, maar my heer is wys soos met die wysheid van die engel+ van die ware God om alles te weet wat op die aarde is.” 21  Daarna het die koning vir Joab gesê: “Nou kyk, ek sal beslis hierdie ding doen.+ Gaan dan, bring die jong man Absalom terug.”+ 22  Hierop het Joab op sy gesig op die aarde geval en hom neergewerp en die koning geseën;+ en Joab het gesê: “Vandag weet u kneg dat ek guns in u oë gevind het,+ o my heer die koning, omdat die koning volgens die woord van sy kneg gehandel het.” 23  Daarop het Joab opgestaan en na Gesur+ gegaan en Absalom na Jerusalem gebring.+ 24  Maar die koning het gesê: “Laat hy na sy eie huis uitdraai, maar my aangesig mag hy nie sien nie.”+ Toe het Absalom na sy eie huis uitgedraai, en die aangesig van die koning het hy nie gesien nie. 25  En in vergelyking met Absalom was daar in die hele Israel geen man so mooi+ dat hy soveel geprys is nie. Van die sool van sy voet tot die kroon van sy kop was daar geen gebrek aan hom nie. 26  En wanneer hy sy kop geskeer het—en aan die einde van elke jaar het hy dit geskeer; omdat dit vir hom so swaar was,+ het hy dit geskeer—het hy die hare van sy kop geweeg, tweehonderd sikkels volgens die koninklike weegsteen. 27  En daar is vir Absalom drie seuns+ gebore en een dogter met die naam Tamar. Sy was ’n vrou wat beeldskoon in voorkoms was.+ 28  En Absalom het twee volle jare in Jerusalem gewoon, en die aangesig van die koning het hy nie gesien nie.+ 29  Daarom het Absalom Joab laat roep om hom na die koning toe te stuur, en hy wou nie na hom toe kom nie. Toe het hy hom weer laat roep, ’n tweede keer, en hy wou nie kom nie. 30  Uiteindelik het hy vir sy knegte gesê: “Kyk, Joab se stuk land is langs myne, en hy het gars daarop. Gaan steek dit aan die brand.”+ Toe het die knegte van Absalom die stuk land aan die brand gesteek.+ 31  Hierop het Joab opgestaan en by Absalom in die huis gekom en vir hom gesê: “Waarom het jou knegte my stuk land aan die brand gesteek?” 32  Toe het Absalom vir Joab gesê: “Kyk! Ek het na jou gestuur en gesê: ‘Kom hierheen en laat ek jou na die koning toe stuur om te sê: “Waarom het ek van Gesur af gekom?+ Dit sou vir my beter gewees het as ek nog daar was. En laat my dan nou die aangesig van die koning sien, en as daar enige ongeregtigheid in my is,+ dan moet hy my doodmaak.”’” 33  Daarna het Joab by die koning gekom en dit vir hom gesê. Toe het hy Absalom geroep, en hy het by die koning gekom en hom voor hom neergewerp en voor die koning op sy gesig op die aarde geval; waarna die koning Absalom gesoen het.+

Voetnote