2 Samuel 15:1-37

15  En ná hierdie dinge het Absalom vir hom ’n wa laat maak, met perde en met vyftig man wat voor hom uit hardloop.+  En Absalom het vroeg opgestaan+ en langs die pad na die poort gaan staan.+ En wanneer iemand ’n regsaak gehad het om vir regspraak na die koning toe te kom,+ dan het Absalom hom geroep en gesê: “Uit watter stad is jy?” en hy het dan gesê: “U kneg is uit een van die stamme van Israel.”  En Absalom het dan vir hom gesê: “Kyk, jou sake is goed en reg; maar by die koning hoor niemand jou aan nie.”+  En Absalom het verder gesê: “Ag, as ek maar as regter in die land aangestel was,+ sodat elkeen wat ’n regsaak het of regspraak nodig het, na my toe kon kom! Dan sou ek beslis reg aan hom laat geskied.”+  En wanneer iemand nader gekom het om hom voor hom neer te buig, het hy sy hand uitgesteek en hom gegryp+ en hom gesoen.  En Absalom het so bly doen aan al die Israeliete wat vir regspraak na die koning toe gekom het; en Absalom het die hart van die manne van Israel bly steel.+  En aan die einde van veertig jaar het Absalom vir die koning gesê: “Laat my asseblief gaan en in Hebron+ my gelofte betaal wat ek plegtig aan Jehovah gedoen het.+  Want toe ek in Gesur+ in Sirië gewoon het, het u kneg ’n plegtige gelofte gedoen+ en gesê: ‘As Jehovah my vir seker na Jerusalem terugbring, sal ek ook aan Jehovah diens verrig.’”+  Toe het die koning vir hom gesê: “Gaan in vrede.”+ Daarop het hy opgestaan en na Hebron gegaan. 10  Absalom het toe spioene+ deur al die stamme van Israel gestuur om te sê: “Sodra julle die geluid van die horing hoor, moet julle ook sê: ‘Absalom het koning geword+ in Hebron!’”+ 11  En saam met Absalom het daar tweehonderd man uit Jerusalem getrek, wat geroep is en niksvermoedend gegaan het,+ en hulle het van hoegenaamd niks geweet nie. 12  Verder het Absalom, toe hy die offerandes bring, Agitoʹfel,+ die Giloniet,+ Dawid se raadgewer,+ uit sy stad Gilo+ laat roep. En die sameswering+ het al hoe sterker geword, en die mense by Absalom het voortdurend in getal toegeneem.+ 13  Met verloop van tyd het ’n informant na Dawid toe gekom en gesê: “Die hart+ van die manne van Israel is agter Absalom.” 14  Dadelik het Dawid vir al sy knegte wat by hom in Jerusalem was, gesê: “Staan op, en laat ons vlug;+ want weens Absalom sal daar vir ons geen ontkoming wees nie! Gaan gou, sodat hy hom nie dalk haas en ons inhaal en kwaad oor ons bring en die stad met die skerpte van die swaard slaan nie!”+ 15  Hierop het die koning se knegte vir die koning gesê: “Volgens alles wat my heer die koning mag verkies, hier is u knegte.”+ 16  Toe het die koning uitgetrek met sy hele huisgesin agter hom aan,+ en die koning het tien vroue, byvrouens,+ agtergelaat om die huis op te pas. 17  En die koning het verder gegaan met al die mense agter hom aan; en hulle het by Bet-Merhak gaan staan. 18  En al sy knegte het langs hom oorgetrek; en al die Keretiete en al die Peletiete+ en al die Gittiete,+ seshonderd man wat hom uit Gat+ gevolg het, het voor die koning se aangesig oorgetrek. 19  Toe het die koning vir Ittai,+ die Gittiet, gesê: “Waarom sou jy ook saam met ons gaan? Gaan terug+ en woon by die koning; want jy is ’n uitlander en jy is buitendien uit jou plek verban. 