2 Samuel 16:1-23

16  Toe Dawid ’n entjie verby die kruin oorgetrek het,+ het Siba,+ die dienaar van Mefiboʹset,+ hom daar tegemoetgekom met ’n paar opgesaalde esels+ en op hulle tweehonderd brode+ en honderd rosynekoeke+ en honderd vragte somervrugte+ en ’n groot kruik wyn.+  Toe het die koning vir Siba gesê: “Wat is jou bedoeling met hierdie dinge?”+ Hierop het Siba gesê: “Die esels is vir die huisgesin van die koning om op te ry, en die brood en die vrag somervrugte is vir die jong manne+ om te eet, en die wyn is vir die vermoeides+ in die wildernis+ om te drink.”  Die koning het toe gesê: “En waar is die seun van jou heer?”+ Hierop het Siba vir die koning gesê: “Kyk, hy woon in Jerusalem; want hy het gesê: ‘Vandag sal die huis van Israel die koninklike heerskappy van my vader aan my teruggee.’”+  Die koning het toe vir Siba gesê: “Kyk! Alles wat aan Mefiboʹset behoort, is joune.”+ Daarop het Siba gesê: “Ek buig+ my neer. Laat my guns vind in u oë, my heer die koning.”  En koning Dawid het tot by Bahuʹrim+ gekom, en kyk! ’n man uit die familie van Saul se huis het daarvandaan uitgekom, en sy naam was Siʹmeï,+ die seun van Gera, en hy het uitgekom en ’n vloek uitgespreek terwyl hy uitgekom het.+  En hy het Dawid en al die knegte van koning Dawid met klippe begin gooi; en al die mense en al die sterk manne was aan sy regter- en aan sy linkerkant.  En só het Siʹmeï gesê terwyl hy ’n vloek uitgespreek het: “Gaan weg, gaan weg, jou bloedskuldige+ man en jou deugniet!+  Jehovah het al die bloedskuld weens die huis van Saul, in wie se plek jy as koning geheers het, op jou laat terugkom; en Jehovah gee die koningskap in die hand van jou seun Absalom. En hier is jy nou in jou rampspoed, omdat jy ’n bloedskuldige man is!”+  Uiteindelik het Abiʹsai, die seun van Seruʹja,+ vir die koning gesê: “Waarom moet hierdie dooie hond+ ’n vloek oor my heer die koning uitspreek?+ Laat my asseblief oorgaan en sy kop afkap.”+ 10  Maar die koning het gesê: “Wat het ek met julle te doen,+ julle seuns van Seruʹja?+ Laat hom so ’n vloek uitspreek,+ want Jehovah het vir hom gesê:+ ‘Spreek ’n vloek oor Dawid uit!’ Wie sou dan sê: ‘Waarom het jy so gemaak?’”+ 11  En Dawid het verder vir Abiʹsai en al sy knegte gesê: “Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my siel;+ en hoeveel te meer dan nou ’n Benjaminiet!+ Laat hom staan sodat hy ’n vloek kan uitspreek, want Jehovah het vir hom so gesê! 12  Miskien sal Jehovah met sy oog sien+ en sal Jehovah my weer die goeie gee in die plek van sy vervloeking vandag.”+ 13  Daarop het Dawid en sy manne met die pad verder getrek, terwyl Siʹmeï aan die kant van die berg geloop het, al langs hom sodat hy ’n vloek kon uitspreek;+ en hy het bly klippe gooi terwyl hy al langs hom geloop het, en hy het baie stof gegooi.+ 14  Eindelik het die koning en al die mense wat by hom was, moeg daar aangekom. Toe het hulle hulle daar verkwik.+ 15  Wat Absalom en al die manskappe, die manne van Israel, betref, hulle het in Jerusalem ingegaan;+ en Agitoʹfel+ was by hom. 16  En net toe Husai,+ die Arkiet,+ Dawid se metgesel,+ by Absalom kom, het Husai vir Absalom gesê: “Mag die koning lewe!+ Mag die koning lewe!” 17  Hierop het Absalom vir Husai gesê: “Is dít jou liefderyke goedhartigheid teenoor jou metgesel? Waarom het jy nie saam met jou metgesel+ gegaan nie?” 18  Toe het Husai vir Absalom gesê: “Nee; maar die een wat Jehovah gekies het en ook hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom sal ek behoort, en by hom sal ek woon. 19  En vir die tweede keer moet ek sê: Wie sal ek dien? Is dit nie voor sy seun nie? Net soos ek voor u vader gedien het, so sal ek voor u wees.”+ 20  Later het Absalom vir Agitoʹfel gesê: “Gee van julle kant raad.+ Wat sal ons doen?” 21  Toe het Agitoʹfel vir Absalom gesê: “Hou gemeenskap met die byvrouens van u vader,+ wat hy agtergelaat het om die huis op te pas.+ En die hele Israel sal beslis hoor dat u u ’n stank+ gemaak het vir u vader,+ en die hande+ van almal wat by u is, sal beslis sterk word.” 22  Toe het hulle vir Absalom ’n tent op die dak+ opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele Israel+ met die byvrouens van sy vader gemeenskap begin hou.+ 23  En die raad van Agitoʹfel, wat hy in dié dae gegee het, was net soos wanneer ’n man die woord van die ware God sou raadpleeg. So was al die raad+ van Agitoʹfel+ vir Dawid sowel as vir Absalom.

Voetnote