2 Samuel 18:1-33
18 En Dawid het die manskappe getel wat by hom was en hoofde oor duisend en hoofde oor honderd oor hulle aangestel.+
2 Verder het Dawid ’n derde+ van die manskappe onder die hand van Joab+ gestuur en ’n derde onder die hand van Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja, Joab se broer,+ en ’n derde onder die hand van Ittai,+ die Gittiet. Toe het die koning vir die manskappe gesê: “Ek sal ook vir seker saam met julle uittrek.”
3 Maar die manskappe het gesê: “U moenie uittrek nie,+ want as ons dalk moet vlug, sal hulle nie die hart op ons rig nie;+ en al sterf die helfte van ons, sal hulle nie die hart op ons rig nie, want u is tienduisend van ons werd;+ en dit sal dan nou beter wees as u ons van diens sal wees deur vanuit die stad hulp te verleen.”+
4 Toe het die koning vir hulle gesê: “Wat goed is in julle oë, sal ek doen.”+ En die koning het langs die poort bly staan,+ en al die manskappe het by honderde en by duisende uitgetrek.+
5 En die koning het Joab en Abiʹsai en Ittai beveel en gesê: “Behandel die jong man Absalom sagkens+ ter wille van my.” En al die manskappe het gehoor toe die koning al die hoofde omtrent Absalom beveel.
6 En die manskappe het uitgetrek na die veld om Israel te ontmoet; en die geveg het in die woud van Eʹfraim+ plaasgevind.
7 Uiteindelik is die manskappe van Israel+ daar voor die knegte van Dawid verslaan,+ en die slagting daar was dié dag groot, twintigduisend man.
8 En die geveg het daar oor die hele land versprei, so ver ’n mens kon sien. Daarbenewens het die woud dié dag meer onder die manskappe verteer as wat die swaard verteer het.
9 Uiteindelik het Absalom hom voor die knegte van Dawid bevind. En Absalom het op ’n muil gery, en die muil het onder die netwerk van takke van ’n groot boom gekom, sodat sy kop in die groot boom vasgehaak het, en hy het tussen hemel en aarde gehang,+ terwyl die muil wat onder hom was, verder geloop het.
10 Toe het ’n sekere man dit gesien en Joab+ vertel en gesê: “Kyk! Ek het Absalom in ’n groot boom sien hang.”
11 Hierop het Joab vir die man wat hom vertel het, gesê: “En jy het dit dan nou gesien, en waarom het jy hom nie daar teen die grond neergeslaan nie? Dan sou ek onder verpligting gestaan het om jou tien silwerstukke en ’n gordel te gee.”+
12 Maar die man het vir Joab gesê: “En al het ek ook duisend silwerstukke op my palms geweeg, sou ek nie my hand teen die koning se seun uitsteek nie; want voor ons ore het die koning u en Abiʹsai en Ittai beveel en gesê: ‘WAAK, wie dan ook, oor die jong man, oor Absalom.’+
13 Anders sou ek verraderlik teen sy siel gehandel het, en die hele saak sou nie vir die koning verborge gebly het nie,+ en u sou eenkant gaan staan het.”
14 Hierop het Joab gesê: “Laat my nie so voor jou opgehou word nie!” Daarop het hy drie ligte spiese in sy palm geneem en dit deur Absalom se hart gedryf+ terwyl hy nog lewend in die hart+ van die groot boom was.
15 Toe het tien dienaars wat Joab se wapens gedra het, nader gekom en Absalom geslaan om hom dood te maak.+
16 Joab het toe op die horing geblaas,+ sodat die manskappe sou terugkeer en Israel nie verder sou agternasit nie; want Joab het die manskappe teruggehou.
17 Uiteindelik het hulle Absalom geneem en hom in die woud in ’n groot kuil gegooi en ’n baie groot hoop klippe op hom gestapel.+ Wat die hele Israel betref, hulle het elkeen na sy huis gevlug.
