2 Samuel 2:1-32

2  En daarna het Dawid Jehovah geraadpleeg+ en gesê: “Sal ek na een van die stede van Juda opgaan?” Hierop het Jehovah vir hom gesê: “Gaan op.” En Dawid het gesê: “Waarheen sal ek opgaan?” Toe het hy gesê: “Na Hebron.”+  Daarop het Dawid daarheen opgegaan, en ook sy twee vroue, Ahiʹnoam,+ die Jisreëlitiese vrou, en Abiʹgail,+ die vrou van Nabal, die Karmeliet.  En Dawid het die manne+ wat by hom was, laat optrek, elkeen met sy huisgesin; en hulle het in die stede van die gebied van Hebron gaan woon.  Toe het die manne van Juda+ gekom en Dawid daar as koning oor die huis van Juda+ gesalf.+ En hulle het vir Dawid kom vertel en gesê: “Dit was die manne van Jaʹbes-Giʹlead wat Saul begrawe het.”  Dawid het derhalwe boodskappers na die manne van Jaʹbes-Giʹlead+ gestuur en vir hulle gesê: “Mag julle geseënd wees deur Jehovah,+ omdat julle hierdie liefderyke goedhartigheid+ teenoor julle heer, teenoor Saul, bewys het, deurdat julle hom begrawe het.+  En mag Jehovah dan nou teenoor julle liefderyke goedhartigheid+ en trou bewys, en ook ek sal aan julle hierdie goedheid bewys omdat julle hierdie ding gedoen het.+  En laat julle hande hulle dan nou versterk en wees dapper manne,+ want julle heer Saul is dood, en die huis van Juda het mý as koning oor hulle gesalf.”+  Wat Abner,+ die seun van Ner, betref, die hoof van die leër wat aan Saul behoort het, hy het Is-Boset,+ Saul se seun, geneem en hom na Mahanaʹim+ oorgebring  en hom koning gemaak oor Giʹlead+ en die Asuriete en Jisʹreël+ en oor Eʹfraim+ en Benjamin+ en oor die hele Israel. 10  Is-Boset, Saul se seun, was veertig jaar oud toe hy koning oor Israel geword het, en hy het twee jaar as koning geheers. Net die huis van Juda+ was volgelinge van Dawid. 11  En die aantal dae dat Dawid in Hebron oor die huis van Juda koning was, was sewe jaar en ses maande.+ 12  Na verloop van tyd het Abner, die seun van Ner, en die knegte van Is-Boset, Saul se seun, uit Mahanaʹim+ uitgetrek na Giʹbeon.+ 13  Ook Joab,+ die seun van Seruʹja,+ en die knegte van Dawid het uitgetrek, en hulle het mekaar later by die dam van Giʹbeon ontmoet; en hulle het bly sit, dié aan hierdie kant van die dam en die ander aan daardie kant van die dam. 14  Uiteindelik het Abner vir Joab gesê: “Laat die jong manne asseblief opstaan, en laat hulle ’n oorlogspel voor ons speel.” Hierop het Joab gesê: “Laat hulle opstaan.” 15  Toe het hulle opgestaan en volgens getal oorgegaan, twaalf wat aan Benjamin en Is-Boset,+ Saul se seun, behoort, en twaalf uit die knegte van Dawid. 16  En hulle het mekaar aan die kop begin gryp, met die swaard van elkeen in die sy van die ander, sodat hulle saam geval het. En dié plek is Helʹkat-Hasʹsurim genoem, wat in Giʹbeon+ is. 17  En die geveg het op dié dag uiters hewig geword, en Abner+ en die manne van Israel is uiteindelik voor die knegte van Dawid verslaan. 18  En die drie seuns van Seruʹja+ was daar, Joab+ en Abiʹsai+ en Aʹsahel;+ en Aʹsahel was vlugvoetig, soos een van die gaselle+ wat in die oop veld is. 19  En Aʹsahel het Abner agternagesit, en hy het nie regs of links agter Abner weggedraai nie. 20  Eindelik het Abner agtertoe gekyk en gesê: “Is dit jy, Aʹsahel?” waarop hy gesê het: “Dit is ek.” 21  Toe het Abner vir hom gesê: “Draai uit na jou regter- of na jou linkerkant en gryp vir jou een van die jong manne en neem vir jou wat jy van hom afstroop.”+ En Aʹsahel wou nie agter hom wegdraai nie. 22  Toe het Abner weer eens vir Aʹsahel gesê: “Draai weg agter my. Waarom moet ek jou teen die grond neerslaan?+ Hoe sal ek dan my gesig tot jou broer Joab kan ophef?” 23  Maar hy het bly weier om weg te draai; en Abner het hom met die agterent van die spies in die maag gesteek,+ sodat die spies by sy rug uitgekom het; en hy het daar geval en gesterf waar hy was. En almal wat by die plek gekom het waar Aʹsahel geval en toe gesterf het, het gaan staan.+ 24  En Joab en Abiʹsai het Abner agternagesit. Terwyl die son ondergegaan het, het hulle by die heuwel Amma gekom, wat teenoor Giag lê, op die pad na die wildernis van Giʹbeon.+ 25  En die kinders van Benjamin het agter Abner bymekaargekom, en hulle het een groep geword en op die top van een heuwel bly staan. 26  En Abner het na Joab begin roep en gesê: “Gaan die swaard sonder einde verteer?+ Weet jy werklik nie dat bitterheid eindelik sal ontstaan nie?+ Hoe lank sal dit dan wees voordat jy vir die manskappe sê dat hulle agter hulle broers moet terugdraai?”+ 27  Daarop het Joab gesê: “So waar as die ware God lewe,+ as jy nie gepraat het nie,+ dan sou die manskappe hulle eers teen die oggend teruggetrek het, elkeen agter sy broer weg.” 28  Joab het toe op die horing geblaas,+ en al die manskappe het tot stilstand gekom en Israel nie langer agternagesit nie, en hulle het nie die geveg hervat nie. 29  Wat Abner en sy manne betref, hulle het daardie hele nag deur die Aʹraba+ getrek en deur die Jordaan getrek+ en deur die hele kloof getrek en uiteindelik by Mahanaʹim+ gekom. 30  Wat Joab betref, hy het agter Abner teruggedraai en al die manskappe begin bymekaarbring. En van die knegte van Dawid is negentien man en Aʹsahel vermis. 31  En die knegte van Dawid het sommige van Benjamin en van die manne van Abner doodgemaak—driehonderd-en-sestig man het gesterf.+ 32  En hulle het Aʹsahel+ gedra en hom begrawe in die graf van sy vader,+ wat in Betlehem+ is. Toe het Joab en sy manne die hele nag lank verder getrek, en dit het vir hulle in Hebron+ ligdag geword.

Voetnote