20  Gister het jy gekom, en sal ek jou vandag saam met ons laat rondswerf,+ om saam te gaan wanneer ek gaan waarheen ek ook al gaan? Gaan terug en neem jou broers saam met jou terug, en mag Jehovah liefderyke goedhartigheid+ en trou teenoor jou bewys!”+ 21  Maar Ittai het die koning geantwoord en gesê: “So waar as Jehovah lewe en so waar as my heer die koning lewe,+ op die plek waar my heer die koning sal wees, hetsy vir dood of vir lewe, daar sal u kneg wees!”+ 22  Daarop het Dawid vir Ittai+ gesê: “Gaan en trek oor.” Toe het Ittai, die Gittiet, oorgetrek, en ook al sy manne en al die kindertjies wat by hom was. 23  En al die mense van die land het met ’n harde stem gehuil,+ en al die mense het oorgetrek, en die koning het by die Kidronstroomvallei+ gestaan, en al die mense het oorgetrek met die oop pad na die wildernis. 24  En kyk, Sadok+ was ook daar en saam met hom al die Leviete+ wat die ark+ van die verbond van die ware God gedra het;+ en hulle het die ark van die ware God by Abjaʹtar+ neergesit totdat al die mense klaar uit die stad oorgetrek het. 25  Maar die koning het vir Sadok gesê: “Neem die ark+ van die ware God terug na die stad.+ As ek guns vind in die oë van Jehovah, sal hy my ook beslis terugbring en my dit en die verblyfplek daarvan laat sien.+ 26  Maar as hy só sou sê: ‘Ek het geen behae in jou nie’, hier is ek, laat hy met my doen net soos dit goed is in sy oë.”+ 27  En die koning het verder vir die priester Sadok gesê: “Jy is ’n siener,+ nie waar nie? Keer tog in vrede na die stad terug, en ook jou seun Ahiʹmaäs en Joʹnatan,+ die seun van Abjaʹtar, julle twee seuns, saam met julle. 28  Kyk, ek vertoef by die driwwe van die wildernis totdat daar ’n woord van julle kom om my in te lig.”+ 29  Toe het Sadok en Abjaʹtar die ark van die ware God na Jerusalem teruggeneem, en hulle het daar gebly. 30  En Dawid het die helling van die Olywe+ al huilende opgeklim, met sy kop bedek;+ en hy het kaalvoet geloop, en al die mense wat by hom was, het elkeen sy kop bedek, en hulle het al huilende opgeklim.+ 31  En daar is aan Dawid berig gebring en gesê: “Agitoʹfel is onder dié wat met Absalom+ saamsweer.”+ Hierop het Dawid gesê:+ “Verander asseblief die raad van Agitoʹfel in dwaasheid,+ o Jehovah!”+ 32  En toe Dawid by die kruin kom waar mense hulle gewoonlik voor God neergebuig het, het Husai,+ die Arkiet,+ hom hier tegemoetgekom, met sy kleed geskeur en grond op sy kop.+ 33  Maar Dawid het vir hom gesê: “As jy saam met my oorgaan, dan sal jy beslis ’n las op my word.+ 34  Maar as jy na die stad terugkeer en vir Absalom sê: ‘Ek is u kneg, o koning. Destyds was ek, ja ek, die kneg van u vader, maar nou is ook ek u kneg’,+ dan moet jy vir my die raad van Agitoʹfel verydel.+ 35  Is die priesters Sadok en Abjaʹtar nie daar by jou nie?+ En alles wat jy uit die huis van die koning hoor, moet jy vir die priesters Sadok en Abjaʹtar vertel.+ 36  Kyk! Hulle twee seuns is daar by hulle, Ahiʹmaäs+ van Sadok en Joʹnatan+ van Abjaʹtar; en deur middel van hulle moet julle my alles laat weet wat julle sal hoor.” 37  Daarop het Husai, Dawid se metgesel,+ in die stad ingekom. Wat Absalom+ betref, hy het na Jerusalem gekom.

Voetnote