2 Samuel 19:1-43

19  Later is daar aan Joab berig gebring: “Kyk! Die koning huil, en hy bly oor Absalom treur.”+  So het die redding op dié dag vir al die mense ’n rede tot rou geword, omdat die mense op dié dag gehoor het dat daar gesê word: “Die koning is bedroef oor sy seun.”  En die mense het op dié dag by die stad begin insluip,+ net soos die mense sou insluip wanneer hulle voel dat hulle in die skande gekom het omdat hulle in die geveg gevlug het.  En die koning het sy gesig bedek, en die koning het met ’n harde stem bly uitroep: “My seun Absalom! Absalom, my seun, my seun!”+  Uiteindelik het Joab by die koning in die huis gekom en gesê: “U het vandag die aangesig van al u knegte beskaamd gemaak, dié wat vandag aan u siel+ en aan die siel van u seuns+ en u dogters+ en die siel van u vrouens+ en die siel van u byvrouens+ ontkoming verskaf het,  deur dié wat u haat, lief te hê en deur dié wat u liefhet, te haat; want u het vandag te kenne gegee dat hoofde en knegte vir u niks is nie, want vandag weet ek goed dat as net Absalom lewend was en ons ander almal vandag dood was, wel, dat dit dan in u oë reg sou gewees het.  En staan nou op, gaan uit en spreek regstreeks tot die hart+ van u knegte, want ek sweer by Jehovah dat geen man vannag by u sal bly as u nie uitgaan nie;+ en dit sal beslis vir u erger wees as al die kwaad wat van u jeug af tot nou toe oor u gekom het.”  Daarop het die koning opgestaan en in die poort gaan sit,+ en aan al die mense het hulle die berig gebring en gesê: “Kyk, die koning sit in die poort.” En al die mense het voor die koning begin kom. Wat Israel betref, hulle het elkeen na sy huis gevlug.+  En die hele volk het in al die stamme van Israel onder mekaar begin twis en gesê: “Dit was die koning wat ons uit die palm van ons vyande verlos het,+ en dit was hy wat aan ons ontkoming uit die palm van die Filistyne verskaf het; en nou het hy uit die land gevlug vir Absalom.+ 10  Absalom, wat ons oor ons gesalf het,+ het in die geveg gesterf.+ Waarom doen julle dan nou niks om die koning terug te bring nie?”+ 11  Wat koning Dawid betref, hy het na die priesters Sadok+ en Abjaʹtar+ gestuur en gesê: “PRAAT met die ouer manne van Juda+ en sê: ‘Waarom sou julle die laastes wees om die koning na sy huis terug te bring, terwyl die woord van die hele Israel by die koning in sy huis uitgekom het? 12  Julle is my broers; julle is my been en my vlees.+ Waarom sou julle dan die laastes wees om die koning terug te bring?’ 13  En vir Amaʹsa moet julle sê:+ ‘Is jy nie my been en my vlees nie? Mag God so aan my doen en mag hy so daaraan toevoeg+ as jy nie vir altyd die leërhoof voor my sal word in die plek van Joab+ nie.’” 14  En hy het die hart van al die manne van Juda soos een man geneig,+ sodat hulle die koning laat weet het: “Kom terug, u en al u knegte.” 15  En die koning het begin teruggaan en het tot by die Jordaan gekom. Wat Juda betref, hulle het na Gilgal+ gekom om die koning tegemoet te gaan, om die koning deur die Jordaan te begelei. 16  Toe het Siʹmeï,+ die seun van Gera,+ die Benjaminiet, wat uit Bahuʹrim+ was, hom gehaas en saam met die manne van Juda afgegaan om koning Dawid te ontmoet. 17  En daar was duisend man uit Benjamin by hom. (En ook Siba,+ die dienaar van die huis van Saul, en sy vyftien seuns+ en sy twintig knegte was by hom, en hulle het daarin geslaag om die Jordaan voor die koning te bereik. 18  En hy het deur die drif getrek+ om die huisgesin van die koning deur te begelei en te doen wat goed is in sy oë.) Wat Siʹmeï, die seun van Gera, betref, hy het voor die koning neergeval toe hy op die punt gestaan het om deur die Jordaan te trek.+ 19  Hy het toe vir die koning gesê: “Laat my heer my geen oortreding toereken nie, en moenie dink aan wat u kneg verkeerd gedoen het+ op die dag dat my heer die koning uit Jerusalem uitgetrek het, sodat die koning dit ter harte sou neem nie.+ 20  Want u kneg weet goed dat ék gesondig het; en kyk, daarom het ek vandag as die eerste van die hele huis van Josef+ afgekom om my heer die koning tegemoet te kom.” 21  Dadelik het Abiʹsai,+ die seun van Seruʹja,+ geantwoord en gesê: “Moet Siʹmeï nie hieroor doodgemaak word, omdat hy ’n vloek oor die gesalfde van Jehovah uitgespreek het nie?”