2 Samuel 17:1-29

17  En Agitoʹfel het vir Absalom gesê: “Laat my asseblief twaalfduisend man kies en opstaan en Dawid vannag agternasit.+  En ek sal hom oorval terwyl hy afgemat en slap van hande is,+ en ek sal hom beslis laat bewe; en al die mense wat by hom is, sal moet vlug, en ek sal beslis die koning alleen doodmaak.+  En laat my al die mense na u toe terugbring. Die terugkeer van almal is gelykstaande aan die man wat u soek; en al die mense sal in vrede verkeer.”  En die woord was reg in die oë van Absalom+ en in die oë van al die ouer manne van Israel.  Maar Absalom het gesê: “Roep asseblief ook Husai,+ die Arkiet, en laat ons hoor wat in sý mond is.”  En Husai het by Absalom gekom. Toe het Absalom vir hom gesê: “Volgens hierdie woord het Agitoʹfel gespreek. Sal ons volgens sy woord handel? So nie, spreek jy dan.”  Hierop het Husai vir Absalom gesê: “Die raad wat Agitoʹfel gegee het, is in hierdie geval nie goed nie!”+  En Husai het verder gesê: “U ken u vader en sy manne goed, dat hulle sterk is,+ en hulle is bitter van siel,+ soos ’n berin wat haar kleintjies in die veld verloor het;+ en u vader is ’n krygsman,+ en hy sal nie by die mense oornag nie.  Kyk! Hy kruip nou weg+ in een van die kuile of op een van die ander plekke; en sodra hy hulle aan die begin oorval, dan sal die een wat daarvan te hore kom, sekerlik hoor en sê: ‘Die manskappe wat Absalom volg, het ’n nederlaag gely!’ 10  En selfs die dapper man wie se hart soos die hart van die leeu+ is, sal gewis week word van swakheid;+ want die hele Israel weet dat u vader ’n sterk man+ is, en so ook die dapper manne wat by hom is.+ 11  Ek gee dié raad: Laat die hele Israel vir seker by u versamel word, van Dan tot Berseʹba,+ so talryk soos die sandkorrels wat aan die see is,+ terwyl u self in die stryd uittrek.+ 12  En ons sal teen hom kom op een van die plekke waar hy beslis gevind sal word,+ en ons sal op hom toesak net soos die dou+ op die grond val; en van hom en al die manne wat by hom is, sal daar beslis nie eers één oorbly nie. 13  En as hy hom in die een of ander stad terugtrek, moet die hele Israel ook toue na daardie stad dra, en ons sal dit beslis na die stroomvallei afsleep, totdat nie eens ’n klippie meer daar gevind sal word nie.”+ 14  Toe het Absalom en al die manne van Israel gesê: “Die raad van Husai, die Arkiet, is beter+ as die raad van Agitoʹfel!” En Jehovah het bevel gegee+ om die raad van Agitoʹfel te verydel,+ hoewel dit goed was,+ sodat Jehovah rampspoed oor Absalom kon bring.+ 15  Later het Husai vir die priesters Sadok+ en Abjaʹtar gesê: “So en so het Agitoʹfel aan Absalom en die ouer manne van Israel raad gegee; en so en so het ek raad gegee. 16  En stuur nou gou en vertel Dawid+ en sê: ‘Moenie vannag in die woestynvlaktes van die wildernis bly nie, maar u moet ook vir seker oortrek,+ sodat die koning en al die mense wat by hom is, nie verswelg+ word nie.’” 17  Terwyl Joʹnatan+ en Ahiʹmaäs+ by En-Rogel+ gestaan het, het ’n diensmeisie gegaan en hulle vertel. Toe het hulle gegaan, aangesien hulle koning Dawid moes vertel; want hulle kon hulle nie vertoon deur in die stad in te gaan nie. 18  ’n Jong man het hulle egter gesien en dit vir Absalom vertel. Toe het hulle twee gou weggegaan en by die huis van ’n man in Bahuʹrim gekom+ wat ’n put in sy binnehof gehad het; en hulle het daarin afgeklim. 19  Daarna het die vrou ’n dekkleed geneem en dit oor die bokant van die put uitgesprei en daarop gebreekte graan opgehoop;+ en niks hiervan is bemerk nie. 20  Die knegte van Absalom het toe by die vrou in haar huis gekom en gesê: “Waar is Ahiʹmaäs en Joʹnatan?” Hierop het die vrou vir hulle gesê: “Hulle het hiervandaan verder gegaan na die waters.”+ Toe het hulle bly soek, en hulle het hulle nie gevind nie+ en het dus na Jerusalem teruggekeer. 21  En nadat hulle weggegaan het, het hulle uit die put opgeklim en verder gegaan en koning Dawid vertel en vir Dawid gesê: “STAAN OP en trek gou deur die waters; want so het Agitoʹfel teen julle raad gegee.”+ 22  Onmiddellik het Dawid opgestaan, en ook al die mense wat by hom was, en hulle het deur die Jordaan bly trek totdat die oggend lig geword het,+ totdat daar selfs nie een ontbreek het wat nie deur die Jordaan getrek het nie. 23  Wat Agitoʹfel betref, hy het gesien dat sy raad nie opgevolg is nie,+ en hy het ’n esel opgesaal en opgestaan en na sy huis in sy eie stad gegaan.+ Toe het hy aan sy huisgesin bevele gegee+ en homself verwurg+ en so gesterf.+ En hy is in die graf van sy voorvaders begrawe.+ 24  Wat Dawid betref, hy het by Mahanaʹim+ gekom, en Absalom het deur die Jordaan getrek, hy en al die manne van Israel saam met hom. 25  En Amaʹsa+ is deur Absalom in die plek van Joab+ oor die leër aangestel; en Amaʹsa was die seun van ’n man met die naam Jitra,+ die Israeliet, wat gemeenskap gehad het met Abiʹgail,+ die dogter van Nahas, die suster van Seruʹja, Joab se moeder. 26  En Israel en Absalom het in die land Giʹlead+ kamp opgeslaan. 27  En net toe Dawid by Mahanaʹim kom, het Sobi, die seun van Nahas uit Rabba+ van die kinders van Ammon,+ en Magir,+ die seun van Ammiʹël+ uit Lo-Debar, en Barsilʹlai,+ die Gileadiet uit Roʹgelim,+ 28  beddens en komme en pottebakkershouers gebring, en koring en gars en meel+ en geroosterde graan+ en boerbone+ en lensies+ en gebraaide graan; 29  en heuning+ en botter+ en skape en dikmelkkaas van beeste het hulle aangebring sodat Dawid en die mense wat by hom was, kon eet,+ want hulle het gesê: “Die mense is honger en moeg en dors in die wildernis.”+

Voetnote