18 En Absalom het, toe hy gelewe het, ’n pilaar geneem en dit vir hom opgerig+—dit staan in die Laagvlakte van die Koning+—want hy het gesê: “Ek het geen seun om my naam in gedagtenis te hou nie.”+ Daarom het hy die pilaar na sy eie naam genoem,+ en dit word tot vandag toe nog Absalom se Monument genoem.
19 En wat Ahiʹmaäs,+ die seun van Sadok, betref, hy het gesê: “Laat my asseblief hardloop en die nuus aan die koning bekend maak, want Jehovah het aan hom reg verskaf om hom uit die hand van sy vyande te bevry.”+
20 Maar Joab het vir hom gesê: “Jy is nie vandag ’n man van nuus nie, en jy moet die nuus op ’n ander dag bekend maak; maar vandag moet jy nie die nuus bekend maak nie, juis omdat die koning se seun gesterf het.”+
21 Toe het Joab vir die Kussiet+ gesê: “Gaan vertel die koning wat jy gesien het.” Daarop het die Kussiet voor Joab gebuig en begin hardloop.
22 Ahiʹmaäs, die seun van Sadok, het toe weer vir Joab gesê: “Laat dan nou kom wat wil, laat my asseblief ook agter die Kussiet aan hardloop.” Joab het egter gesê: “Waarom moet jy hardloop, my seun, terwyl daar geen nuus vir jou gevind word nie?”
23 Nogtans het hy gesê: “Laat dan nou kom wat wil, laat my hardloop.” Toe het hy vir hom gesê: “Hardloop!” En Ahiʹmaäs het met die pad van die Distrik+ begin hardloop, en hy het die Kussiet uiteindelik verbygegaan.
24 En Dawid het tussen die twee poorte gesit.+ Intussen het die wag+ na die dak van die poort by die muur gegaan. Eindelik het hy sy oë opgeslaan en gesien, en kyk! daar was ’n man wat alleen hardloop.
25 Toe het die wag geroep en die koning vertel, waarop die koning gesê het: “As hy alleen is, is daar nuus in sy mond.” En hy het al hoe nader gekom.
26 Die wag het toe nog ’n man sien hardloop. Daarom het die wag die poortwagter toegeroep en gesê: “Kyk! Nog ’n man wat alleen hardloop!” waarop die koning gesê het: “Ook hy is ’n bringer van nuus.”
27 En die wag het verder gesê: “Ek sien die eerste se manier van hardloop+ is soos dié van Ahiʹmaäs,+ die seun van Sadok”, waarop die koning gesê het: “Hy is ’n goeie man,+ en hy sal met goeie nuus+ kom.”
28 Uiteindelik het Ahiʹmaäs geroep en vir die koning gesê: “Alles is in orde!” Daarop het hy met sy gesig na die aarde voor die koning gebuig. En hy het verder gesê: “Mag Jehovah u God geloof word,+ wat die manne oorgelewer het+ wat hulle hand teen my heer die koning opgehef het!”
29 Maar die koning het gesê: “Gaan dit goed met die jong man Absalom?” Hierop het Ahiʹmaäs gesê: “Ek het die groot beroering gesien toe Joab die koning se kneg en u kneg gestuur het, en ek het nie geweet wat dit was nie.”+
30 Toe het die koning gesê: “Tree opsy, kom staan hier.” Daarop het hy opsy getree en bly staan.
31 En kyk, die Kussiet+ het ingekom, en die Kussiet het begin sê: “Laat my heer die koning nuus ontvang, want Jehovah het vandag aan u reg verskaf om u te bevry uit die hand van almal wat teen u opstaan.”+
32 Maar die koning het vir die Kussiet gesê: “Gaan dit goed met die jong man Absalom?” Hierop het die Kussiet gesê: “Mag die vyande van my heer die koning en almal wat ten kwade teen u opgestaan het, soos die jong man word.”+
33 Toe het die koning ontsteld geraak en na die dakvertrek+ bo die poort opgegaan en begin huil; en só het hy gesê terwyl hy geloop het: “My seun Absalom, my seun, my seun+ Absalom! Ag, as ek, ek self, maar in jou plek gesterf het, Absalom, my seun, my seun!”+