+ 22  Maar Dawid het gesê: “Wat het ek met julle te doen,+ seuns van Seruʹja, dat julle vandag vir my ’n teenstander+ sou word? Sal enigiemand vandag in Israel doodgemaak word?+ Want weet ek nie goed dat ek vandag koning oor Israel is nie?” 23  Toe het die koning vir Siʹmeï gesê: “Jy sal nie sterf nie.” En die koning het vir hom gesweer.+ 24  Wat Mefiboʹset,+ die kleinseun van Saul, betref, hy het afgekom om die koning te ontmoet; en hy het nie sy voete versorg+ of sy snor versorg+ of sy klere gewas van die dag af dat die koning weggegaan het tot die dag dat hy in vrede gekom het nie. 25  En toe hy die koning in Jerusalem kom ontmoet, het die koning vir hom gesê: “Waarom het jy nie saam met my gegaan nie, Mefiboʹset?” 26  Hierop het hy gesê: “My heer die koning, my kneg+ het my bedrieg. Want u kneg het gesê: ‘Laat ek die eselin vir my opsaal sodat ek daarop kan ry en saam met die koning kan gaan’, want u kneg is kreupel.+ 27  Toe het hy u kneg by my heer die koning belaster.+ Maar my heer die koning is soos ’n engel+ van die ware God, en doen dan wat goed is in u oë. 28  Want die hele huisgesin van my vader sou niks anders geword het as tot die dood gedoem voor my heer die koning nie, en tog het u u dienaar geplaas onder dié wat aan u tafel eet.+ Wat het ek dan nog as ’n regmatige aanspraak om selfs verder tot die koning te roep?”+ 29  Maar die koning het vir hom gesê: “Waarom bly jy nog jou woorde spreek? Ek sê: Jy en Siba moet die grond deel.”+ 30  Hierop het Mefiboʹset vir die koning gesê: “Laat hom selfs alles neem,+ noudat my heer die koning in vrede na sy huis gekom het.” 31  En Barsilʹlai,+ die Gileadiet, het uit Roʹgelim afgekom sodat hy saam met die koning na die Jordaan kon trek om hom na die Jordaan te vergesel. 32  En Barsilʹlai was baie oud, naamlik tagtig jaar;+ en hy het die koning van voedsel voorsien terwyl hy in Mahanaʹim gewoon het,+ want hy was ’n baie vermoënde+ man. 33  Toe het die koning vir Barsilʹlai gesê: “Trek jy saam met my oor, en ek sal jou by my in Jerusalem beslis van voedsel voorsien.”+ 34  Maar Barsilʹlai het vir die koning gesê: “Wat is nog die dae van my lewensjare, dat ek saam met die koning na Jerusalem sou opgaan? 35  Ek is vandag tagtig jaar oud.+ Kan ek tussen goed en kwaad onderskei, of kan u kneg proe wat ek eet en wat ek drink,+ of kan ek nog na die stem van sangers en sangeresse+ luister?+ Waarom sou u kneg dan nog vir my heer die koning ’n las word?+ 36  Want u kneg kon die koning net ’n entjie na die Jordaan wegbring, en waarom sou die koning my met hierdie beloning vergoed?+ 37  Laat u kneg asseblief terugkeer, en laat my in my stad sterf+ naby die graf van my vader en my moeder.+ Maar hier is u kneg Kimham.+ Laat hy saam met my heer die koning oortrek; en doen met hom wat goed is in u oë.” 38  Toe het die koning gesê: “Kimham sal saam met my oortrek, en ek sal met hom doen wat goed is in jou oë; en alles wat jy verkies om my op te lê, sal ek vir jou doen.” 39  Al die mense het toe deur die Jordaan begin trek, en die koning het deurgetrek; maar die koning het Barsilʹlai gesoen+ en hom geseën,+ waarna hy na sy plek teruggekeer het. 40  Toe die koning na Gilgal+ oortrek, het Kimham saam met hom oorgetrek, en ook al die mense van Juda, en ook die helfte van die mense van Israel, sodat hulle die koning kon oorbring. 41  En kyk! al die manne van Israel het na die koning toe gekom, en hulle het vir die koning gesê: “Waarom het+ ons broers, die manne van Juda, u gesteel sodat hulle die koning en sy huisgesin en al die manne van Dawid saam met hom deur die Jordaan kon bring?”+ 42  Hierop het al die manne van Juda die manne van Israel geantwoord: “Omdat die koning na aan ons verwant is;+ en waarom het jy kwaad geword oor hierdie saak? Het ons enigsins op koste van die koning geëet, of is ’n geskenk vir ons aangedra?” 43  Maar die manne van Israel het die manne van Juda geantwoord en gesê: “Ons het tien dele aan die koning,+ sodat ons selfs in Dawid meer as jy het. Waarom het jy ons dan met veragting behandel, en waarom het dit nie in die eerste plek ons saak geword+ om ons koning terug te bring nie?” Maar die woord van die manne van Juda was harder as die woord van die manne van Israel.

Voetnote